Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57142 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis moeite werd en is nie… WilSur se 2011 Exclusive Krag… Noel -1 minute ago
Ek het nie veel hoop nie,… Kampforum SuperBru Mona -3 minutes ago
Ingrams Kamfer Room Stof tot nadenke Johan K -5 minutes ago
As ek n week lank plakkies… Stof tot nadenke Noel -5 minutes ago
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -25 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -25 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -1 hour ago

Toyota bly maar die BAAS!

Submitted by Frikadel on Fri, 12/04/2019 - 08:27
Forums
Wil net noem aan my mede Toy ryers met die safari pakke en kamme in die kous. Toyota het nou sy waarborg opsie verleng na 8 jaar onbeperkte kilos vir R 9000.00. Jou voertuig moet egter nog sy huidige 3 jaar 100000 kilos waarborg he en n vol diensrekord, maw voor jou waarborg verstryk koop jy nog 5 jaar se eindelose kilos!! Dus kan ek vir nog 5 jaar gatskuur sonder enige worries, sluit selfs shocks in!!!!! Gaan hom eers in October verleng want die waarborg verval on Nov. Hilux, jou ou vervelige YSTER!!
Waar my wa staan

Arie

Fri, 12/04/2019 - 16:02

Ai hoe boring moet dit tog wees om nooit te bekommer ń voertuig wat dalk brwek nie?

Ford hoef nie so lang waarborg te gee nie want almal weet Ford breek nooit nie!

Vra my ek weet hoe vrek verelig dit is!!!

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 12/04/2019 - 16:28

Elke hoeveel jaar vervang jy n Toyota se "wiper blades"? Myne nou al 13 jaar op.

Kyk mens na die jare, km's of die reen. indecision

My battery het amper 9 jaar gehou. Nou sien ek die Toyota egte part kos n R 100 meer as n Willard. Dan is dit seker beter om egte een te koop, as hy ook 9 jaar gaan hou.

Môre Vriende

Ek kyk so na die fotos hierbo van die opgesmukte Ford en woonwa, en besef---smaak verskil beslis.

Ek het 'n totale broertjie dood aan die misvorming van enige antieke voertuig. Indien dit egter 'n herstel na eertydse vorm en glorie is, is dit pragtig. Daar is niks mooier as 'n outydse voertuig wat "stock standard" restoureer is nie. 

Sulke misvormde opgesmukte replikas is vir my egter lelik.

Groete

Wessel 

Bloemfontein

Zack Benade

Mon, 15/04/2019 - 11:36

Ek persoonlik is nie ' groot voorstaander van lang dienskontrakte nie.   Ek voel verbruikers word uitgebuit deur baie hoe dienskostes (in my geval by Hyundi---ek het besluit dat my waarborg eerder verval--Met die geld wat ek spaar kan ek maklik voorsiening maak vir breuke as iets sou gebeur.  In my geval geen breuke en baie geld gespaar ).  Jy word verplig om vir 8 jaar lank jou voertuig by die Toyota agente te diens teen mal tariewe.  Jy kan by 'n gemiddelde diens agent jou voertuig diens teen minder as die helfte van die kostes.   Vir my gaan dit net dat die voertuig wel gediens word en in 100% rybare kondisie is.    

Harry----My C250 se battery het buite waarborg gegaan.  MB het my oor die R9000 gevra vir 'n nuwe een.  R1800 was vir die uithaal en insit van die battery.  Dis toetaal buitesporig want ek het 'n nuwe Willards ingesit vir onder die R2000.   My stop/start funksie werk nog steeds. 

My Ford 3.2 Ranger is na 5 jaar uit sy diensplan en ek kan ook nou sê ek spaar tussen 50 en 60% op sy dienste.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 19:54

............... is tans oppad terug uit die Kgalagadi nadat hy en sy gesin hulle nuwe (gebruikte) 3 liter diesel HiLux d/kajuit daar op die proef gaan stel het.  Ek is nuuskierig om hulle verslag van die HiLux te verneem.  Voor hulle weg is het hy die bak met kappie laat stofdig maak deur een of ander 4x4 plek  -  ek wil graag weet of dit 'n sukses was.

My dogter en haar gesin het 'n Ford Ranger D/Kajuit en my seun 'n HiLux D/Kajuit. Die Ranger se beurt vir die Kgalagadi gebeur volgende maand in Julie.  Pa kan nou lekker op 'n afstand vergelykings maak.  Tot dusver hou ek van beide, maar die meeste van my Pathfinder !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 24/06/2019 - 20:04

Nou hoe dan so, wat moet ek weet wat ek nie tans weet nie ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 21:04

Len, net dat daar niks fout is met die Ranger nie😃

Nou hoe dan so, wat moet ek weet wat ek nie tans weet nie ?

Ek het die week darem wragties baie maal gewens ek het 'n Ranger gehad, of 'n Amarok, of 'n Hilux, of 'n Ousuzie.