Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -8 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -10 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -10 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -11 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -12 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -12 hours ago

Mei 2019 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Wed, 01/05/2019 - 03:46
Forums

Goeie môre Kampvrinne. 

Die 5 de maand het aan gebreek.

Mag elkeen n heerlike vakansie dag geniet 

Secunda

Sleep nou

Wed, 01/05/2019 - 06:15

More julle almal ja die tyd stap did Mei maand skink daai koffie of tee ek hier by werk vanoggend tot 12H00 die koffie stel nie teleur toe skink hom en geniet vrede

Centurion

Voortrekker

Wed, 01/05/2019 - 07:22

Môre Stoffel, dankie vir die nuwe koffiedraad (-:      Al die werkendes moet die vakansiedag geniet.  Vir die pensionarisse - gaan maar aan soos gewoonlik smiley

Ek gaan nou 'n bietjie trap en hom vanoggend probeer druk na 30km cool

Groete!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 01/05/2019 - 07:44

Goeie môre Kampforum-maters.

Ek het 'n heerlike nagrus gehad en vanoggend 5vm vars en vrolik opgestaan.  Heerlik buite 'n draai gaan loop, lekker vars lug ingeasem, die mis wat tot op die grond lê gade geslaan en dankbaar daaroor nagedink hoe geseënd ek is.  Selfs die paar plantjies wat ek verlede week hier in ons voortuintjie geplant het, se blomgesiggies begin een na die ander vir my kyk, elkeen pragtig geslyp met sy eie uniekheid,  netsoos ons mense.  Die ou paar struikelblokkies die afgelope tyd lyk skielik piepklein teenoor al die baie seëninge wat ek daagliks ervaar.

Ek hoop jy geniet ook hierdie Werkersdag-vakansiedag waarop ek nou al vir 11 jaar nie meer geregtig is nie. (Ek werk mos nie meer nie en oupas wat kleinkinders oppas en oral rondkarwei, tel mos nie as "werk" nie !).

Ns. Ons sou vandag ons Wildtuin-trippie van 'n maand en 'n half lank aangepak het, maar dit moet nou oorstaan tot volgende jaar Meimaand.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 01/05/2019 - 07:54

Lyk na n lekker dag.

Ek moet nog so bietjie werk insit vandag, wat ek nie klaar gemaak het gister nie.

Dink aan n lekker braai later.

Julle moet geniet en wees veilig.

Centurion

Dusty

Wed, 01/05/2019 - 08:24

Anton, geniet die fietsry. Daar is n paar items wat ek sal moet opgee. Ek stap maar my 2.5 km per dag. Sal ook later weer begin met fietsry.

Harry, Alta het juis gisteraand gevra of ons vanmiddag kan vleis braai. So, ons braai ook vanmiddag laterig

Port Elizabeth

Antie

Wed, 01/05/2019 - 10:22

"'n Pinch and a punch for the first of the month"   Op die eerste van 'n maand dink ek altyd aan my skoondogter, wat op 39 jarige ouderdom oorlede is.   Sy het altyd daardie sinnetjie gesê vir haar kinders en hulle dan liggies geknyp en met die vuis getik.  Hulle was maar 8, 6 en 2 toe sy oorlede is.

Ja, dit is 'n lieflike dag by ons in die Baai ook.  Gisteraand 'n paar buie reën geval.  Len, ek het ook vanoggend toe ek gaan stap het, gedink hoe mooi skoon en helder alles lyk.  En die wêreld is vol herfsblare, selfs dit is mooi.   Ek stem, ons het baie om voor dankbaar te wees.   Jy moes nou op pad wildtuin toe gewees het, maar dit was nie so bedoel nie.

Vandag gaan ek en Colin na MES.   Dit is die "shelter" waarheen ons al ons surplus goeters in die huis gaan neem.   Sy motor en my motor is vol sakke en houers en ons gaan netnou soontoe ry.   My kaste in die huis is nie meer so vol nie, almal mooi skoon uitgewas en netjies, nes ek dit wou gehad het.   Ek hoop die goed wat ons daar gaan aflaai sal vir iemand iets beteken.

Die werkendes moet die vakansiedag geniet.   Dis mos lekker om so in die middel van die week so meevallertjie te kry.   Baie lekker dag vir almal!

 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 01/05/2019 - 15:29

Dagse , ai ou neef voel weer mens. Was die afgelope tyd aan vreeslike mishandeling blootgestel, vandag was die kameras dwasrsdeur my ou lyf. Het nou net opgestaan, bietjie geslaap en narkose is uit.  Toetse en ondersoeke klaar en verby.

Ek het die afgelope jaar met buikpyn en bitter ongemak gesukkel. Op die stadium lyk dit darem of daar nog n paar kampe ingedruk kan word, moet so bietjie aanpassing in eetgewoontes maak, sal seker biopsie uitslae binnekort ontvang.

Vanaand gaan ons n lekker stuk rump braai, aartappel wedges maak en n bak vars slaai. Sodra die vuur brand, knak ek n Tafel lager, dalk so 3. Dan n mooi rooie lekker rustig saam die kossies, staan klaar gekies. Die lewe is mooi.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 01/05/2019 - 16:56

Ok is nou weer die tyd van die jaar.
Almal vra altyd die outydse Boere resep van daai hoesgoed wat werk.
Hiers hy , so share op jou wall dat jy hom vinnig weer kan kry!
Ekke los die Brandewyn uit, dis jou keuse....
Hier is my Hoesstroop resep.
2x BotteltjiesTurlington
2x Botteltjies Borsdruppels
1x Botteltjie Pepperment druppels
500g heuning
500Ml Gemmer brandewyn
2 eetlepels kaneel
Meng alles goed saam, en eet n eetlepel vol 4 keer per dag..
Like die page: https://www.facebook.com…

 

Het nou vir my die aangemaak, hoop dit help ?

Sukkel nou al meer as 'n week met die blaf 😡

.

Myne het die OudeMeester by, het vir Wijan in 'n ander bottel gegooi vir ingeval.

.

Centurion

Dusty

Wed, 01/05/2019 - 18:30

Willem, dankie vir die mengsel-resep. Het dit baie lank gelede nodig gehad. My pa het altyd die mengsel gemaak. Hy het altyd sy kassie met Lennons produkte saam met die boekie gehad. Ek het iewers n PDF-file wat wys waar om wat te gebruik van die Lennon produkte

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 01/05/2019 - 20:02

Goeie naand almal, verlange na die kleinkinders het gister die oorhand gekry,  ons het toe besluit ons vat die pad terug huis toe. Weet nie of dit die regte besluit was nie,  maar my karavaan is af geskryf.

Lees naar due draad, "Ramblin Boy, ramble nie meer nie.

Hoop julle het 'n beter dsg as ek gehad.

Herman, jammer ons kon toe nie by mekaar uut kom nie, ek sou bitter graag wou ontmoed. Omstandighede dikteer, ons glo en vertrou dat jy 100% gesondheid gaan geniet.👍