Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52308 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -2 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -4 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -3 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -4 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -5 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -6 hours ago
Stem, Hennie, as jy so… Die insident met Rambling Boy. Johann L -6 hours ago

Woonwa handrem??

Brits
Submitted by wessels on Mon, 11/03/2019 - 11:35
Forums

Middag mede slepers

Ek het die afgelope naweek weereens dit ervaar;

dat 'n [my] woonwa se handrem nie eintlik werk agteruit nie. 

Ek het afgehak, en gedink dit is plat, en die wa het begin terugloop. so pluk ek die rem op, maar die wa bly net stadig terugloop. Hardloop toe maar agtertoe, kry gelukkig 2 halwe stene om agter wiele te sit. 

Wie van julle het dit ookal ervaar.

Groete

Wessel

Secunda

Sleep nou

Mon, 11/03/2019 - 12:07

Ek het met my Jurgens XT140 selfde problem gehad terug gevat na Comet in Boksburg en hulle nodige verstellings op handrem gemak kyk ek mis daai off road trailer

Centurion

Dusty

Mon, 11/03/2019 - 13:11

Wessel, die ouerige karavane soos myne het nie n handrem agtertoe nie. Dink daaraan, wanneer jy agteruitstoot dan gebeur dit net. Geen hefbome wat jy moet aktiveer nie.

Blykbaar moet jy die nuwer waens se handtem op n sekere manier vastrek. Weet nie veel van dit nie.

Terloops, ek het ook eenkeer nie mooi gedink nie toe haak ek my wa af by die huis. Omdat dit afdraende is na die hek toe het die wa agteruit geloop en die hek was reeds toe. Gelukkig kon ek die wa 180 grade draai en toe het die handrem gewerk

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/03/2019 - 13:16

.....ek vermoed die terugstoot rem-ontkoppeling het ingeskop (sodat jy kan "reverse").  Nie seker hoe werk die Echo s'n, maar by Jurgens Ci-produkte moet jy die handrem aanhou, heel ver agtertoe trek voor die rem weer inskop.

Voor ek my Exclusive afhaak, plaas ek ALTYD daardie geel blokke se stoppe agter die wiele aan weerskante  -  ek vertrou ook nie die handrem nie.  As jy "movers" op het, is dit ook 'n opsie om die "movers" se rollers op die bande te plaas wat dan vanself rem voor jy dit begin gebruik.