Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

Buitekombuis

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Tue, 09/04/2019 - 20:20
Forums

Ek sou graag wou weet van kampeerders met buitekombuise (teerpad waens met buitekombuise en natuurlik boswa- en tentkampeerders) wat is die nadele daarvan om aan die buitekant van 'n wa 'n kombuis te gebruik.  Ek weet dit is algemene kennis die voordele om liewer nie kos binne-in 'n wa voor te berei nie, maar ek stel belang om te weet wat is die nadele waarmee 'n ou maar moet saamleef as jou wa net buitekombuis-geriewe het ?

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 09/04/2019 - 21:03

Dit is uiters selde dat ons die kookgeriewe in die wa gebruik. Die weer moet regtig sy garra-kant vir ons wys voordat ons die binnekombuis gebruik - en dan ook slegs wanneer ons netbeen nag oorslaap. Maar onder sulke omstandighede wil ons ook nie 'n buite-kombuis gebruik nie - weens die garra weer. Persoonlik sien ek meer meriete in my binne-kombuis - vir wanneer ek dit rêrig nodig het.. Ek neem in elk geval my kooktoerusting saam en kan inderwaarheid nie voorsien dat ek 'n buite-kombuis ooit sal gebruik nie.

Ek gebruik baie eerder my klein mini-Weber (Smokey Joe). As dit koud is (as ons oorslaap in die Vrystaat) sit ek in die deurkosyn, met die Weber tussen my bene. Ralie sit in die karavaan met die waaierverwarmer aan. Ek kry dus die hitte van voor en van agter.

Maar soos reeds gesê, in uiterste weersonstandighede kom die binne-kombuisie (of liewer gasstofie) handig te pas.

Middelburg

Noel

Tue, 09/04/2019 - 22:40

Len, ek het die Swing gehad vir 10 jaar lank. Ons het bittermin die 2 plaat gasstoof gebruik. Ons gebruik meestal die pella braaipan of die skottelbraaier. Die skottegoedwasbak het ons nooit gebruik nie en ek was skottelgoed by die scullery. Bv as ek die karavaan laat staan sonder die tent, en dit reen is dit n beslommernis om elke keer na buitekombuis toe gaan om iets te kry, selfs al is die tent op in die middel van die nag moet ook elke keer uit die karavaan gaan om iets te kry. Swing se kombuisblad binne in die karavaan is klein en ongerieflik. Die bed is amper teen die kombuiskaste. My huidige Fleetline se kombuis is baie gerieflik en alles is gemaklik bekombaar. Ons kook juis nooit in die karavaan nie maar ek kan koffie maak in enige tyd van die nag sonder om uit te gaan. Vrou se die borde, glase , messe, vurke ens is skoner binne as by die buitekombuis.

Roodepoort

HennieBo

Wed, 10/04/2019 - 06:01

Len, ons het ook 'n Swing vir 10 jaar gehad en ek kan op my twee hande aftel hoeveel keer ek die stoof gebruik het. Ons het NOOIT die wasbak gebruik nie. Ek het ook 'n houtblad gemaak wat oor die stoof en wasbak gepas het om my eerder 'n werksoppervlakte te gee.

Die nadeel van die wasbak sou wees dat daar nie warmwater was nie en dat jy dan die uitlaat pyp moet konnekteer iewers vir wegloop. Daar is nie 'n nadeel van die stoof gewees nie maak ons het dit maar minimaal gebruik aangesien ons altyd krag vir 'n ketel of iets gehad het. Ons het dit wel gebruik as vroutjie braaipap en sous sou gemaak het.

Die enigste nadeel vir ons is as daar n mase storm opsteek en jy moet kosmaak onder die Eeazi Awn wat ons meestal gebruik vir kort kampe.

Met die voltent is die problem glad nie wesenlik nie.

Bly lekker om buite kos voor te berei.

'n Buite kombuis staan my ook nie baie aan nie. Wanneer ons kamp is die Cadac silinder met sy "cooker top" heeltemaal voldoende vir ons. Die word dan meestal gebruik om koffie water te kook. Die Alva, waarop twee "cooker tops" kan pas, werk ook baie lekker vir ons vir die tye wanneer ons weet die kinders en kleinkinders gaan saam kamp.

Die gas stofie binne die wa word slegs gebruik vir stoppe langs die pad om 'n koffie water te kook, en wanneer dit reen en die sy-tent nog nie op is, of reeds afgeslaan is.

Skottelgoed word altyd buite die tent, of by die terrein se opwas geriewe gewas.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 10/04/2019 - 07:51

Ek het die binne wasbak verander na een wat soos die binne stoof lyk met die glas blad.  Die water kraan is binne die wasbak en staan nie soos die oue bo op die werks oppervlak nie.  Dit gee meer werkspasie en ongelukkig ook baie pakplek vir Surette.

Gebruik ook nie die binne stoof of wasbak nie, sal seker eendag as Wijan uit die huis uit is.

Die buite kombuis soos wat ek ander dophou is vir my 'n mors van spasie binne en buite.  Binne vat dit werks oppervlak weg en buite vat dit tent spasie weg.  Ons het 'n gas stoof met oond wat gebruik word en Surette het ons een induksie plaat nou in die karavaan vir water kook.

Randburg

Bouts

Wed, 10/04/2019 - 08:53

Len more,

Ek wou baie graag n tweede handse Swing koop juis oor die buite kombuis, maar almal waarna ek gekyk het het water skade gehad op die werks oppervlakke veral in die hoeke. (Ek glo die oorsaak  is water wat gemors was uit die wasbak).

My gevoel is dat mens net versigtig moet wees indien jy die wasbak gaan gebruik.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/04/2019 - 09:26

Heng, dit is nou interessante terugvoer wat tot dusver gelewer is  -  baie dankie sover.  Ek is onder die indruk dat buite-kombuis geriewe baie populêr is, dalk is dit nog steeds en sal verdere reaksie nog ontvang word.  Die vraag was juis net om te probeer vasstel wat die nadele van 'n buitekombuis is, nie noodwendig wat 'n ou se voorkeur is nie.

Ons reis normaalweg lange ritte tot by ons bestemming, dikwels drie tot vier dae en selfs meestal in wintermaande.  Ons slaap dus dikwels oor in alle tipe weersomstandighede en dan wonder ek gewoonlik hoe hanteer buitekombuis kampeerders so 'n situasie.  In Augustus waai die wind op baie plekke in SA en veral in die Wildtuin het ons stofstorms ervaar en dan wonder ek of sulke stowwerige omstandighede 'n buitekombuis nadelig beïnvloed.  Veral in die Wildtuin wanneer jy deur die dag op wildritte vertrek, is die opslaan van die buitekombuis nie elke keer 'n "shlep" nie ? (Ek aanvaar dit moet opgeslaan word want ape en ander gediertes kom stel mos ondersoek in).

Roodepoort

HennieBo

Wed, 10/04/2019 - 09:32

 is die opslaan van die buitekombuis nie elke keer 'n "shlep" nie ? (Ek aanvaar dit moet opgeslaan word want ape en ander gediertes kom stel mos ondersoek in).

Len, die opslaan van die kombuis van die Sprite reeks is baie vinnig en maklik. Dit was ook vir my baie gerieflik met die eetgerei wat buite is maar dit was ook al. Ek het GEEN waterskade by myne gehad nie, maar soos ek vroeër vermeld het is dat ek nie my wasbak ooit gebruik het nie.

 

 

Brits

wessels

Wed, 10/04/2019 - 10:03

Môre Len en ander vriende

Selfs met my Fleetline en Palma het ons altyd kos buite berei. Desember by die see vir 20 dae, of met kort kampe onder die "rally".

Nou met die Kavango, wat totaal alles buite het, van kombuisware rak, stoofplate en die ys/koelkas, word kosmaak noodwendig buite gedoen. Ten minste is alles buite en mens hoef nie te in en uit om by alles te kom nie.

Die enigste nadele van 'n buitekombuis  is;

1] ongure weer, veral as jy nie voltent opgeslaan het nie.

2] alles wat uit die wa uittrek maak natuurlik jou tent se beweeg oppervlak kleiner.

Fluit fluit my kombuis is uit.

Wessel   

Brits

wessels

Wed, 10/04/2019 - 10:08

hello Len

Ek sien nou eers jou laaste vraag;

die buitekombuise word nie eintlik opgeslaan nie, dit is eerder 'n geval van deurtjie oopmaak en trek stoof, koelkaste na buite. Klap 'n werkblad oop en jou pakplek vir glase/borde ens is oopgemaak.

Ek beplan om slotte of sleutelringe te gebruik om koelkaste apie-bestand te maak nou Junie in wildtuin [dan hoef ek dit nie aanmekaar in te stoot nie].

Groete

Wessel

Ek het n sprite Scenic gehad en daarna myself belowe soek nie weer buite kombuis nie. My 2c is dat die kombuis vat te veel plek in die tent/ Canopy en as die wind so keer gewaai het in kamp met grond staanplekke is alles in kombuis vuil. Ek sit maar my stofie op Tafel en het skottelgoed rak.

My Rapier het ook n perfekte binne stoof wat ons nooit gebruik nie, hy het n blad op wat dien as spasie.

Ek hou ook nie van daai uitgly yskaste nie, ek gebruik die wa se binne yskas.

Gasbottel met stofie staan buite op n tafel onder die eeazi awn of tent.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/04/2019 - 15:30

...................hoekom is jy "bevrees" ?  Ons opset werk ook soos Ski s'n.  Wanneer ons iewers oornag, slaan ons gou iets ligs saam binne-in die wa, maar niks formele kokery nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 10/04/2019 - 17:45

Wanneer ons iewers oornag, slaan ons gou iets ligs saam binne-in die wa, maar niks formele kokery nie.

Nee o demmit, dis darem te lekker om te braai - al staan ek net een aand oor (behalwe as die weer glad nie wil saamspeel nie). Daarom ry my ou mini-Webertjie oral saam. 

Die wapad.

Koos Mol

Sat, 13/04/2019 - 22:34

Len.  Ons buitekombuis is baie gerieflik want als is daar en bymekaar met die uittrek van een groot laai. Die gebruik van die kombuis met of sonder die volle tent opgeslaan maak maar eintlik die verskil. Die nadele kom ook maar in met slegte weer..... maar hi, die Wimpy is mos nog altyd om die draai vir daai werklik slegte weer dae. Met net die ralley tent op kan die wind lastig wees met die gasstoof, maar ek het 'n windskerm gemaak wat om die stoof pas vir sulke dae. Ons het geen kookgeriewe binne die wa nie en het nog op geen stadium dit nodig geag om iets binne in die wa voor te berei behalwe om 'n ketel water in te prop.  Dus vir my is daar geen nadele aan 'n buite kombuis nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 14/04/2019 - 09:02

Ek kan gee kommentaar lewer hier nie, my binne kombuis het ek heeltemal tot niet gemaak, het nog nooit 'n buite kombuis gehad nie.

Wat ek wel sou sê, is dat die buite kombuis, volgens wat ek waar geneem het, nie net binne pak plek vat nie, maar ook buite sit plek op neem?

Net my persoonlike opinie: ek hou niks van uitskuif goed op 'n karavaan nie, dit laat my altyd wonder, hoe lank gaan daai "runners" hou voor dit begin moeilikheid gee?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/04/2019 - 12:04

.........................ek was nou al 'n paar keer by Koos-hulle in hulle tent en dit val my elke keer op hoe alles kraak-netjies en gerieflik is alles in daardie Sensation se tent. As ek reg onthou, hou hulle die kombuis--gedeelte altyd teruggeskuif  en skuif dit net uit as dit gebruik moet word. 

Is ek reg, Koos ? In die Wildtuin is die kombuis dus weggeskuif as julle 'n wildrit draai gaan ry ?  In winderige, droë tye het julle nie stofprobleme in die uitskuif kombuis nie ?

Brits

wessels

Tue, 16/04/2019 - 13:08

Middag Len

Laat ek weer probeer, lyk my die forumblad is wispelturig met insette wat verdwyn.

Dit lyk vir my of jy ernstig oorweeg om iets aan te skaf met 'n buite kombuis. 

Jou vriend het mos 'n Bush lapa met 'n buitekombuis, as ek jou insette oor Bontebokpark reg onthou. Wat is jou indrukke en belewenis van sy kombuis opset? 

Buite kombuise se oopmaak panele behoort mos stofdig te sluit, as dit nie oop of uitgetrek is nie. Jou groter bekommernis in die wildtuine veral moet wees of dit apie bestand is. Dit mag dalk die enigste rede wees waarom ek my kombuis panele gaan toemaak as ek nie by die wa is nie.

Gaan kyk gerus na boswa opsies, jy sal daarvan hou. Ek het van 'n Palma oorgeslaan na 'n Kavango en is nog nie spyt nie. dit verg 'n effe aanpassing na die kleiner wa en tent, maar die voordele weeg vir my swaarder;

1] sleep makliker, net so breed as voertuig

2] hantering is makliker vir 2 persone

3 grondpaaie en slegte paaie hou nie meer groot verskrikking in nie.

Nou gaan die groepsdruk vanuit alle oorde toeneem, 

Groete

Wessel

PS: As die inset 2 keer verskyn, blameer die bladlaugh