Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58552 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -10 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -9 hours ago

Goedkoop kamptoilet vir mans

Worcester
Submitted by Wildehont on Tue, 02/04/2019 - 14:21
Forums

Ek slaap miskien een uit elke 200 nagte deur sonder dat ek moet opstaan om water af te slaan, en wanneer mens kampeer is jy mos maar geneig om ietsie te vat terwyl jy braai en so.
Tensy jy 'n karavaan met 'n en suite het (ek het net 'n Venter Bush Baby met 'n tent op sy dak) moet jy dan in die middel van die nag opstaan (en afklim in my geval) en ooprits (nie net jou gulp nie) om jouself te verlig. As jy boonop 'n entjie van die naaste ablusie is moet jy nog heen en weer stap ook. Teen daardie tyd is ek (en dalk een of meer van my mede tentbewoners) wawyd wakker en sukkel om weer aan die slaap te raak.

Ek het verlede jaar vir my die goedkoop kampkrip op die foto hier onder gemaak. Ek maak voor slaaptyd die tregter met 'n kabelbinder vas langs my bed aan die raam van my sleepwa, en dan rol ek net op my sy en laat waai wanneer die natuur roep. Die bottel staan buite my tent onder die sleepwa buite ander se sig agter 'n wiel, en ek maak dit in die oggend leeg en spoel alles uit met water. Werk soos 'n bom.

Kampkrip

   

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/04/2019 - 15:09

Eenvoudige maar uitstekende plan!

Dit is juis een van die redes waarom ek nooit oorweging aan 'n daktent wou gee nie - ek moet minstens een keer in die nag 'n draai loop. Nou's ek te oud om trappies op en af te klim. Wanneer ons met ons tent kamp is dit maar 'n gewone 'bow tent' waarin die Porta Potti ook pas.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 02/04/2019 - 16:35

Baie oulik.  Lyk amper of hy vir 'n vrou ook kan werk.   Sal net regop moet kom, op die sy draai sal nie werk nie.laugh

As ek in die nag daai trappies moet afklim, sal ek my definitief disnis val.  Ek is te deur die slaap.

Ek sien ook nie kans om in die nag uit te gaan toilet toe nie, oor daai wakker word.  Ek bly half aan die slaap as ek die porta potti binne gebruik, maak nie eers my oë oop nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 02/04/2019 - 18:06

Loer eendag in n man se Camper, self gebou. Staan daar n bloedrooi Vuvuzela langs die bed, selfde plan as wildehont, hy het seker n groter tregter nodig gehad............beter vir die ou omies wat die tone natdrup. sad

Uitenhage

neelsec

Tue, 02/04/2019 - 19:50

Neef Herman tel jou woorde jy kom ook on daardie groep koop nouaal jou jou tregter

Centurion

Voortrekker

Tue, 02/04/2019 - 20:07

Nee ek weet nie so mooi van die ding nie?   Wat as ek nou so bietjie deur die slaap is en die tregter verkeerd beman en word dan die volgende oggend wakker met 'n nat tentvloer? surprise

Middelburg

Noel

Tue, 02/04/2019 - 20:47

Ek sal liewerse 2L plastiek coke bottel gebruik vir tregter. Dit sal makliker werk vir ouer garde maar vir die jongetjies sal hy moet maar mooi mik laugh. Goeie idea Wilde hont.

Centurion

Dusty

Tue, 02/04/2019 - 21:19

Wanneer ek 'n nood deur die nag ontwikkel wat selde gebeur dan staan ek maar op en stap ablusie toe. Het nog nooit 'n porta potti of iets soortsgelyk gebruik nie. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 02/04/2019 - 22:02

Stoffel ek doen dit ook so, dit is altyd lekker om so onder die sterre of maanlig middernagtelik vir 'n stappie te gaan  -mens sien en hoor partykeer eienaardige dinge daardie tyd van die nag smiley

Worcester

Wildehont

Wed, 03/04/2019 - 08:40

HTH bottle

 

Sommer klaar chloor in om die reukies te neutraliseer wink

Moet sê, my krip ruik nie. Die 5l bottel met die herwonne bier in staan mos buite my tentyes

Ek gebruik weer n HTH emmer, lekker sterk en stewig en dan gooi ek van die pora potti se groen juice onder in.

Vir die tregter gebruik ek n vuvuzela, lekker sterk om in te fluit.

Jozie

It'l Dodat

Wed, 03/04/2019 - 12:30

Sit tot wat ookal tyd vanni aand om te kyk waneer ek ablusie to stap....

Lyk my ek moet een van daai yster kort- broeke aanskaaf......laugh

die beste... HTH bottle... groot genoeg..... kannie mispiepie nie en jy kan gerus hom meer as twee keer gebruik deur die aand....

Speaking from experience..............NIXS erger as n te klein bottle te gebruik.... maak n moerse gemorse..... blush

 

Worcester

Wildehont

Thu, 04/04/2019 - 09:35

Daar is darem ‘n oplossing vir die dames ook. Die een by die skakel hier onder is sekerlik nie die enigste wat beskikbaar is nie maar is wat Google vir my gegee het. Daarmee kan mamma ook die HTH emmer gebruik en selfs staan as die openbare toilet se sitplek grillerig is. 

http://shepeeness.co.za/