TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

78994 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jongensfontein terugvoer Help my kies asseblief *… Wildehont -18 minutes ago
Lyk na n veiliger manier om… Kap / kloof van braaihout Harry Du Randt -2 hours ago
Dwarswegstrand is ook een… Help my kies asseblief *… Servaas -4 hours ago
Hout kap is maar deel van… Kap / kloof van braaihout Servaas -4 hours ago
Môre sê Kampforum Koffiekroeg Praatjies -… Willem Brits -4 hours ago
Vat so.........Die kan werk Kap / kloof van braaihout TWTFAWC -7 hours ago
Privaat kuierplek Help my kies asseblief *… wessels -7 hours ago

Ons kamp lekker by Yellow Sands

Uitenhage
Submitted byneelsec onMon, 25/03/2019 - 14:14
Forums

Ons is hier by Yellow Sands van 9 Maart tot 10 April -  Heerlik!

Yellow Sands

Yellow Sands

yellow Sands

yellow sands

 

video
google kaart

Middag Neels

Sjoe dit lyk baie lekker, verlang nou vir 'n seevakansie. Twee observasies wat my bekommer;

1] wat is die doel van die windkous, wys dit wanneer die stormbande moet opkom

2] Dit lyk darem baie beknop op foto 3 en 4. 

Ons het in VSA ook maar so opmekaar gestaan, maar daar was struike en bome aan 3 kante van jou staanplek.

Wat is situasie op strand betreffende strandlopers en veiligheid.

Groete

Wessel

Uitenhage

neelsec

Mon, 25/03/2019 - 17:29

Wessel1) Die kous wys maar die windrigting en dan ook vir buurman waar hy sy braaivuur moet maak die rook nie na my toe moet kom nie

2) daar is van die staanplekke wat nie gemerk is nie maar die meeste is darem gemerk 

3) die strand gebied is nogal privaat en nie n groot area aan die een kant is die rivier en die park self vanaf plaas 

Ek sal reken dat dit baie veilig hier is 

Wessel ek sal weer hier kom kamp n goeie gees onder die kampers en bestuur het ons Dinsdag genooi om saam te kom braai

Die maand tarief R1795.00 pensionarise

Uitenhage

neelsec

Mon, 25/03/2019 - 18:46

Die persoon op die foto is n gestremde vriend van vrou so dit is beslis nie ek nie hy is 29jaar en ek 77

Neef Herman jy sal dit baie geniet hier so af en toe word daar ook n vis gevang

Secunda

Sleep nou

Mon, 25/03/2019 - 20:23

Neels loop die vis dit lyk na n puik oord geniet en laat loop met n foto of twee julle moet n hond uit n bos kamp

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 25/03/2019 - 20:24

Neelsec, gaan so maak. Is die son bietjie flou daar ? Jou "tan" is effe aan die ligte kant. Vrek hier in die karoo is ek bitter naby aan chocolate op die oomblik, en dan verwys ek na die donker flavours.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 25/03/2019 - 20:29

Skuus Neels, lees nou eers dit is nie jy in foto nie. Sorry man, wou net so bietjie jou been trek. Hoop jy het darem so bietjie Afrika son op die arms. 

Waar my wa staan

Arie

Sun, 31/03/2019 - 16:00

Neels, klomp van my vriende is ook nou daar, Herman en Leanne weet ek is nou daar, ek is nie seker of die ander al daar is of op pad nie?

As jy dalk vir Herman hulle raakloop stuur asb groete, hy ry 'n Colt bakkie en sleep 'n Penta.

Uitenhage

neelsec

Mon, 01/04/2019 - 14:17

Voortrekker die ou met blou hemp is ek daardie stok se naam is moses hy loop maar gereeld saam met my 

Willem nou sien jy ek is reg vir aap se kind my stok loop saam met my

Hennie ek word een van die dae 78 so nou en dan moet n ou maar met die stok loop

Arie maak so 

Die wind nogal baie sterk hier waar ons staan bly maar tuis en pas huis op

Uitenhage

neelsec

Sun, 25/10/2020 - 13:10

Ons was verplig om Maart terug te keer huistoe met die covid 19 maar vat die pad weer as alles goed gaan Jan 2021

Ek hou my maar besig het eers n klomp eende groot gemaak en nou weer besig om 7 Ringneck  babas hand groot te maak