Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -2 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -2 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -2 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -2 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -3 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -4 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -4 hours ago

Kaap Toer

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Thu, 28/02/2019 - 21:37
Forums

Ek het geen beplanning hierin gesit nie, behalwe om ons lank staan verblyf rondom / naby Kaapstad vas te maak. (Normaalweg sou ek ses maande voor die tyd alles bevestig, en betaal het - van daar die "on beplande toer") 

Ek beplan om Sondag die 31 st Maart 2019 hier van ons huis te vertrek, die N12 te vat, en dan by Kimberley so twee of drie nagte oor te slaap, dan by Karoo Nationale Park ook twee of drie nagte te vertoef.  Dit sal wees as daar plek is, of hoe moeg ek ook al mag wees.

Sover gaan ek 8 tot 18 April by De Holandse Molen plak, ek wag nog om van die volgende oorde te hoor of daar paas naweek, tot 25 / 26 April plek is; 

E-posse gestuur aan;

Ouskip

Mounten Breeze

Imhoff.

Ek weet nie hoe ver is Strandfontein van Kaapstad af nie?

My terug roete is ek nog nie seker of ek die N1, of weer due N12 gaan ry nie.

Enige advies sal waardeer word.

Middelburg

Noel

Thu, 28/02/2019 - 22:40

Johan, alles hang af watter plekke wil julle besoek bv Imhoff is lekker naby Muizenberg, Vishoek , Houtbaai , Simonstad en Kaapse punt. Ou Skip is naby Waterfront, Robben eiland en selfs Tafelberg is nie baie ver nie. Moutain Breeze is omring wynplase , Stellenbosch , Strand en selfs die roete na Pringlebaai, Bettysbaai , Kleinmond en Hermanus. Ek verkies Mountain Breeze. omgewing en die kampplek is binne dennebome plantasie. Ek ry elke dag na plekke toe waar ek wil besoek soos ek hierbo noem.  Hoekom kamp julle nie  n week by Mountain Breeze en n week by Imhoff dan hoef julle nie baie te ry nie. Van Kaapstad na Strandfontein is omtrent 310km. Van Strandfontein af terugkeer ry deur Van Rynsdorp pass na Carnavon toe. By Carnavon kan jy kies om na Kimberley roete of N1 roete terugkeer huis toe. Indien julle by Mountain Breeze kamp, neem die roete na Oudtshoorn toe kamp paar dae by Kleinplaas en van daar af deur Meiringpoort na Beaufort Wes toe.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/03/2019 - 06:22

Noel, baie dankie vir die hulp, ek dink egter Strandfontein is dus te ver van waar Bennanta graag will wees. Sy wil Simonstad, en al die omliggende geskiedkundige dorpe sien.  Ons gaan nie hierdie keer Kaapstad self regtig bekyk nie, dit was met ons vorige toer ons hoof doel gewees.

Al drink ek nie juis wyn nie, wil ek darem so paar wyn plase gaan besoek vir die pragtige skulderagtigheid van die bolandse natuurskoon.

Centurion

Voortrekker

Fri, 01/03/2019 - 06:47

Julle sal nie spyt wees om terug te keer huiswaarts toe via Strandfontein en dan dalk deur Calvinia / Britstown toe nie.  Oorweeg dit sterk en geniet Strandfontein hemel op aarde as die kaaste gedeelte van julle trip. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/03/2019 - 06:52

Sal net nou google en kyk na die afstand terug, ons is nie haastig nie, maar moet maar na die budget kyk😂 dankie vir die voorstel.

Is dit veilig in midweek?

Secunda

Sleep nou

Fri, 01/03/2019 - 08:06

Johann geniet elke oomblik van die beplanning as julle julle oe uitvee is dit sondag 31 Maart dan is wa gehaak en dan se julle Kaap hier kom ons wink

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 01/03/2019 - 12:07

Nico, die N12 is  baie mooi gewees toe ons twee jaar gelede dit gery het,  'n rede waarom ons die N12 verkies, is dit is baie stiller as die N1👍

 

Anton, kan jy asb vir my bietjie meer uitbrei oor die terug roete wat jy bo vermeld het, ek sukkel met google maps, oë kan nie meer so lekker lees nie.😀 

Ek wil ook Orania om ry om 'n oorslaap in te pas, hetsy af, of terug.

Bevestiging van De Holandse Molen en Ouskip nou net gekry, die ander plekke is of te duur, of antwoord nie, of het nie plek nie.

Middelburg

Noel

Fri, 01/03/2019 - 13:10

Johan, jy sal nie n fout maak om na Strandfontein toe te gaan nie. Dit is ook my gunstelling kampplek. Probeer om by 2 plekke te kamp voor by Strandfontein aankom.  Dit is  Leentjiesklip by Langebaan en kan by Saldanhabaai, Jacobsbaai, Paternasor en Tietiesbaai besoek. Ander plek is Lambertsbaai. Ek kamp gewoonlik by minisapaliteit karavaan Park. Ek het in 2015 laas daar gekamp en ook by Melkboskerm probeer. Julle kan ook gerus Elandsbaai besoek. Onthou vanaf Strandfontein terug keer huis toe sal jy deur Vanrynsdorp pas ry. Dit is baie hoog en sal meestal op 2 rat ry. By die bopunt stop by uitkyk punt en is pragtig om te sien. Alles hang van jou besluit en finansies dit toelaat. Dit kos alreeds baie geld om na Kaap te reis en doen ekstra moeite om mooi gedeelte van Weskus te besoek. Geniet jou be planning. Dit is lekker!! 

Port Elizabeth

Antie

Fri, 01/03/2019 - 14:28

Johann, dit klink vreeslik lekker.  Ek dink nie Imhoff gaan jou per e-pos antwoord nie.  Jy sal hulle moet bel.  Ons het so vier jaar terug daar gekamp vir 'n week.  Baie lekker daar gebly en dit was maklik om van daar af rond te ry.   Ons het daai tyd ons goed net so gelos in die dag en gaan rondry, ek weet nie hoe hul sekuriteit nou is nie.   Die stories is dat die Weskus nie meer so veilig is teen diefstal nie, veral as jy jou plek moet los en heeldag gaan rondry.   Ek kan nie getuig oor enige karavaanpark daar nie, so moenie wat ek sê te veel ter harte neem nie, dit is maar net wat ek gehoor het.   Koos Mol praat darem altyd baie goed van Van Zylsrus, hoe lekker hulle daar bly en daarvandaan rondgaan.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 02/03/2019 - 13:38

Pragtige fotos, dankie Noel en Anton, maar Noel se opmerking met die 2de rat, laat my twyfel of my Kia met die Penta agter sy gat, daar gaan opkom? (Dit is nou Vanrynsdorp pas)

As die bakkie eienaars in tweede moet ry, glo ek nie my Kia gaan dit kan doen nie.

Ek sal nog kyk watter roete ek terug gaan vat, maar as julle voorstelle my na George se rigting vat, is dit 'n maklike besluit, dan kom ons met die N1 terug.

Hou in gedagte, ek ken glad nie die kaap nie, net van Mosselbaai op tot by PE.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/03/2019 - 14:08

Ek kamp uiters selde op my "spreekwoordelike" voorstoep. My dae vir naweekkampe is verby - dit is té groot werk. As ek dus langer kamp, is dit gewoonlik 'n hele ent van my huis af, want die nader plekke en omgewings sien ek redelik gereeld. Dus is die Boland en Kaapse Skiereiland oorde al vir etlike jare plekke wat ek nie meer besoek nie. Maar ek het nog goeie kontak met mense wat dit wel nog gereeld doen.

As ek kyk wat jy ingedagte het met jou Kaapse besoek, blyk dit dat jy grotendeels beplan om tyd in die Skiereiland en Wynlande te spandeer. Die een park wat na my mening uitstaan in hierdie geval, is De Hollandsche Molen. Jy kan beswaarlik daarmee fouteer. Dit is 'n lekker sentrale plek vanwaar jy in alle rigtings vir dagbesoeke kan beweeg. Dit is ook geleë in 'n prag-omgewing en die oord is goed versorg.

Met jou terugkeer noorde toe is Orania se Aan-die-Oewer nie 'n sleg roep nie. Die pad daarheen is nie vrot nie, die kampeerplek is gerieflik en die ablusies, alhoewel nie 5-ster nie, is skoon. 'n Enkele (dalk twee) nagverblyf is oukei.

As jy praat van Kimberley - is dit by Riverside Country Lodge? Netjiese plekkie van Philip en Lucy.

Ai man, dit is lekker om 'n vakansie te beplan. My lang wegbreek lê ook om die draai en ek is nou nie klaar met my finale reisbeplanning tussen die suide en die noorde nie. Wat ek wel agtergekom het - bly (ongelukkig) op die "grootpaaie". Dalk is ek té "finicky" wat my ou karavaantjie betref, maar hy kom nou-al 26 jaar aan en sal maar moet hou totdat ek kampering vaarwel roep. En ek is bevrees sommige van ons pragtige land se paaie kan bydra daartoe dat die wa se einde vinniger aanbreek as wat ek beplan. Dus, bedink maar jou roetes mooi en vra maar goed uit t.o.v. moontlike roetes.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 02/03/2019 - 14:20

Chris, baie dankie, juis omdat ek die kaap glad nie ken nie, (dit is maar my tweede keer in my volwasse lewe)  soek ek soveel moontlik raad hier op ons forum, dit is akkurate en betroubare inligting van mede kampeerders.

Orania is definitief op die lysie,  so ook Sterland, maar ek weet nie watter is beter, indien enige, vir die af gaan, of die terug kom nie. Die N12 is bedlis vir die af toer, terug het ek darem baie meer tyd tot my beskikbaar om te oor dink.

Middelburg

Noel

Sat, 02/03/2019 - 15:39

Johan, ek hoor jou vrese vir Vanrynspas. Ek sou die roete anderse om aanpak soos jy dit sou beplan. My voorstel is Sasolburg - Orania - Strandfontein - Leentjiesklip - Ou Skip - Hollandse Molen - Klein plaas - Karoo Nasionale Park - Reyneke Park - Sasolburg. Weet jy het klaar bespreking gemaak maar glo die besprekings kan skuif om jou beplanning aan te pas. Dit is gerus op jou besluit en jou verlof is glad nie beperk nie wink

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/03/2019 - 19:49

Strandfontein - oor naweke en seisoentyd kan werk. Midweek, veral buite seisoen, sal my tweekeer laat dink. Dieselfde geld vir Yzerfontein, wat ek persoonlik bo Leentjiesklip verkies. 

Sou jy oorweeg om via die Tuinroete en/of Klein Karoo terug te keer, sal ek later verdere kommentaar/opinie lewer.