Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -2 hours ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -2 hours ago

Politieke onrus

Brits
Submitted by wessels on Fri, 12/04/2019 - 08:18
Forums

Môre vriende

Ek is sommer skuins omgekrap met die voortdurende onrus in onse land. Dit voel asof die wetgehoorsames totaal aan bande gelê word deur die wetteloses.

As my vryheid van beweging, hetsy werktoe, of met geliefdes op vakansie bedreig word, kan ek sommer bloue bliksems pluk.

Ek sien vanoggend dat selfs op die verlate pad tussen Kroonstad en Steynrus dat 3 trokke aan die brand gesteek is, gister. Net verlede week het ek daar woonwa gesleep. Nou wonder ek, wat maak mens as jy in so iets vasry, met woonwa op jou stert

Seker maar dieselfde as in wildtuin wanneer 'n olifant op jou afstorm----bid.

Groete

Wessel   

 

Secunda

Sleep nou

Fri, 12/04/2019 - 08:23

Wat ek nie verstaan nie die polisie staan en kyk maar hulle doen niks dit se vir my vat hulle weg want hulle doen nie hulle werk nie dan plunder hulle n kerk vir wat angry

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 13/04/2019 - 20:16

Kyk, dit maak seer om ons land so te sien verval, ons moet in gedagte hou dat, as die polisie hul werk doen, skeur die media hulle uit mekaar. Kyk maar na die Marikana geval, die misdadigers kry helde vereering, en niemand gee 'n blou duit om vir daai beamtes wat op gekap is nie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/04/2019 - 22:19

Marikana : Johann, ek stem nie saam nie  -  polisie het verkeerd opgetree deur met skerppunt ammunisie op betogers te skiet.

Wessel/Shaun :  ek verdedig geensins die vernietigende optrede van betogers nie. Die huidige regering het ongelukkig die "not haves" geleer dat hulle aan hulle aandag gee en na hulle sal luister eers as hulle geweldadig raak.  Die skrif was aan die muur twee jaar gelede toe 20 skole in Venda afgebrand is oor munisipale grense teen die wil van die mense verskuif is.  Eers nadat die skole afgebrand is toe spring die regering.  Dieselfde het nou in Alexandra gebeur.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 14/04/2019 - 07:50

"Skerppunt ammunisie". Die term word orals gebruik, maar in my army dae was dit " skerp" ammunisie genoem. Of dalk was ons Korporaal net weer anders.

Die onrus is maar weereens agv die regerende party se totale mislukking om hulle beloftes na te kom omrede korrupsie die staatskoffers leeg gemaak het. Kom ek dit vertel, neef sou dalk net so gebrand het as dit die enigste uitweg was om misnoé te wys, was ek in die skoene. Wat het jy immers om verder te verloor, en wat is die vooruitsig.

Centurion

Voortrekker

Sun, 14/04/2019 - 08:00

Wat het jy immers om verder te verloor, en wat is die vooruitsig.

Yip!  Presies dieselfde wat ek ook dink wanneer ek sulke goed sie.  Hulle het niks om te verloor nie en gaan nie slegter af wees nie?   Dit maak dit wel nie reg om sulke goed te doen nie?   Mense wat anders opgevoed en ander waardes geleer was sal heelwaarskynlik nie aan sulke tipe betogings deelneem nie, maar probeer om self hulle situasie te verander?  Maar wat nou as jou rolmodelle en onderwysers en almal na wie jy opkyk 'n soortgelyke vernietigende voorbeeld aan jou gestel het as kind / jong mens - dan is dit aan die orde van die dag! 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sun, 14/04/2019 - 08:04

Die ding is, dit is die enigste manier om n regering n bietjie te laat luister. Om te praat help niks, optrede help totdat almal dit gewoond gewoond geraak het en dan ook nie meer so baie want dit word alledaags en as n nuwe normaal beskou.

Aai die filosofiese gesie vanoģend. smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 14/04/2019 - 09:17

Hier by Strand het hulle ook ernstig geraak Vrydag, op een stadium wat ons daar naby was, het ambulanse (seker so vyf) in daai rigting gejaag?