Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52308 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -2 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -4 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -3 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -4 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -5 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -5 hours ago
Stem, Hennie, as jy so… Die insident met Rambling Boy. Johann L -6 hours ago

Naweek / vakansie end in tragedie

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sun, 10/03/2019 - 18:22
Forums

Ek sien hierdie berig op Maroela Media, uiters tragies, my innige simpatie met die oorlewendes.

https://maroelamedia.co…

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 10/03/2019 - 20:59

Ai, dit is baie sleg, mens wil mos nie sulke dinge sien gebeur nie,  maar so hartseer as wat dit is, laat dit ons net weer herinner, ons moet waaksaam bly. 

Ek het geen idee wat gebeur het nie, maar ek hou maar onder die spoed en pas ook aan nagelang van omstandighede.

Te oordeel aan die skade op die voertuie, moes een, of albei 'n redelike spoed gery het.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 10/03/2019 - 21:02

Ek en Bennanta het onlangs 'n program op youtube begin kyk, oa. car crash channel, dit gaan my verstand te bowe hoe meeste ongekukke gebeur.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 10/03/2019 - 21:22

As daar nou een ding is waarmee ek saamstem met die Arrive Alive-veldtog, is dit die spreuk wat lui: "Don't fool yourself, speed kills". Ek beweer nie dat spoed 'n rol in hierdie ongeluk gespeel het nie. Maar mense sleep te vinnig in die algemeen. Ek glo dat die Britte 'n punt beet het met hulle wetgewing dat jy nie 'n karavaan vinniger as 50 mpu (80 kph) mag sleep nie. Caravan & Outdoor Life het jare gelede toe ek daarop begin inteken het, dit baie pertinent gestel dat jy nie 90 kpu moet oorskry nie.

Maar ouens kry allerhande redes waarom hulle teen 110 kph sleep. ??????

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 11/03/2019 - 07:33

Chris, ek het al van mense gehoor wat sê, hulle sleep al jare sonder probleme teen 120 plus, (selfs een ou wat 140 kpu sleep (en ek ken hom persoonlik). Ongelukke gebeur mos altyd net met ander mense, tot daai eendag, wat 'n band bars, of jy skielik moet uit swaai vir iets, of, of,  of..... 

Mense moet maar met my vinger taal praat as hulle verby gaan, ek sleep teen maks 90 kpu, en ek kom baie meer ontspanne anderkant aan.

Ek het self vroeér jare teen 120 gesleep, dank Vader my oë het oop gegaam.

Onthou as jy sleep teen 90 km/h en n trok kom van voor teen 90km/h en dis n kop aan kop botsing tref jy in werklikheid n muur teen 180km/h.

So maak sie saak hoe vining jy sleep nie, as n voertuig skielik voor jou verbysteek en in jou laan is vir n moontlike kop aan kop is jy en jou familie afhanklik van hoe goed julle geleef het op aarde, jy sal nie daai ongeluk vermy nie al sleep jy teen 60km/h.

Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 11/03/2019 - 08:11

Van n ander groep gekry vir moontlike oorsaak.

Karavaan sleep voertuig was in sy baan en kon niks doen nie. Ongeduld van die mens speel altyd n groot rol. Almal wil altyd the haastig wees. Dit is hoekom ek maar altyd in die geel streep ingaan. Mense het my al verby gegaan en dit net gemaak en onskuldige persoon van voor amper uitgehaal.

Klink my n voertuig wou by restaurant indraai toe een van agter verby gaan en met bakkie bots.

Klink of ander voertuig Amarok was.

Hierdie was nie spoed of volgafstand nie... Die woonwa was in sy baan... Ander voertuig het verbygesteek en toe in sy baan hom getref... Mense wat kanse vat om verby te steek waar hulle nie moet nie.
Magaliesburg

GerhardtN

Mon, 11/03/2019 - 09:01

Dis tragies en as n kamper asook nooddiens beampte was die toneel nie goed vir my nie. Ek sal maar nie my fotos plaas uit simpatie nie.

Maar n paar interesante feite; as jy op die verkeerde plek, op die verkeerde tyd is maak dit nie saak of jy 60km/h of 180km/h ry nie. In die geval was die mense in die Toyota op die verkeerde plek toe die ander voertuig hul van voor gebots het.

Dit help jou reaksie as jy dit verwag en jy ry teen 90km/h teenoor 120km/h want jy gaan bietjie meer tyd he om te reageer. Op die ongeluk het die Amarok moontlik heelwat vinniger gery as die Toyota as jy na die impak sone en posisies van die voortuie kyk.

Sou altwee egter 100km/k gery het sou die impak nog steeds 100km/h wees. Die energie wat vrygestel word in enige onegeluk senario is wat die skade doen. ( http://warp.povusers.org… )

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 11/03/2019 - 10:27

Enige ongeluk het een party wat onskuldig was,  en een wat skuldig was, my instink sê vir my, die karavaner was onskuldig, ek weet nie, ek raai maar net. Hoe dit ook al sy, dit bly tragies.

Spoed speel tog 'n groot rol, as albei parye teen sê 60 gery het, kon hulle, moontlik,  betyds voorkomend optree, maar, dit het gebeur, niks kan dit ongedaan maak nie. Sulke dinge gaan nog baie gebeur sokank as wat mense nie die wette gehoorsaam nie. Hiermee sê ek nie dat die spied grens was 60 nie,  ek gebruik net 'n voorbeeld😁

Daar is so baie dinge wat op ons paaie gebeur wat 'n rol speel, maar ry moet ons ry.

 

Heidelberg GP

StephanS

Mon, 11/03/2019 - 12:11

Dis tragies en as n kamper asook nooddiens beampte was die toneel nie goed vir my nie

Gerhardt ek het baie lof vir die ondankbare werk wat julle mense as Paramedici en Nooddienswerkers elke dag doen.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/03/2019 - 13:48

Ten spyte van die tragedie van so 'n ongeluk, is dit belangrik om uit die gebeure toe probeer leer.  Dit gebeur selde dat 'n mens ná so 'n ongeluk, die ware feite verneem.  Gewoonlik word so 'n berig afgesluit met "...die oorsaak van die ongeluk word ondersoek......."  Ek wens daar was 'n metode waar 'n mens die oorsake van so 'n ongeluk kan vasstel eerder as om te bespiegel oor wat gebeur het.

Die hoeveelheid kop-aan-kop botsings bevestig vir my die traak-my-nie-agtige wyse waarop motoriste sperstrepe ignoreer.  Ek het vir my 'n "dash-cam" vir dié doel aangeskaf, maar in ons land is daar nie 'n doeltreffende, vinnige manier om hierdie inligting suksesvol aan wetsoepassers te rapporteer nie.