Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, nee glad nie… Baterye en dinge Johann L -1 minute ago
Stem met Nico (Leeu) se… Karavaan eintlik 'n ryk… Noel -9 minutes ago
3 watt LED Baterye en dinge wessels -2 hours ago
Stoffel, netjies en prakties👍 Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Ek het sommer rond gespeel… Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Stem saam met Willem, daai… 210 lt Model BS213 Bauer… Johann L -2 hours ago
Ek het n "smart charger" op… Baterye en dinge Harry Du Randt -3 hours ago

Wiele vinnig bekyk en dit lyk reg

Elarduspark
Submitted by GerhardM on Sat, 04/05/2019 - 00:03
Forums

Ek het besluit om vandag die wiele so vinnig te toets en te kyk wat daar aangaan. 

Hulle is baie mooi vas en die wiele beweeg glad nie op die dromme rond nie. Hulle draai baie mooi sonder enige probleme. So dit sê vir my dat die wiel laers nog reg is na 18 jaar. Volgens my pa het hy hulle oorgedoen net voor hulle in Julie 2001 'n Sabie toer saam SAWA gedoen het vir 2 weke. Met hulle terug keer huistoe het die regter band 70 km voor die huis gebars op 120km/h. Danksy die Jurgens stabiliseerders het die wa in sy lyn bly saam beweeg. Die hele toer groep het vir 'n uur lank gestaan tot hulle n spaarwiel opgesit en verder kon ry. Die huidige bande is later in Julie 2001 opgesit met 2 nuwe rims.

Ek het nie die doppies afgehaal en gekyk hoe lyk dit binne by die wiel laers of hoe lyk die ghries nie

Linker wiel se video. Ek het nie baie hard gedraai nie.

https://youtu.be/OGs3M8Y7IwU

Regter wiel se video. 

https://youtu.be/9pv2sZ08Azk

Die bande is natuurlik nou 'n ander kopseer wat ek ongelukkig eers einde Julie met my bonus kan vervang. As ek nou moet vervang is die langnaweek kamp in Junie af.

 

Linker wiel

loopvlak
loopvlak bietjie van naderby
wiel
Dis hoe die loopvlak lyk

 

nommerskant
Kant van die band

Regter wiel

Loop vlak wys krake

nader
Nader geneem

kant

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 09:01

More Gerhard, jou foto van die wiel (van af die kant geneem) se datum sê vir my die vervaardigings datum, is week 12 van jaar 2001 vervaardig, ek sou bekommerd raak.

Laaste foto lyk asof die deel waar die sywand en loopvlak bymekaar kom krakies begin wys? ook die loopvlak op eerste foto? Gesien die ouderdom van die bande sou ek SSM daai bande vervang, dit lyk soos 'n ongeluk wat wag om te gebeur. Die laers klink goed, my '95 Fleetline ook nog op sy oorspronklike laers. Kyk en voel egter elke jaar 9en haal die doppies af en kyk hoe die ghries lyk) en ook of die velling nie warm is elke keer wat ek stop; my wa staan ook op bokkes met wiele in die lug as ek hom vir 'n ruk nie gebruik nie - gee die wiele ook so 'n vinnige spin elke keer as ek by die wa verbyloop. Wel een keer die laers laat oorpak maar ek glo soos die Ingelse dit so mooi stel "don't fix it if it ain't broken"!

Secunda

Sleep nou

Sun, 05/05/2019 - 20:07

As daai band in 2001 vervaardig is asb vervang hom dis rede tot bekommernis net soos Johann se

Elarduspark

GerhardM

Mon, 13/05/2019 - 20:36

Het die naweek die wiele behoorlik laat nagaan by 'n bande plek  en die wiellaers moet vervang word. Die 1 het met die laaste kamp (Maart 2018) warm geword, nie erg nie, maar warm genoeg dat dit nou gedoen word. sad Die remme werk nie en die handrem kabel is uitgerek. Dit als moet saam twee nuwe bande gedoen word.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 13/05/2019 - 20:54

.................stel eerder 'n kamp af en vervang daardie gevaarlike bande.  Moenie mislei word deur 'n "goeie" loopvlak nie.  Ek sal ook eerder die wiellaers vervang en sorg dat die remme oor ingestel word nadat die remskoene ook besigtig is.  'n Ou moenie paranoïes raak nie, maar met bande en remme wat twyfelagtig is moet geen kans gewaag word nie.  As dit eers gedoen is, lê daar duisende kommervrye sleep-kilometers vir jou voor.

Elarduspark

GerhardM

Mon, 13/05/2019 - 21:12

Oom Len, dankie. Dis presies wat nou moet gebeur. Net jammer my bonus kom eers einde Julie, maar ja, die 'Ou Lady' staan tot dan. Die remskoene het ons 'n vermoede is dalk klaar maar ek gaan nuwes opsit saam met nuwe wiellaers. Daai kabel moet vervang word. Ek gaan een laat maak in Van der Hoff weg. Die bande word verseker vervang. Ek het nou al reeds teveel gesien waar bande bars en 'n wiel verloor. Liewers als oor doen en dan weet dis reg. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/05/2019 - 09:48

................vergeet om te sê.  Sorg dat die ouens wat die wiellaers vervang ook die binne en buite "cones" waarbinne die laers hardloop vervang.  Dis amper die moeilikste deel en baie werktuigkundiges los die oues net daar en vervang net die binne en buitenste laers.  Dring daarop aan jy wil die oues terug hê, laers EN "cones".

Elarduspark

GerhardM

Tue, 14/05/2019 - 10:00

Oom Len, sover gaan ek dit self doen om seker te maak dis met skoon hande gedoen en die split pins is in. smiley Ek gaan net dubbel seker maak oor hoe daai kasteel moer vasdraai sodat ek nie teveel speling het nie. Sal my pa nooi om te kom koffie drink daai dag. Hy het dit 18 jaar terug gedoen.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 14/05/2019 - 11:45

Ek het gehoor jy kry nie meer daai wiellaers vir die 3B nie en moet 'n verandering maak.  Daarom het ek net gevoel aan die wielle.  Sal dit seker eendag moet oop maak 😕

Elarduspark

GerhardM

Tue, 14/05/2019 - 12:03

Oom Willem, die 3B is darem 'n nuwer model as ons sin, hulle maak blykbaar nie eers meer lug vir myne se wiele nie. surprise 

Ek moet 'n voorbeeld vat van die wiellaers en die remme dan kan hulle kyk watter op die rak pas.

Willem daai wiellaers van die 3B is presies dieselfde as die ou minni agter wiel laers. Dit is die suspention wat CI gebruik het en was verskaf deur Leyland. Die wiellaer is selfde as nuwe wa sin maar die cup verskil.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 14/05/2019 - 20:54

Bande en wiellaers is 'n baie kritieke komponent op 'n woonwa, moet nooit die bande onder/ oor skat nie. Al lyk die loop vlak nog hoe mooi,  daar is haarfyn krakies tussen die groewe,  en op die wand wat jy nie maklik raak sien nie., en dit gaan pop op 'n slegte plek. 

 

Elarduspark

GerhardM

Tue, 14/05/2019 - 21:11

Nee wat wil nie sukkel nie en beslis nie die wa afskryf nie, het nog nie versekering nie maar die waardasie sal in die volgende weke gou gebeur. 

Het al 3 keer wiellaers gehad wat vas slaan, nie weer nie. Ek is nie baie vertroud met die wiellaers nie en het nog net 1 keer dit self gedoen. 

Ek het nou net gegoogle en sowaar die vervaardiger van die as gekry en hulle bestaan nog steeds. BPW axles is in Johannesburg, ek gaan hulle kontak en hoor of hulle die regte wiellaers kan verskaf. Dis 'n duitse maatskappy.

Elarduspark

GerhardM

Tue, 14/05/2019 - 21:23

Oom Johann dis hoekom ek hulle wil kontak inverband met die wiellaers. Geen twyfel in die kwaliteit nie, gaan net baie vies as daai boksies wys, Made in China of Japan. laugh Die pryslys opo hulle webwerf wys vir my als behalwe cheap china goed.

Secunda

Sleep nou

Wed, 15/05/2019 - 07:24

So bly jy volg die raad om dit te vervang ja n ou wil nie langs die pad tussen erens en nerens staan met dit nie

Terwyl jy besig is met daai jurgens vervang die U-bolts ook hulle raak oud en breuk. Myne sin het gebreuk net toe ek stop. ^uur die ogend op beige pad toe le die wa plat op sy maag.

Elarduspark

GerhardM

Thu, 16/05/2019 - 09:28

Dankie Ski. Nie daaraan gedink nie. Wil terwyl ek dit doen, die hele onderkant skoonmaak en weer behandel en seker maak niks water kom in waar dit nie moet nie. smiley

Ek het gister 'n epos aan BPW gestuur om te hoor van die wiellaers en hulle het terug gestuur en gevra vir meer inligting rond om die as. As ek dit nie kry nie, sal hulle iemand stuur om te kom kyk na die as, sodat hulle die regte wiellaers kan verskaf aan my vir die as.