Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

April 2019 Koffiekroeg

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 01/04/2019 - 00:43
Forums

Goei more kampforum vriende, dit is 1 April en ek kan nie slaap nie, lyk my klaas vakie speel April fool met my.

Dit is of dit, of die feit dat ek nou kan sê, more oggend 06:00 will ek die pad vat kaap toe. 

Julle moet die nuwe dag, nuwe maand en nuwe seisoen van die jaar geniet.

Centurion

Dusty

Mon, 01/04/2019 - 04:48

Goeie môre johann en ook die ander.

Dit lyk my jy het weer gaan slaap. Ek was ook daai tyd wakker maar was te lui om in te klok.

Tee gemaak en ook die koffie is aan die gang.

Lekker dag en week vir elkeen

Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 01/04/2019 - 05:57

More More

More Hennie, Johann en Stoffel.

Hoor petrol kom af met amper R 5.50 n liter. Dit is darem goeie nuus vir die maand. So net voor my Hartenbos trip.

Geniet die nuwe week en nuwe maand en wees veilig.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 01/04/2019 - 08:04

'n Aap het my weer aangeval vanoggend toe ek by my skottelgoedrak werk.   Ek wil eerder nie daaroor praat nie.  Ek dink teen die tyd dink almal ek soek skoor met die ape.

Verder waai die wind ons deurmekaar vanoggend en koud ook daarby.

Lekker dag vir almal.

Middelburg

Noel

Mon, 01/04/2019 - 09:04

Goeie more maters. Johann, sterkte met pakkery en onthou ook om die gras te sny. Hy gaan mos n maand lank weg wees cheeky​​​​​​.  Freda oorwin die aap aanvalle en oorweeg n kettie te aanskaf. Moet net nie asb jul karavaan kampeerdering opgee deur aap aanvalle?

Mag julle awesome week sal he! 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/04/2019 - 09:36

Dagse al die goeie mense. Magties maar ons lewens was verskriklik besig van Januarie af, pemanent kuiermense gehad. Vanoggend is dogter en haar familie terug Noord kaap toe. Ouma het terug in die bed geklim, sy het regtig bietjie rus nodig.

Ons was van plan om bietjie Karoo n park toe te gaan na die woeligheid, maar ek dink so bietjie rus hier op die werf gaan goed wees.

Freda, jy moet vir jou een van die "Queens gaurd" se hoedens kry dat jy so effe langer vertoon, die ape pik op jou.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 01/04/2019 - 17:50

Jammer, vriende, moenie kwaad word nie.  Onthou, dit is 1 April vandag?  Die eerste keer in my lewe dat ek iemand vang met April's Fool.laugh    Ek is veilig en geen aap was naby my nie.   Die ape hier is eintlik nie so astrant nie, hulle bly sovêr moontlik weg van mense af.  Goeie raad, Herman, ek dink so bietjie ekstra lengste sal die kortg@t goed te pas kom.yes   Jy en Vonnie moet maar lekker rus daar op die plaas na al die gewoel.

Neels, hier by ons waai tente ook plat vandag.   Ons  het vanmiddag gaan rondkuier by kuierplekke op die strand en alles is reg hier by ons, gelukkig.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 01/04/2019 - 20:51

Hehe Freda, gelukkig lees ek eers als klaar voor ek reageer😂

Noel, dankie, ons kom nou het by die huis, kinders gaan groet en vroeg klaar gepak, more oggebd ses uur eil ek die Penta uut gaan haal en omdraai, haak en sewe uur wil rk die kar aansit👍

Bennanta is nou besig met padkos, eish, my bek water al klaar. 😂

Herman, so klomp kuier gaste is nogal uitputtend, maar tog ook lekker.