Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58552 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -7 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -9 hours ago

WilSur se Braai en/of Buite Ligte

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Tue, 26/02/2019 - 09:17
Forums

Dit is 'n onderwerp wat baie bespreek word maar nooit oor gesels word nie  ???

Ek het oor jare die ouens beloer en niks van die goed gehou nie, het paar self gemaak om maar weer net iewers in die motor huis stof te gaan gaar.  Die koplig werk redelik goed en is op die punt en blind nie ander nie behalwe as die ou met jou praat en in jou oë kyk (hy besef nie sy lig skyn in jou oë nie)

Toe kom die GEEL standers met daai 2 x 500Watt ligte wat die hele oord verblind en die VERDOMDE goed kan ook nie laer as 90° af buig nie.  Dit pla nie die braaier nie want hy het genoeg lig vir sy vleis en dop wat rond staan en kan in alle geval nie die ander sien wie hy ook verblind nie.

Wat nou gemaak ???

Ek het op hierdie lig by Makro afgekom en hom op hierdie stander gekoppel en hom Desember by die Eiland gebruik.  Wat lekker is hy die ook as Sekerheids lig wat aan kom om jou te waarsku daar is beweging.

.

.

.

.

Centurion

Voortrekker

Tue, 26/02/2019 - 09:59

Willem, daardie lig van jou is baie nice.  Dit het so lekker gewerk by die naweek se saamtrek.  Jt moet bietjie foto's plaas van jou lig.

JohannL s'n, alhoewel met ander komponente gebou is net so vrek oulik en ons het hom ook baie gebruik.

EK soek ook sulke ligte! yes

Middelburg

Noel

Tue, 26/02/2019 - 10:35

Ek het Willem en Johan se ligte ook raak gesien en is oulike ligte vir braai. Maar daar is n buite lig van JJ en Patrys wat agter my kamp my baie interesseer. Dit het 3 led ligte wat soos selfone lyk en paal kan skuif op regte hoogte soos jy dit wil he en dit skyn mooi wit helder. 

Centurion

Dusty

Tue, 26/02/2019 - 11:54

Kollega het so 'n lig. 5m teleskopies en afstand beheer. Kom ook in 'n mooi sak wat amper soos 'n geweersak lyk. Sy prys het op gegaan vandat hy syne gekoop het. Is nou R750.00

 

 

LED Lig

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/02/2019 - 12:00

Dusty, ek het ook so 12vDc as geskenk gekry wat 'n vistok ook is maar hy is nie 5m lank nie.  Ek moet nog sy draad langer maak.

My sensor een is 220v en ek het 'n 20m draad op hom.

Heidelberg GP

StephanS

Tue, 26/02/2019 - 15:18

Ek het nou nie so 'n fancy lig nie.

Myne is 'n 12V, 10watt LED lig wat ek sommer gemodify het om aan enige van die rallytent se pale vas te knip.

Die krag kry ek van 'n koppeling wat ek by die yskas ingesit het vir die waaiertjie.

Sal nou nie die hele kamp verlig nie maar is net genoeg om te sien wat ek moet

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 26/02/2019 - 20:41

Ek het vandag vir my 'n ander een gemaak op 'n kamera driepoot, werk met remote, en kan in verskeie kleur gestel word. Wit vir braai lig dan ander kleure om mens nie te verblind nie, soos bv geel, oranje blou, ens. 

Die kamera driepoot gee my beter hoogte (as die een wat ek die naweek gebruik het), maar nog nie naastenby so lekker hoog soos Willem se lig nie. Ek hou ook baie van daai lig van JJ, het dit ongelukkig nie daar gesien nie.

Secunda

Sleep nou

Wed, 27/02/2019 - 05:31

Sien nou hier raak man julle ouens laat n mens dink dis tyd ek upgrade na nuwe ligte

Roodepoort

HennieBo

Thu, 28/02/2019 - 06:17

Stephan, ek koppel ook 12v ligte vir my dogter se add-a-room sowel as vir my tent aan deur 2 sigaret aansteker "sockets" wat ek aan my battery gekoppel het.

Die sockets het ek net binne die deurtjie gesit wat links onder aan voorkant van die karavaan oopmaak vir pakplek.

Ek het 'n fuse inlyn gesit na die koppelstukke. Dit is nie eintlik die regte sigaret sockets nie maar die kleiner een wat hulle installeer waarin ek my draagbare yskas ook kan inprop. Elke lig het 'n redelike lang draad en kan die die ligte dan rondskuif van paal tot paal met klampe.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 28/02/2019 - 06:32

Ek het ook 'n sigarette sok direk op die batery aan gebring,  dit hang nog onder die A raam "cover" aan 'n kort draad sodat dit nie op die grond kan skuur nie. Die doel was hoofsaaklik om die 12v domkrag maklik te koppel.  Op my 12v led ligte, het ek krokedil knippe gesit, maar moet elke keer die batery se deksel af haal om die pole by te kan kom.

Willem het die naweek vir my goeie raad gegee, om ook soos julle, sokke op gemakliker plekke aan te bring👍

Centurion

Dusty

Thu, 28/02/2019 - 08:06

Dit is soos wat die "banana plugs" lyk. Gebruik dit al jare sonder probleme.

Banana 1

Banana 2

Leeu, die Brad Harrison is vir hoë amps. Ek gebruik die Banana plugs net vir die LED's