Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

56844 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoe het..... Ons eerste besoek aan Punda Len Loader -5 minutes ago
En wat.... My liedjie oor die laeveld Len Loader -15 minutes ago
Antie, sterkte daar vir oom… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Nice 👍Stuur dit vir Nodfy… My liedjie oor die laeveld Willem Brits -1 hour ago
Noodle sag  Goedkoop kamptoilet vir mans Willem Brits -1 hour ago
Ai Freda, sterkte vir Colin,… Julie 2019 - Koffiekroeg Johann L -1 hour ago
Maggies, ek het nou so lus… My liedjie oor die laeveld Johann L -2 hours ago

Die insident met Rambling Boy.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Wed, 01/05/2019 - 19:48
Forums

The good, the bad, and the ugly.

The good,

Ons het 'n baie lekker toer gehad, elke oomblik geniet, selfs op plekke langer gebly as wat die plan was.

The bad.

Alles kom op 'n end, en gister oggend oorheers die verlange na die kleinkinders wat ons gewoonlik, 4 keer 'n week sien. Besluit om op te pak, en stadig huis waarts te begin.

The ugly.

Iewers tussen nêrens en ěrens, gee my kar so ruk, in die kamera sien ek net vonke op die pad. Linker wiel van my wa mors af, swaai na regs, tref 'n aankomende bakkie op sy tralies bo-op die "load box".  Dank Vader, niemand is beseer nie, ek kry my kar so 50, 60 meter verder tot stil stand.

Dit was so 16:30, die "low bed" kom eers 21:30 daar aan, die ou is alleen, en ek moet die verkeer beheer, na 'n uur lange gespook, en baie meer skade, is Rambling Boy op die low bed, op oad na Bloemfontein, die naaste handellaar van Jurgens.

Rambling Boy, sal nie wer ramble nie,  die skade is erg.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 01/05/2019 - 22:16

Johann, wat lees ek nou hier.

Het vanoggend net vinnig by die koffie tafel ingeloer en nie eers jou inset mooi gelees nie. Was te haastig om laat invoices te gaan klaar maak.

Het nou gou weer iPad hier in die kooi geneem en weer almal se insette gelees.

Dit is nou sleg, sommer baie F... Sleg.

Dit is nou hartseer, net bly julle is oraait.

Dit is nou vir jou n gatslag.

Ek voel vir julle, sterte daar ou maat.

Weet hoe voel daai eensame gevoel vir 6 ure langs die pad met Froggy. Ons het darem nie afskryf skade gehad nie.

Ek weet alles gaan weer vir julle uitwerk vir die toekoms. Hou moed.

Middelburg

Noel

Thu, 02/05/2019 - 05:58

Dit is baie bad dat dit met julle tref in jul toer en baie dankbaar dat hulle nie beseer of dood is nie. Julle hart is baie seer oor jul karavaan en ek hoop regtig dat die karavaan nie afgeskryf word nie en mooi sal herstel. Hou moed en jul kamp is nie op einde nie. 

Centurion

Voortrekker

Thu, 02/05/2019 - 06:35

Johann ek is geskok om dit te lees.sad  Ek het gisteraand vinnig die opskrif gesien en intro gelees, maar nou eers die hele storie gesien.  Ek is bly julle is fisies ok, maar dit moet 'n groot skok en teleurstelling vir julle wees.   Aggenee man!   

Sterkte vorentoe. 

Môre Johann

Jammer om te hoor van ongeluk.

Dalk lees ek soos my blaker, maar het die woonwa se wiel die bakkie getref, of het jou sleepvoertuig die bakkie getref. Sommer net nuuskierig.

Laat dit 'n les vir ons almal wees--- mens raak te gerus met sleep en dink alles sal bly regloop. 

Groete

Wessel

 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Thu, 02/05/2019 - 08:42

...om van julle traumatiese ondervinding te verneem. Ek kan ook maar net soos die ander lede hierbo dankie sê dat niemand beseer is nie. Alle sterkte vorentoe.

Port Elizabeth

Antie

Thu, 02/05/2019 - 09:32

Ag nee, ek lees nou eers die draad.   Ek kon amper nie glo wat ek lees nie, ek moes twee keer lees.  Ek is so bitter jammer daaroor, Johann.   Ja, ek is ook bly niemand het seer gekry nie.  Dit moes erg traumaties gewees het en is seker nog steeds.  Sterkte, my maat, mens kan maar net aanvaar en voort gaan, né.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 02/05/2019 - 15:17

Johann, van my kant af ook baie jammer om van die erge teenspoed te verneem, maar aan die ander kant baie dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie. Ek hoop en vertrou dat julle darem mettertyd veilg by die huis sal aankom.

Soos Wessel ook hierbo 'n navraag rig, glo ek met elke gebeurtenis moet 'n mens soveel as moontlik daaruit leer om jou eie kennis te verruim ten einde maatreëls te tref dat soeiets jou nie ook oorkom nie.  Ek sal dus baie waardeer om verdere inligting, onder andere die volgende, te verneem :-

  • Het die wiel se as morsaf gebreek of het die wielmoere afgebreek ?
  • Het jou wa losgekom van die Kia ?
  • Wat het die aankomende voertuig getref, jou kar of die wa ?
  • Wat het na regs geswaai, die wa of jou kar ?
  • Wat het op die aankomende bakkie se "load box" beland, jou kar of die wa ?
  • Is jou wa gekoppel aan die Kia se trekstang met 'n ketting of net 'n remkabel ?
  • Het die wa omgeslaan of het dit regop bly staan ?
  • Het jy dalk 'n foto van die ongelukstoneel ?
  • Het jy skade aan die Kia ?
  • In watter mate is die aankomende bakkie beskadig ?
Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 02/05/2019 - 20:55

Ek vra om verskoning vir die swak inligting😮

Die karavaan se linker wiel het kompleet, met wieldrom, remskoene als af gekom, net die stuk van die as het oor gebly. Die wiel het na regs agter die karavaan, voor aankomende verkeer in, gestol. Die swartman met sy bakkie het vir sy vriend gesê "hier kom kak",  die wiel het (dank Vader) op gespring, en sy bakkie se trallies getref, net 'n buig in gemaak. Die man het om gedraai om te kom kyk of ons okei is,  hy sê hy het so geskrik, hy was oortyg ons gaan die kar rol. Ek haal my hoed af vir die man wat so belang gestel het, om om te draai, en seker te kom maak ons is veilig.

Die wa het soos 'n liniaal agter my kar gebly, ek het glad nie gerem nie, net daai stuurwiel vas, soos in baie vas, gehou, en die kombinasie stadig na die kant toe gebring.

My wa was met 'n remkabel gekoppel, en nie een van die twee voertuie het om geval nie, dank die Vader. Die koppeling was nog perfek vas toe ek afhaak om dalk te moet weg ry vir veiligheud. Ek het bet die 7punt prop gekoppel gehou, vir die nood ligte. Die rooi 3hoek het ek 40 meter agter die wa gaan sit,  en kon die sleep spoor op due pad nog baie verder sien.

Ons het so tien kilometer terug gestop vir pad kos, en die "hubs" was nornaal, geen hitte nie.

Volgens die tpms, was die bsnd druk 3.1 bar, en due temp 38°C, wat vir my nornaal is.

Ongelukkig, het die verkeer my so besig gehou, ek kon eers oor nege 'n foto gaan neem.

Wiel
Die mover is ook tot niet.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 02/05/2019 - 21:18

Stoffel, ek vermoed ook so iets, maar is ongelukkig nie tegnies genoeg om 'n mening te lig nie.

Wil byvoeg, my enigste vrees was my vrou se veiligheid, ek het haar in die kar laat bly, met die deure gesluit. Nou was my grootste vrees daai trokke wat teen daai steil afdraende teen 'n hengse spoed aankom, as die verkeer van voor af kom, en daai trok kry nie betyds spoed verminder nie, gaan hy of my kombinasie, of aankomende verkeer tref. Ek het meer gebid as ooit tevore.

Baie motors het gestop om hulp aan te bied, oa een persoon wou selfs weet of hy vir ons iewers kos en koeldrank kan gaan kry,  maar ons is kampeerders, met genoeg van albei in die kar.

Die gesin wat agter ons gery het, het daar bly wag tot ons versekering bevestig het, hulle stuur 'n low bed.

Wat vir my hartseer was, is 3 karavane het net verby gery, nie eers gekyk nie.

Middelburg

Noel

Thu, 02/05/2019 - 22:42

Johann, ek stem met Stoffel. Die moer het los gekom. Die foto wys duidelik dat die laers was nie oorverhit nie en die drom was nie te styf vas gedraai nie dat die bearings beskadig nie. Die moer is seker met die hand vas gedraai en daar was n seker n speeling tussen die drom en moer dat die splitpen gebreek het en moer los gekom van vibrasies. My kennis van vas maak van die drom is draai die moer vas met hand en maak seker dat daar geen speeling is nie en neem die socket draai moer vas met n kwart van n minute en dan sit n splitpen in daarna verstel die remme. Ronell stuur vir julle baie groete. Ons dink aan julle. Baie sterkte!!