Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -1 hour ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -3 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -5 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -6 hours ago

Lennie en Addo Olifantpark, Bergkwagga Nasionale Park & Karoo Nasionale Park

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Wed, 27/03/2019 - 20:29
Forums

Teen hierdie tyd weet almal seker dat my Kruger Wildtuin-trippie in Meimaand gesneuwel het om twee redes :- 

(1) Ons kampmaat het sy been gebreek met die val van sy bergfiets

(2) My annerhelfte moes 'n dringende rugoperasie ondergaan

Die twee pasiënte vorder tot dusver baie goed en ons het toe maar besluit om hierdie jaar se Kruger Wildtuin-trippie eerder te laat oorstaan tot Mei 2020 sodat die twee ou kranklikes behoorlik kan herstel.

Maar, en dit is nou die GROOT MAAR, ons gaan einde Augustus 'n draai maak by Addo, daarna by Bergkwagga Nas. Park en dan ook by Karoo Nasionale Park.  Die afstand om met die twee ou kranklikes te ry is darem nie sover soos Kruger toe en terug nie (± 5000km) teenoor die sirkel-trippie na hierdie drie wildtuine van omtrent 1800km.

Die besprekings is gedoen en ons sal op 26/8 ingaan by Addo  -  nog 152 dae !

Ns. Ek is nou besig om te beplan hoe ek Freda se blouaap en sy trawante gaan uitsorteer indien die Parkbestuur dit nog nie gedoen het nie.

Centurion

Dusty

Thu, 28/03/2019 - 04:54

(1) Ons kampmaat het sy been gebreek met die val van sy bergfiets

(2) My annerhelfte moes 'n dringende rugoperasie ondergaan

Len, is bly dat die twee mooi aansterk. My beurt is volgende week.

Roodepoort

HennieBo

Thu, 28/03/2019 - 05:51

Len, ek is ook bly dat dit beter gaan met vroutjie en julle vriend. Ek kan sien dat jy nou al begin opgewonde raak oor die alternatiewe trippie.

Secunda

Sleep nou

Thu, 28/03/2019 - 06:51

Len geniet plan B dis ook so dat ek en Berdien met ons noord kaap toer  ook wil draai by die Karoo nasionale park geniet die beplaning en sterkte vir die twee wat innie oorlog was en nou herstel

Port Elizabeth

Antie

Thu, 28/03/2019 - 06:59

Ek kan sommer nou al vir jou sê julle gaan die trip baie geniet.  Ons het dit ook een keer gedoen, net Camdeboo was ook ingesluit.   In elk geval is ek bly dat julle darem 'n ander plan kan maak na die groot teleurstelling.   Ook bly om te hoor jou vrou herstel goed.

Ja, ek hoop jy kry daai aap terug vir my part.laugh

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 28/03/2019 - 07:07

Len, eerstens, ek is bly die twee pasiente is goed op die herstel pad.

Geniet die beplanning van jul toer, en ek hoop daai ape is reeds uit gesorteer. Freda se hart brand om terug te gaan.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Thu, 28/03/2019 - 08:11

Ons besoek al daardie parke gereeld en geniet elke keer nog meer as die vorige. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/03/2019 - 09:38

.................verdien 'n bietjie verduideliking :-

  • Oorkant hierdie staanplek, links van die Pathfinder, is die paadjie na die ablusie waar die blouaap sy protesoptog gehou het en verhoed het dat Freda verder kon loop en haar toe later aangeval het.  Nou wonder ek oor proteste en die blokkering van paaie, wie het by wie geleer ?  Het die ape by ons Suid-Afrikaners geleer om so te protesteer of het ons mense by die ape geleer ?
  • Dis 'n lieflike staanplek daardie en ons probeer dit altyd bekom.  Voor ek nog "movers" en 'n tru-kamera agterop die Exclusive gehad het, moes ek die wa agteruit met die P/F daar instoot.  Die gebruiklike ritueel was dat vroulief agter die wa staan, aan die regterkant, sodat ek haar in die P/F se tru-spieël kan sien.  Soos ek agteruit met die wa beweeg, stap sy ook agteruit terwyl sy vir my beduie ek kan maar kom.  En toe.............skielik verdwyn sy uit die beeld van my spieël !  Ek skrik, ry dadelik 'n raps vorentoe (ingeval ek haar omgestamp het !), spring uit en hardloop na agter en daar lê my liefie, agteroor op haar rug, binne-in die impala-lelie heining !  Sy het nooi rekening gehou met presies waar die heining is nie en toe, met die agteruit-loop daarbinne-in geval !  Natuurlik, sonder dat ek haar in die heining ingestamp het, was dit my skuld  -  ek moes vroeër geweet het om te stop !
Port Elizabeth

Antie

Thu, 28/03/2019 - 10:04

Lekker lag ek nou vir jou Len!   Dalk is dit hoekom sy nou 'n rug operasie moes kry, so, sien jy, dit is ook jou skuld.laugh

My seun het hoeka vir my gesê daai aap se gedrag was nie normaal nie.  Hy het amper met my amper getart......   Hy moes dit iewers geleer het.enlightened

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 30/03/2019 - 11:41

Len - alhoewel dit nie naastenby kom by 'n wildtuinvakansie nie (veral soos joune vir vanjaar bespreek was), is dit 'n goeie alternatief na probleme wat julle opgetel het met die "kranklikes" (om jou woord te gebruik). Julle sal dit geniet.

Persoonlik is ek (moenie my vra waarom) nie 'n liefhebber van Addo nie, maar Bergkwagga en veral Karoo is van my groot gunstelinge.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 05/04/2019 - 18:23

... hoe gaan dit met jou ander helfte na die rugoperasie?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/04/2019 - 20:03

....., dankie, dit gaan redelik goed.  Sy lê maar meestal en loop redelik rond, maar is maar  onvas op haar voete.  Sy (en natuurlik ek) is baie bang sy val want dit moet ten alle koste nie gebeur nie.  Die nagevolge van 'n baie lang narkose hou haar maar pap en steeds baie naar ten spyte daarvan dat die operasie oormôre 'n maand gelede uitgevoer is.  Maar die belangrikste is, die eintlike probleem is herstel en ons moet nou maar rustig die volle herstel-tydperk deurwerk.

Dankie vir jou belangstelling.

pretoria

pieterc

Fri, 05/04/2019 - 22:52

Ek glo jy het ook al gehoor dat die nasorg net so belangrik soos die operasie is, vandaar jou opmerking van "rustig die volle tydperk deurwerk". Ek weet tegnologie en prosedures het al baie verander sedert ek my rugoperasie meer as 10 jaar terug gehad het, maar deur alle voorskrifte 100% te volg is die operasie n sukses tot vandag toe.

Ek sien ook jy sê jou vrou loop redelik wat my weer laat terugdink. Dokters voorkrif was om ±5 km per dag te stap met fisio oefeninge 3 x per dag. Stap was vir my n onvlugting uit die huis en ek het later ± 5 km per slag gestap...... (Natuurlik nie vanaf dag een nie, maar gelydelik afstand vermeerder soos wat ek beter gevoel het)

Baie sterkte - en geduld- vir altwee van julle. Party dae is beter as ander, maar eersdaags is julle daardeur en dan geniet julle weer al die lekker dinge soos voor die operasie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 06/04/2019 - 16:43

................Pieter, ons volg maar die herstel-instruksies slaafs na.  Die"nurse" hou selfs die skottelgoed opdatum en maak die bed meer as eenkeer per dag op.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 08/04/2019 - 21:17

Len, dit vat aan albei, patient, sowel as "nurse", baie sterkte vir Annetjie, en ook vir jou.

Geduld, is die meester van genesing.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/04/2019 - 09:20

Johann, ons wag maar rustig tot einde Augustus vir ons troosprys-trippie Addo, Bergkwagga en Karoo toe.  Ek is seker Skattie sal dan perdfris wees.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 07/07/2019 - 20:45

Net 'n opdatering :-

Die 152 dae in my inleiding-pargraaf het gekrimp na nog net 50 dae en dan is dit sulke tyd !

Die twee pasiënte wat ons Kruger Wildtuin trippie, Mei 2019 verongeluk het, is albei perdfris en ons is nou gereed vir die Addo-ens.-trippie volgende maand.

Ns. Maar, Mei 2020 se trippie Kruger Wildtuin toe vir 30 dae in 6 kampe (5 dae per kamp) is bespreek en in die sakkie, presies soos ons 2019 trippie sou plaasvind. !

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 08/07/2019 - 07:04

Baie bly om die goeie nuus te lees Len, sterkte met die geduld,  tyd gaan so vinnig verby, as jy weer sien sit julle in oom Paul se tuin.

Secunda

Sleep nou

Mon, 08/07/2019 - 07:07

Nou ja Len nou kan julle vol stoom daai kamp planne agter mekaar kry die waens haak en n hond uit n bos kamp