Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -3 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -3 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -3 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -3 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -4 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -5 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -5 hours ago

Kalaghadi en ander

Brits
Submitted by wessels on Mon, 18/02/2019 - 10:48
Forums

Middag kampeerders

Ek wil graag voorstel dat ons [die wat al daar was] 'n gesprekslyn begin oor die Kalagadie  en naasliggende oorgrenspark.

ek was nog nooit daar nie, en skraap nog moed bymekaar om te gaan, en sal 'n draad geweldig geniet en leersaam vind.

Groete

Wessel

Oos Londen

Goose

Mon, 18/02/2019 - 11:42

Wessel,

Ek sal begin...

Die Kgalagadi OP het 3 kampeer terreine naamlik Twee Rivieren, Nossob en Mata-Mata. Net by Twee Rivieren kan jy kamp opslaan met gewone karavaan(al het ek eenkeer 'n Oom gesien wat sy ou Sprite vanaf Mata-Mata gesleep het na Nossob toe oor die duinepad). Die paaie is gewoonlik baie sinkplaat agtig en het op sekere plekke, diep sand.

Dan is daar die Botswana kant...

Rooiputs is net toeganklik vir 4x4 voertuie en het 6 staanplekke. Die is sonder krag en is nie omhein nie. My gunsteling kampterrein.

Polentswa - Selfde as Rooiputs maar Noord van Nossob. Het egter nog nie daar gebly nie

Two Rivers - By Twee Rivieren maar aan Botswana kant.

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Mon, 18/02/2019 - 12:26

Wessel, dit wat Kruger vir Len en kie is, is Kgalagadi vir ons. Ons is absoluut versot op die park en as ek eers begin vertel gaan jy sukkel om my bek (of tikvinger) stil te kry.

Ons was ook nog net aan die SA kant. Om vanaf die SA kant na Botswana te gaan moet 'n mens verkieslik 2 of meer voertuie wees wat saamry terwyl ons maar verkies om ons eie ding te doen. Op pad na Bots is 'n kampplek met die naam Mabuesehube. Dis 'n wilderniskamp waar besoekers, so lees en hoor ek, gereeld deur leeus en ander wilde diere besoek word. Redelik onlangs is 'n vrou na bewering daar deur 'n luiperd uit haar tent gesleep, hoewel ek swaar aan daai een sluk. Ek wonder of dit nie maar 'n hiena was nie. Dalk is daar iemand op die forum wat ons meer daaroor, en van Mabua, kan vertel. 

Ons het by al 3 die kampe wat Goose na verwys, gekamp en in selfsorghuisies gebly. Daar is ook verkeie sg wilderniskampe waar 'n mens ongelukkig nie kan kamp nie maar in onomheinde huisies bly. Ons het ook al in verskeie van hulle gebly.

Ek sal 'n klompie foto's bymekaarkry en op die draad sit as dit reg is met julle?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/02/2019 - 12:57

.....................ek kan net 'n klein bietjie saampraat want ons Exclusive is gestrand by Twee Rivieren, maar dit doen geen afbreek aan die wonder van hierdie Kalahari-wêreld-ervaring nie.

Ons eerste oornag anderkant Upington was op 'n gasteplaas in regte wilde, ongerepte wêreld.  Hier spook die Patfinder om die Exclusive uit die sand te sleep na 'n heerlike, doodstil nagrus :-

.

Hier was ons oornag staanplek :-

.

Ons kamp in Twee Rivieren :-

.

En so lyk die kampeerterrein :-

.

En so lyk ons kampopset na 'h hewige Kalahari-donderstorm :

.

Na die storm lyk dit so by die samevloeiing van die droë Nosobrivier en die Auobrivier so :-

.

Brits

wessels

Tue, 19/02/2019 - 07:41

Môre Sarel en ander

Ek glo nie jy het formeel toestemming van die forumbestuur [?] nodig om fotos te plaas nie. 

Ek sal baie graag dit wil sien, en vermoed vele ander ook. Die enigste probleem is ---my mond water behoorlik en ek kry sommer lus om iets finansieel onverskrokke aan te vang.

Groete

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/02/2019 - 07:54

..............ek is nou nie op die forum-bestuur nie en het ook nie 'n boswa nie, maar ou Lennie sal ook baie graag jou beloofde Kgalagadi-fotos wil sien.

Ns. Ordentlikheidshalwe wys ek net daarop dat ek reeds vanoggend op die Koffiedraad gegroet het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 19/02/2019 - 12:50

Ek sal 'n klompie foto's bymekaarkry en op die draad sit as dit reg is met julle?

Geen storie sonder fotos is 'n voledige waarheid nie, ons hou van bewyse, en wat is beter as 'n foto?

 

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Tue, 19/02/2019 - 13:34

Elke keer as ons voor die pragtige ontvangsgebou van Kgalagadi stilhou, sit ons eers net 'n rukkie stil in die motor en drink net daardie wonderlike Kalahari atmosfeer in. Dis salig.

"

Die hek by Mata Mata

"

Soos Goose op 'n ander draad gesê het, die kampterrein by Mata Mata is pragtig. Die staanplekke is genommer maar nie afgebaken nie. Tog kry almal 'n staanplekkie daar. 

"

 

"to

Die kampterreine in die park is maar almal min of meer dieselfde, behalwe dat daar by Nossop 'n paar plekke met 'n eie kombuisie en badkamer is. Toe ons Feb 2018 daar was, het ons by een gekamp

."

Soos op enige plek, is daar natuurlik altyd opportuniste.  Hierdie kêrel het 'n gat onderdeur die nuwe heining gegrou en homself genooi vir braaivleis. Wys net, mense voer die diere, Wat anders sal hy daar kom soek?

"

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 19/02/2019 - 18:11

.... maar het by twee geleenthede met tente in Twee Rivieren, Mata Mata en Nossob gekamp. Ek het beslis foto's daarvan gehad, maar ek kan dit wraggies nie kry nie. Ons het inderwaarheid maar net so lanklaas enigsins in die park gebly, maar die laaste keer was gedurende Mei 2007 - toe ons besluit het om die wilderniskampies te beproef. En watter aangename ervaring was dit nie!

Ons het in Twee Rivieren begin nadat ons eers vir twee aande in Witsand Natuurreservaat oorgebly het. Ons was daar in hulle chalets. Pragtige plekke (destyds). Ek plaas 'n foto of twee van Witsand se kampeerplekke. Dit was lekker plekke onder die kameeldoringbome.

W

W

In Witsand het ek een van die grootste versamelvoëlneste gesien wat ek nog op enige plek in die Kalahari gesien het. Werklik 'n reus van 'n nes.

W

Witsand is natuurlik eintlik bekend vir sy brulsand. Maar glo my, dit vat nogal klim teen daardie duine uit. Maar watter belewenis. Hier is Ralie alweer op pad af. Sy't my behoorlik ore aangesit teen daardie duine uit.

W

In Kgalagadi het ons ook in selfsorg akkommodasie gebly. Ons het met twee nagte in Twee Rivieren begin. Die akkommodasie is netjies, die kamp beskik oor 'n lekker swembad, winkel en goeie restaurant.

TR

TR

Ons volgende twee nagte was in Nossob - sonder twyfel die gewildste kamp van die drie konvensionele kampe in die park. Maar oppad het ons eers stilgehou by Dikbaardskolk piekniekplek. Hier kyk 'n ou maar eers die omgewing goed uit. Alhoewel ek dit nog nie oorgekom het nie, het ander toeriste al pofadders in die toilette en selfs leeus agter die toilette teengekom. Op 'n stadium was Dikbaardskolk redelik berug vir die Kaapse kobra wat sommer skielik sy verskyning uit 'n gat gemaak het. In ons familie staan dit bekend as Horriesdraai. Toe my seun nog klein was, het hy eendag amper die horries gekry toe 'n 'n lastige by al om hom gedraai het. Vandag is sy seun net so bang vir 'n by.

Ja, daardie tyd het ek nog met my blou Mazda 2.5 TD gery. Wonderlike voertuig gewees.

DK

In Nossob het ons ook in selfsorg-akkommodasie gebly. Hier was ek besig met 'n potbrood op die kole.

N

Daarvandaan was dit vir 'n verdere twee nagte by die hoogtepunt van ons 13-nagte besoek, naamlik Grootkolk. Wat 'n wonderlike plek. Maar met my volgende bydrae vertel ek bietjie verder.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 19/02/2019 - 21:16

Ons was gou tydens ons Noord-Kaap/Suid-Namibië toertjie vir 'n dagbesoek in die park, maar inderwaarheid hou my liefde vir die Krugerwildtuin daar weg. En tweedens voel ek uiters jammer vir my voertuig op Kgalagadi se paaie. In aansluiting by laasgenoemde, hou Ralie nie meer daarvan om 'n sportsbra te dra nie en ek het opgehou sedert my rugbydae om 'n mondskerm te dra.

Brits

wessels

Wed, 20/02/2019 - 09:07

Môre Chris en ander 

As mens jou opmerkings hierbo saamlees met wat Gerhardt op 'n ander draad [is ons alleen] gedeel het, wil dit voorkom of ek my geit om die park te besoek moet heroorweeg. 

Dalk moet ek net sleep tot in Twee Riviere en dan uiters versigtig die park verken. 

Ek is ook 'n persoon wat nie daarvan hou om my voertuie/wa te verniel nie, en sal dan seker ook maar stadig die res van park verken. 

Dalk moet ons liewer begin swyg oor wat se trokkie ons tans ry, hopenlik het die forum-ouens 'n kort geheuelaugh

Wessel 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 20/02/2019 - 16:03

As mens jou opmerkings hierbo saamlees met wat Gerhardt op 'n ander draad [is ons alleen] gedeel het, wil dit voorkom of ek my geit om die park te besoek moet heroorweeg. 

Dalk moet ek net sleep tot in Twee Riviere en dan uiters versigtig die park verken. 

Ek is ook 'n persoon wat nie daarvan hou om my voertuie/wa te verniel nie, en sal dan seker ook maar stadig die res van park verken. 

Nee, as jy nog nooit in Kgalagadi was nie moet jy jouself minstens eenkeer die guns doen om hierdie unieke plek te besoek. Die paaie kan soms rof wees, maar elke Suid-Afrikaanse natuurliefhebber is dit aan homself verskuldig.

My jonger suster en haar man besoek Kgalagadi minstens eenkeer per jaar. Hulle was verlede jaar vir die eerste keer (vir my swaer) in die Krugerwildtuin - Punda Maria en Tsendze. Hulle was gek oor die wildtuin, maar sê dat Kgalagadi altyd hul eerste keuse sal bly. Ek is die omgekeerde - inderwaarheid gek oor Kgalagadi, maar Kruger sal altyd my eerste keuse bly.