Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -3 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -2 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -2 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -2 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -3 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -4 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -4 hours ago

Kampeerplekke met privaat ablusiegeriewe

Worcester
Submitted by Wildehont on Tue, 12/03/2019 - 12:53
Forums

Ons kinders is nou 2 en 4 en het nog hulp nodig met was. Hulle is buitelugkinders nes hul pa, so ons het hulle al in 'n coolbox gebad waar dit nie anders kon nie, en mamma pas ook redelik maklik aan.

Ek moet noem dat ons nie 'n karavaan het nie maar 'n Venter Bushbaby met 'n TTT vir my en my klong en 'n 2,5m x 2,5m canvas dome tent vir mamma en sussie. Ons het ook nie 'n porta potty of kampstort nie so ons moet die geriewe wat beskikbaar is gebruik.

Ek gee nie om, om geriewe te deel solank dit goed ingerig is, skoongehou word en nie te ver is om te stap nie. Ons het egter gedurende Maart 2018 op die Westelike terras by Victoriabaai kampeer waar elke kampeerplek privaat ablusie het, en het dit baie geniet.

Ons kan Victoriabaai definitief aanbeveel en ek sal 'n resensie skryf as Anton dit sal byvoeg onder kampplekke. Het maar net gewonder of daar van julle is wat weet van nog oulike plekke met privaat ablusiegeriewe?

Secunda

Sleep nou

Tue, 12/03/2019 - 13:36

Kyleu Boskamp innie bos het privaat badkamers , gaan loer op hulle wep

Brits

wessels

Tue, 12/03/2019 - 13:40

Middag Wildehont

Ok maar lekker uitsoekerig nê?devil

Ek neem aan jy wil weet van plekke in die beter deel van onse land---die regte WesKaap. Dan moet die bolanders jou met raad bedien.

Die ander tendens is "familie ablusie" geriewe. Jy en gesin beset 'n lokaal met alles en julle sluit die deur vir die tyd wat julle daarbinne is. Ek dink egter dat dit nie is waaragter jy is nie.

Woonwaparke se webblaaie toon meestal sulke eie badkamers aan. 

Jou ander opsie is natuurlik om woonwa aan te skaf wat sy eie badkamer het, dan is jy altyd geholpe. Behalwe vir die netelige kwessie, waar gaan jy met jou stortwater heen in 'n tipiese woonwapark.

Groete

Wessel 

.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 12/03/2019 - 14:33

Wildehont, ek stem saam.  'n Privaat ablusie is absoluut die beste om te hê.   Dit is lekker dat jy net jou goedjies daar kan los en ook om te weet net jy gebruik die geriewe vir die duur van jou verblyf.  Ons het twee kampe waar ons altyd by die privaat ablusies staan:  Willows in Port Elizabeth en Dibiki in Hartenbos.   Willows se skottelgoedopwas gedeelte is so lekker, dit is soos 'n klein kombuisie, jy kan tot kos kook daar.   O ja, nog een waar ons al drie keer gekamp het met privaat ablusies, is Green Fountains in Port Alfred.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 12/03/2019 - 18:03

Hier bo in die Noorde is daar heelwat plekke, maar dit is vêr.

Miskien moet ons dan hierdie draad gebruik soos die Kaart (oord uitleg) draad.

Almega in die Dinokeng area

Bosfontein met gesins badkamers buite Bela-Bela (Warembad)

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 12/03/2019 - 19:32

Forever Gariep

Red Sands

Groenrivier (Nieuwoudtville)

Almal baie bakgat plekke, veral Red Sands.  Sien uit daarna om Almega (26, 27 & 28 Apr) te probeer.

O ja - Kgalagadi Lodge. Nie self daar gekamp nie - in selfsorg-eenhede gebly. Maar gaan kyk na hul kampeerplekke. Uitstekend!!

Port Elizabeth

Antie

Tue, 12/03/2019 - 20:15

Ja, ek het vergeet van Gariep.  Ons het al 'n paar keer by hul privaat ablusies ook gestaan.  Ek verkies dit by verre bo hul algemene ablusie, wat hopeloos te vêr van hul staanplekke af is.

Centurion

Voortrekker

Wed, 13/03/2019 - 06:32

Strandfontein het ook op die voorste staanplekke wat op die see uitkyk.     Dit was lekker.

Dankie Anton. My resensie is gelewer. 

 Dankie oubaas se honte wink

Brits

wessels

Wed, 13/03/2019 - 14:57

Middag Wildehont

Ek lees nou eers jou aanvanklike inskrywing aandagtig, nou wonder ek;

probeer jy sê dat jou vrou ook maklik aanpas, of inpas, by/in 'n coolbox?

Groete

Wessel