Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58432 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Leeu is reg. En net so kan… Karavaan eintlik 'n ryk… neef Herman -2 minutes ago
(No subject) 210 lt Model BS213 Bauer… Noel -7 minutes ago
Moet egter erken, ek gaan… Baterye en dinge Johann L -9 minutes ago
Wessel, nee glad nie… Baterye en dinge Johann L -13 minutes ago
Stem met Nico (Leeu) se… Karavaan eintlik 'n ryk… Noel -21 minutes ago
3 watt LED Baterye en dinge wessels -2 hours ago
Stoffel, netjies en prakties👍 Baterye en dinge Johann L -2 hours ago

Ons 2019 lang-vakansie

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Fri, 05/04/2019 - 12:34
Forums

As alles volgens plan verloop, is dit nog 12 slapies voor ons die wa haak en die Hilux se neus weer in 'n noordelike rigting druk. Ek is stelselmatig besig om al die dinge in plek te kry sodat die inpakkery so seepglad as moontlik verloop. Omdat ek nie elke keer in die Snomaster wil rondkrap vir dit wat ons wil gaarmaak nie, stel ons maar vooraf 'n spyskaart op en pak die vleis in die orde waarin ons dit benodig. Gister is die spyskaart dus opgestel vir die eerste gedeelte van die vakansie. Aangesien ons langer as 5 maande weg sal wees, is ons uiteraard genoodsaak om weer vleis aan te vul. Maar hopelik kry ek die meeste van my vleisbenodigdhede vir die eerste twee maande (totdat ons uit die wildtuin kom) in my twee kampvrieskaste (onderskeidelik 82.5- en 40 liter) sowel as my wa se vrieskas - veral my (Joey's) wors wat reeds vakuumverpak is.

Ons sou aanvanklik op Donderdag 18 April vertrek vir die eerste 6 aande in die Karoo Nasionale Park. Maar ons het besluit om 'n dag vroeër te vertrek. Die rede is dat ek die R43 tussen Villiersdorp en Worcester wil vermy a.g.v. die swak padoppervlak. Ons wil dus via Sir Lowryspas, Stellenbosch en Huguenot-tonnel ry tot ATKV Goudini Spa vir die eerste aand. Dit is 149 km vir die eerste skof. En dan die volgende dag tot Karoo Nasionale Park (376 km) waar ons oor die Paasnaweek sal vertoef.

24 April mik ons vir Riverside Country Lodge (suid van Kimberley) en die volgende dag tot by Weltevrede Vakansie-oord (langs die Vaalrivier naby Parys). Vrydag 26 April durf ek die paaie deur Johannesburg en Pretoria aan tot by Almega Karavaanpark (aangrensend aan Dinokeng) vir die volgende 3 aande.

29 April mik ons vir ATKV Eiland Spa, waar ons slegs een aand gaan oorstaan alvorens ons die wildtuin op 30 April by Phalaborwa wil inry. Omdat ek uiters stadig in die wildtuin ry (nog te meer met die wa) ry ek kort afstande tussen kampe - maksimum van 125 km. Daarom slaap ons net eers een aand in Letaba, dan een aand in Shingwedzi voordat ons op 2 Mei na Punda Maria ry vir die volgende 8 aande. Dus stem ons ook in Punda op 8 Mei (ongelukkig kan ons slegs nasionaal stem).

Dan 10 aande in Shingwedzi, 7 elk en Tsendze, Letaba en Satara en die laaste 5 in Maroela. 15 Junie ry ons ATKV Eiland Spa toe vir 3 maande, waar ons eers op 16 September vertrek. Die terugkeer Boland toe is nog nie gefinaliseer nie.

Ek sal poog om van tyd tot tyd 'n bietjie terugvoer te gee.

Fochville

Lapskag

Fri, 05/04/2019 - 13:34

Dit klink vir my presies reg om so lank te gaan kamp. Chris ek het 'n nota gemaak vir die 25ste as julle hier by Weltevrede is en sal dan plan sien om te kom groet.

Net julle beste tot die 6de

Middelburg

Noel

Fri, 05/04/2019 - 17:29

Blikskottel Chris, dit is n lekker laaang vakansie vir semi afgetrede paar. Ek moet die bank beroof vir so vakansie en nog skaars terug van Duitswes sad​​​​​​.  Glo julle sien baie daarna uit en geniet die gaate uit yes

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/04/2019 - 17:30

..................kry jy nie skaam om so 'n lekker toer voor en na die Wildtuin onder ons neuse in te vryf nie ?  Maggies, dit klink hemels.  Wat gaan julle met julleself vir 3 maande by die Eiland doen ?  Wat maak julle met Stoffel die papegaai, los julle hom wraggies alleen tuis ?

Karoo Nasionale Park : Ek sal bitter ongelukkig wees as julle die leeus (ek verstaan daar is nou al 16, Mufase ingesluit), die buffels en 'n swartrenoster sien, want dit was my oor al die jare nog nooit beskore nie. Bly dus eerder so lank as moontlik in die kamp en maak potjiekos en alle ander lekker dinge wat julle by die karavaan sal hou.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 05/04/2019 - 18:19

Eiland Spa is só goedkoop as jy 'n lankstaner, dat jy as't ware nie kan bekostig om teen daardie tarief by die huis te bly nie. Die wildtuin kos heelwat meer, maar ons kry darem 40% gryskop-afslag (behalwe vir Vrydag- en Saterdagaande) vir die grootste gedeelte van ons tyd in die wildtuin.

Len, by Eiland bly jy bedrywig - tussen kuier, rolbal, jukskei, lang ente langs die Letabarivier ens ens. Gewoonlik nie 'n vervelige oomblik nie. En my seun en familie kom ook vir die skoolvakansie. En dalk nog my dogter uit Roemenië.

Ons is maar gewoonlik rustig in Karoo Nas Park - ry nie veel nie. Ek was darem al 'n vier keer gelukkig om ou vuilbaard se familie in die park te kry  (tweekeer vanuit die ruskamp) en by 3 geleenthede die swart spoke. Die park se buffels is destyds verwyder voordat hulle vir ou vuilbaard en kie vrygelaat het.

En ou Stoffel, wat vir 22 jaar as 'n mannetjie aangesien is en ons toe skielik met 2 eiers verras het (inderwaarheid dus Stoffelina) gaan vir die grootste gedeelte van ons kuier by my seun-hulle bly. Wanneer hulle vir die skoolvakansie weggaan moet sy maar saam met Bella (hulle Basset) ongelukkig kennels toe gaan.

Roodepoort

HennieBo

Mon, 08/04/2019 - 06:10

Ja wragtig Len. Chris kry nie skaam om dit so in te vryf nie. Julle moet dit geniet en skryf maar weer so ietsie dat ons kan saam toer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/04/2019 - 21:08

..................bekommerd wees nie, Chris is oppad Wildtuin toe.

Volgens 'n riemtelegram was hulle in die Karoo Nasionale Park by Beaufort-Wes vasgekeer na die onlangse reën en storms.  Ek het so 'n voorsmakie van ongelooflike fotos gesien om dit te bewys, maar ek glo Chris sal eersdaags self vertel.

Wees dus gewaarsku, hier kom 'n mooi storie !

Die wapad.

Koos Mol

Fri, 26/04/2019 - 21:45

Ek is so besig met my eie lekker goed dat ek helemaal vergeet het van julle lang vakansie Chris. Julle is seker vanaand op Almega, ons mik vir Dinokeng Resort so teen die einde van Junie rond. Julle moet die reis verder geniet, veral daar op oom Paul se plaas. Stuur maar groete soos julle suid trek in die park. Ons klok 23 Augustus by Punda in vir 'n 5 plus weke trek deur die park. 

Ek ken nou nie die eiland nie maar dit klink asof julle 'slaap tekort gaan hê met al die bedrywighede wat julle daar gaan besig wees.

Julle moet die ooste van die land dek met julle trekkery terwyl ons hier die weste sal dek (tans staan ons op Aus), die ouens tussen in sit almal tuis.

Veilig ry en kamp.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/04/2019 - 09:56

Ek was sedert ons vertrek by die huis, nog in "idle mood" en nog nie werklik lus gehad vir enigiets behalwe "niksdoen" nie.

Ons is egter op Woensdag 17 Apr weg by die huis. Ons eerste skof, slegs tot ATKV Goudini Spa, was só kort dat my broer spottenderwys vir my gesê het dat ons seker nie juis beplan om baie padkos vir die eerste dag in te pak nie. Soos voorheen genoem, het ek besluit om via Stellenbosch en die Huguenot Tonnel langs te ry ten einde die swak R43 tussen Villiersdorp Worcester te vermy. En was dit nogal lekker vir 'n verandering. Mensig - die Du Toitskloofberge is darem maar indrukwekkend en mooi as jy aan die Worcester-kant van die tonnel uitkom.

ATKV Goudini Spa voldoen aan tipiese ATKV-oorde standaarde. Netjies!! Aangesien ons slegs die een aand oorgestaan het, is die wa net gelyk gemaak op die netjiese plaveisel.

Ek wou nou graag foto's laai, maai ai, die data-sein hier by Almega (waar ons nou staan, is só swak)

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/04/2019 - 10:00

Ek dink ek moet eers my foto's op my 'laptop' aflaai en dan eerder via die Vodacom modem probeer werk. Die selfoon is frustrerend stadig hier by Almega. Terloops, as jy nog nie hier gekamp het nie, mis jy uit op een van die bes-versorgde woonwaparke wat ek ooit teengekom het.

Ek probeer weer later.

Secunda

Sleep nou

Sun, 28/04/2019 - 18:32

Goudini SPA is op my roete met die wynroete toer Chris dankie vir die fotos 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 28/04/2019 - 21:46

Dankie Chris  -  bly julle is weer op koers !

Jy moet nog lekker vertel van julle wedervaringe by Karoo NP.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 29/04/2019 - 07:33

Ek doen so Len - sodra ek weer 'n sterket sein het om foto's te kan plaas. Vandag maar weer die grootste gedeelte op die pad (na Eiland Spa vir een nag - waar ek weet die sein ook maar vrot is. Hopelik het ek môre 'n beter sein nadat ons by Letaba aangekom het.

Ja - ek het 'n paar dingetjies wat ek oor Karoo Nas Park wil deel.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 29/04/2019 - 11:33

Ek sit tans hier by Len se gunsteling "brand" vulstasie naby Zebediela, waar ons brekfis geëet het en Ralie gou 'n bietjie rekenaarwerk moet doen.

Toe ons by die kampeerterrein van die Karoo Nas Park aankom, is ons deur hierdie vriendelike (eintlik 'n 'nuisance') dame ontmoet.

Bibi

Sy (Bibi) is as jong kalfie in die park gevind nadat haar ma vermoedelik deur leeus gevang is. Sy is toe deur parkpersoneel hans grootgemaak en later in die woonwapark "vrygelaat". 'n Koedoebul het intussen sy draai by haar kom loop en 'n kalfie (wat sy baie goed deur die dag wegsteek) is die nagevolg daarvan.

Oor die Paasnaweek het die kinders dit maar hotagter met haar gehad. Hulle het egter gou geleer dat jy loop nie met iets te ete in die kamp nie, want Bibi steel dit letterlik by hulle. Sy't selfs by geleentheid onder die stoeptent ingekom en selfs haar kop by die karavaan se deur ingesteek.

Pragtig gewees om 'n koedoe van só naby te leer ken.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 29/04/2019 - 18:01

Ons het 'n gunsteling staanplek in Karoo Nas Park - no 21. Dit is een van die staanplekke wat nog nie plavei is nie. Fout gewees om dit hierdie keer weer te neem, maar later meer daarvan. 

KNP

KN

Paassondag het ons die Potlekkertjie Loop gaan ry en gou by Doornhoek piekniekplek stilgehou vir 'n piepiestop. Daar staan toe 'n paar manne vreeslik aan die beduie waar die leeus in die naasliggende kop is. En waaragtig, daar kom 'n mannetjie en wyfie (duidelik 'n wittebroodspaartjie) teen die rand afgestap in die rigting van die piekniekplek.

Knp

Knp

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 29/04/2019 - 23:52

Ai tog Chris, ons was al honderd keer daar by Doornhoek en het nog steeds nie leeus in Karoo Nasionale Park gesien nie.  Maar toemaar, ons beurt kom teen Septembermaand.