Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -1 hour ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -3 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -5 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -6 hours ago

Crypto currency mining

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on Fri, 22/02/2019 - 09:13
Forums

Ek lees altyd met groot belangstelling die Tuiners se draad. Dink toe, wag, laat ek bietjie my hobby met julle deel.

Weet nou wat dit in Afrikaans is nie, maar die gesie doen crypto minining.

Het die crypto mining rig self opgebou, selfs die raam myself gemaak, en die rig woon tans in my wa.

Hier volg `n paar fotos:

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/02/2019 - 09:22

......................dees aarde gaan hier aan ?

Waar slaap julle in die wa en wat doen die affêre ?  Het dit iets met crypto geld (Bitcoin) te doen ?

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 22/02/2019 - 09:23

Op die oomblik myn ek net so oor die een ethereum `n maand wat my dan dan so om en by R1800 in die sak bring, MAAR my elektrisitet koste is om en by R2600 n maand vir die myn.

Dus nie winsgewend om op Eskom krag te myn nie. 

Nou besig om vir my stuk vir stuk `n solar stelsel op te bou vir die myn. 

"stuk vir stuk" doen dit soos ek geld het. Het nou die eerste parte van Amazon bestel:

MPPT Solar Charge controller

PICO ATX 12 volt (maak dat die computer se motherbboard direk van 12 volt kan werk)

12 volt watt, volt, amp meter met shunt

low voltage protector

12 volt 200 amp relay.

Behoort volgende week se einde hier te wees.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 22/02/2019 - 09:36

Plan vir die naweek is om `n hele paar castles te koop en die mining rig uit die karavaan te haal, af te breek en dan teen die chipboard in my wendy huis te bou.

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 22/02/2019 - 09:47

Hehehehe, oom Len, dis hy, maar spekuleer nie daarmee nie, myn dit. Myn nie bitcoin nie maar ethereum, amper dieselfde.

Ja, die naweek gaan ek hom uit die karavaan haal en teen n muur van die wendy huis bou.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 22/02/2019 - 15:23

Wat is Ethereum, bestaan daar so element ( periodieke tabel)  en hoe myn mens dit sonder om te grawe in die grond ?? Verduidelik asb.

Ou gees, hierdie ruik soos n Adriaan Niewoud vir neef.

Alberton

Tuinslang

Fri, 22/02/2019 - 15:31

Gees,

Ongelukkig is daar baie mense wat in die begin van laasjaar baie geld uitgehaal het vir Crypto mining.  Die meeste sukkel noou om van die goed ontslae te raak want met die "val" van Bitcoin gebeur daar nie veel nie, en dus is die mining maar min.

Al gedink om die toerustring te verkoop om van jou verliese te probeer opmaak?

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 22/02/2019 - 15:50

Hi oom Neef en oom Tuinslang.

Julle is altwee baie reg. Daar is verskriklik baie slaggate in die bedryf en ek sal regtig niemand aanbeveel om dit nou te waag nie. 

Ek het juis gekapatileseer (spelling) op die mark wat so in sy maai is. In Desember laas jaar,  het ek begin om tweedehandse parte oral oor op die internet te koop teen `n fraksie van die prys. Dit is soos oom Tuinslang se, almal raak ontslae. Die bargains wat ek opgetel het was massive.

Dit is  `n lekker hobby op die oomblik, leer baie en as die mark opgaan, good for me. Indien nie, dan was dit `n lekker ride en verloor nie baie nie.

Met die wat ek nou die rig op solar gaan maak werk, gaan ek baie van solar leer.  Ek hou baie van sulke elektroniese projekte en kan nie wag vir die volgende paar maande om dit te laat realiseer op solar.

Maar groot asseblief, as jy nie weet wat jy doen nie, moet dit nie waag nie.

 

Alberton

Tuinslang

Fri, 22/02/2019 - 16:04

Ek voel jou pyn 

Het self my vingers verbrand.  Het nog net so paar Rippel, Tron en die paar BitTorrent wat ek gekry het op 'n airdrop.

Sal dit nie weer doen nie

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/02/2019 - 18:09

............nou heeltemal Grieks vir my.

Het hierdie gemyn iets te doen met Gwede Matashe, Minister van Mynwese, se portefeulje ?  Ek weet myne sukkel tans met Eskom se duur krag en nou sukkel Gesie ook met Eskom se duur krag in sy wendy-huis !

As julle die "grid" bou soos julle verduidelik, gaan julle beslis julle gatte sien.  G'n mens verstaan wat hier aangaan nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/02/2019 - 20:23

..................indrukwekkend Harry !  Maar wat de joos het dit te doen met Gesie se crypto mining eers in sy Jurgens en toe later in sy webdy-huis te make ?

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 23/02/2019 - 09:11

Hoe gaan dit nou weer? Eerstens vat die balle, nee tannies nie myne, tennisballe.

O wee, wat praat ek so vroeg nonsies, dink ek het van oom Sarel se filter nodig.