Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -53 minutes ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -1 hour ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -1 hour ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -1 hour ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -2 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -2 hours ago

Karavaan levelling

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on Tue, 12/03/2019 - 12:38
Forums

Waar en hoe meet jy om jou woonwa waterpas te kry, veral vir die yskas.

Secunda

Sleep nou

Tue, 12/03/2019 - 13:41

StephanS ek sit my waterpas innie middle vannie vloer in wa en doen daar volgens my verstellings sal ook wil hoor hoe doen ander dit

Brits

wessels

Tue, 12/03/2019 - 13:48

Middag vriend

Julle ouens is almal effe verkeerd. Mens sit jou waterpas op jou vrieskas se vloer. As dit waterpas is, werk jou koel/vrieskas op sy beste.

As dit lei tot die probleem dat daar na mekaar gerol word, is dit  'n ekstra bonus.

Groete

Wessel

Brits

wessels

Tue, 12/03/2019 - 15:06

Middag Leeu

Ek het ondervind dat die vries/yskas soms nie heeltemal waterpas in die wa ingebou is nie. Anders gestel, die kas kan skeef ingebou wees. 

'n Goeie eksperiment is om jou wa by die huis waterpas staan te maak, dis nou volgens wa se vloer. Dan meet jy binne in jou vrieshokkie hoe waterpas dit is. Indien dit ook waterpas is, is jy gelukkig. Nou kan jy sommer net vloergewys by kampeerplek jou wa waterpas staanmaak.

Die voorstel het ek by vooraanstaande handelaar gekry, dis nie ek wat so slim is nie.

Groete

Wessel 

Heidelberg GP

StephanS

Tue, 12/03/2019 - 15:33

Wessel, dit is veral die yskas (meer die 3-way tipe) wat ek spesifiek hier na verwys.

Die goed het so 'n groen en wit dingetjie wat jy veronderstel is om in die groen te kry vir die yskas op gas maar dan gaan my wa amper op sy kant lê 😉.

Ek kry ook nie een van daai ronde waterpassies met die groen kol in die middel nie

Brits

wessels

Tue, 12/03/2019 - 15:46

Middag StephanS

Jip, ek praat ook van die kaste met 220V/gas/12v stelsel.

Daai groen/wit dingetjie, met die pyltjie, is bloot om te wys wanneer werk jou kas reg. Jy moet die gas knop inhou totdat daai naald lekker in die groen is, voordat jy gasknop los. Hoe dieper in die groen, hoe meer effektief.

Ek hoop ek verstaan jou reg, en dat jy nie net gekskeer nie. 

Wessel

Brits

wessels

Tue, 12/03/2019 - 15:58

Hello Stephan

Ek het vergeet om te noem;

as dit gaan om effektiewe yskas werking op gas, moet jy ook sekermaak dat jou gasbrandertjie mooi skoon is, ook dat die skoorsteentjie heeltemal oop en skoon is. Hoe beter die trek in skoorsteen-hoe beter werk die verkoeling.

Tot 'n spinnerak daar, het 'n nadelige uitwerking. Dan praat ek nie van verstop soos met perdebynes nie.

Groete

Wessel

Heidelberg GP

StephanS

Tue, 12/03/2019 - 17:07

Wessel ek wil waterpasse aan die buitekant aanbring wat dit maklik maak met opslaan tyd. 

Die plan is om die wa waterpas te kry vir die yskas en dan die buitenstes daarvolgens level en vassit

Centurion

Dusty

Tue, 12/03/2019 - 20:22

My wa het buite aan die sykant voorlangs en aan die voorkant elk n waterpas vas geplak. Dit is dus maklik om die wa gelyk te kry. Het self my yskas in gebou en die is waterpas met die vloer

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 13/03/2019 - 07:28

Ek het ook my karavaan met 'n lang waterpas eers "gelevel" op die vloer, toe plak ek 'n "twee rigting" waterpassie op die kassie langs die yskas, dit is so "T" vorm waterpas wat in die lengte en oor die breete meet.

Pretoria

leeu

Wed, 13/03/2019 - 08:24

Ek waterpas nie my wa vir die yskas nie, ek maak dit gelyk staan sodat die bed gelyk is en ons beter kan slaap. My yskas werk 99% van die tyd op 220V.

Dis 'n goeie vraag, Anton, wat as jou waterpassie wat jy opgeplak het skeef is en nie waterpas is nie? Ek sal bietjie volgende keer kyk nadat ek kamp opgeslaan het hoe gelyk staan die yskas. Dit sal glad nie 'n uitwerking hê op my yskas se werking op 220V nie.

Heidelberg GP

StephanS

Wed, 13/03/2019 - 11:01

Leeu/ Anton

Ek het die wa gemeet oral en gesorg dat ek hom waterpas kry (vloer, yskas, ens)

Ek het toe my waterpassies aan die buitekant aangebring en gesorg dat hulle ook waterpas wys.

Heidelberg GP

StephanS

Wed, 13/03/2019 - 11:04

Ek kry glad nie my yskas in die wa om op gas te werk nie. 

Ski - kyk net heel bo, net onder my eerste inskrywing, sal jy 2 x Word dokumente sien wat miskien kan help