Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58427 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
3 watt LED Baterye en dinge wessels -1 hour ago
Stoffel, netjies en prakties👍 Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Ek het sommer rond gespeel… Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Stem saam met Willem, daai… 210 lt Model BS213 Bauer… Johann L -1 hour ago
Ek het n "smart charger" op… Baterye en dinge Harry Du Randt -1 hour ago
Dit is soos wat dit lyk… Baterye en dinge Dusty -2 hours ago
Ek het weer my eie volt… Baterye en dinge Dusty -2 hours ago

Branblusser?

Gariep/Alberton
Submitted by Tiengelieng on Mon, 29/04/2019 - 19:00
Forums

Hallo kampeerders.

In die karavaan ( C.I Escape 2) is daar 'n monteer plek vir 'n brandblusser(tjie). My 1.5kg is net te groot om daar te pas.

Seker 'n 1kg.  Wie ry nog daai dingetjie saam? Gaan hy kan help?

Wonder maar net?

Groetnis

 

Centurion

Voortrekker

Mon, 29/04/2019 - 19:23

Hallo Tiengelieng smiley   Ek het so 'n klein enetjie wat altyd saam gaan.  

Het gelukkig nog noit nodig gehad om een te gebruik nie, so ek sal ook nie weet hoe effektief dit is nie?  

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Mon, 29/04/2019 - 19:33

Ja het gesien dat n voertuig uitbrand met so ene langs die pad staan langs die brandende viertrek

 So maar net gewonder?

Dankie

 

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Mon, 29/04/2019 - 19:50

Rede vir my vraag is dat my Pa nou (85) met die karavaan ' n lek op sy petrolpomp op die 3.4 courier bakkie en die karavaan gekry het en dit het oor die vonkproppe gespuit en 'n geweldige brand veroorsaak.  So weet nie of daai dit suksesvol kan blus nie. Miskien in kleinerige gevalle. Seker beter om iets te he as niks!

 

Centurion

Dusty

Tue, 30/04/2019 - 06:37

Ek het my eerste karavaan se brandblusser eenkeer gebruik op n kennis se voertuig reg voor my hek. Dit het goed gewerk en die brand geblus.

Daarna tot op hede nog nooit weer een gebruik nie, nie eens op my Kuga nie.

Centurion

Voortrekker

Tue, 30/04/2019 - 07:04

nie eens op my Kuga nie.

 Dink nie 'n brandblusser gaan help nie.  Daai Kuga's is gebou om te brand!  laughcheeky

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Tue, 30/04/2019 - 08:18

Dankie manne.

Ek gaan maar een van die groot outjies kry wat by die motorhawens gebruik word en dit agter in die bakkie monteer.

Hoop om dit egter nooit te gebruik nie! 😁

Groete. Jan.

Dink nie 'n brandblusser gaan help nie.  Daai Kuga's is gebou om te brand!

 

Daai Kuga kom kompleet met n toeklap rooster, speserye en n braaiboek, vir biki meer ekstra upgrade Ford die rooster na n vlekvrye staal model.

Wessel, help biki hier??

Môre vriende

Julle kan maar spot, oppas net vir die bere in die bos.

Hierdie draad behoort eintlik 'n waarskuwing vir ons almal te wees.  Ek is oortuig dat ons almal een of meer brandblussers in ons waens het, maar die groot vraag is;

wanneer laas was dit nagegaan en gediens. 

Blykbaar moet die goed jaarliks nagegaan word vir diensbaarheid, anders kan dit nikswerd wees wanneer benodig word. Ek is self skuldig en dop die toets met vlieënde vaandels.

Ons blussers by die kompleks word jaarliks gediens, en tog vergeet ek van die in my boswa.

Waarmee moes ek help???devil

Wessel 

Magaliesburg

GerhardtN

Tue, 30/04/2019 - 14:17

Miskien kan ek uit ondervinding raad gee.

Die meeste van die brandblussers is DCP(droee poeier). Die poeier kompakteer na n ruk en sou jou hom wou gebruik sonder om hom te skud gaan hy minder effektief wees. So skud hom maar gereeld om die poeier los te hou. Die naald moet in die groen wees maar hy moet ten minste jaarliks gediens word. Die diensverskaffer sal ook na afhangende van die kondisie n druk toets op die silinder doen. Maak seker dat die spuitstuk skoon en oop is. Die tegniek van gebruik sal bepaal hoe effektief jy n brand sal blus. Deur op een plek te spuit gaan nie werk nie. Gebruik swaai bewegings want jy wil die driehoeks ketting (Suurstof, hitte of material) verbreek deur die suurstof weg te neem. N klein blusser het al groot brande geblus. Moet ook nie te naby die brand staan nie.

Ek het een 1.5kg  op my karavaan en een 1.5kg  in my Isuzu, saam sal hul van groot hulp wees en het ook so laas jaar n mede kamper gehelp. 

Gariep/Alberton

Tiengelieng

Tue, 30/04/2019 - 19:28

@Harry.

Hahaha! Ja so ek sal onthou om een voor by die trek (engine) gedeelte en een agter by die "exhaust" (blaas) gedeelte in te sit!!😂😂😂

 

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 01/05/2019 - 07:28

Ek plaas weer my video hier waar ek die die amper 10 jaar oue blusser toets sonder dat hy enigsins gedien was.   Hy was wel agter in my caddy gemoteer en was dalk genoeg geskud om te voorkom dat die poeier kompakteer.

 

video