Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -9 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -11 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -11 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -12 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -13 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -13 hours ago

Die Slotte se kaapse toer

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sat, 04/05/2019 - 13:38
Forums

Ons het die oggend van 2 April so 08:30 hier by die huis vertrek oor Parys na die N12 in Potch, en van daar eers by Frans en Linda Pretorius gaan koffie soek in Klerksdorp. Dit was 'n groot voorreg om na jare lange elektroniese vriendskap, uiteindelik die twee aangename goedhartige mense in persoon te kon ontmoed. Ongelukkig, was die pad nog ver, en ons het nie lank genoeg kon kuier nie.

Frans
Hier staan ek en Frans by die prent wat Frans vir Rambling Boy gemaak het.

Ons mik punt was Riverside by Ritchie vir drie nagte. 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 04/05/2019 - 14:12

Riverside by Ritchie het weer nie teleur gestel nie, dit is 'n puik oord op die wal van die Riet rivier, met gras staanplekke wat baie mooi versorgd en gelyk is.

Riverside
Sons onder gang by die oord, foto geskiedmn nie die ware prag van die mooi nie.
Riverside
Ons uitsig van die stoep af, kompleet "met boots in all"
River
Hier kan gesien word, jou grondnet bly in die sak.

Ons het die McGregor museum in Kimbetlry gaan besoek, maar, my opinie, dit was uiters teleurstellend, slegs enkele besienswaardighede was sigbaar, die gebou word as sport kantoor gebruik en is besig om ten gronde te gaan vir die waarde as 'n museum.

Boere
Ons hoogtepunt, was die besoek aan Magersfontein.
Magersfontein
Hierdie masiewe gedenkteken is in die vorm van 'n kruis, en kan nie regtig met'n foto geillistreer word nie.
al die gesneuwelde boere in 'n omtrek van 100 Km is hier herbegrawwe, met hul name wat op die graniet uit gegrafeer is.

Hierdie is 'n moet besoek deur alle Afrikaners.

Magersfontein
Die uitsig vanaf die koppie waar die slag van Magersfontein plaas gevind het. 
Magersfontein
'n Foto, van 'n "toneel", van hoe die loopgrawe deur die burgers beman was 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 04/05/2019 - 14:32

Ons het van Riverside, na Aan-Die-Oewer by Orania gesleep vir twee nagte.

Baie netjiese oord wat goed versorg is, ablusies is bietjie knap,  maar skoon.

Orania
Ons uitsig van die stoep, die gras perk is abloluut netjies.

 

Ons het na die koppie met standbeelde van verskeie leiers gasn kyk.

Orania
Prof Boshoff se vtou se graf 
Orania
Mev. Betsie Verwoerd

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/05/2019 - 20:47

.....................Johann, lekker gelees en saamgekuier tot dusver.  Ons wag nog vir die res van die storie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 10:25

Ons Orania besoek was baie lekker, maar tyd staan nie stil nie, van daar is ons na Karoo Nationale Park, een van ons gunsteling oorde.

Dit moes die paar dae voor ons daar gekom het, goed gereen het, alle grondpaaie was nat, en plek-plek modder met baie water poele, oral was ook water wat op gedam het sigbaar.

Die vriendelike wag by die hoof ingang, het ons onmiddelik laat voel,  ons is tuis. 

Karoo
Ons het op staanplek no 11 besluit, in die middel van 'n krag punt en water.

Die Lammertjieleegte loop het nie teleur gestel nie, al was ons nie so gelukkig om predatore te sien nie, het ons baie ander wild gesien, oa bergskilpaaie, berg kwaggas, Eland, Gemsbok, Springbok en vele ander kleiner wild spesies.

Karoo
Ond moes vir die oukie wag om veilig oor die pad te stap.  
Karoo
Op die Klipspringer pas, was ons opnuut verras net die Karoo se wonderlike natuurskoon.
Karoo
Geen foto kan reg laat geskied aan die mooi wat op jou oë val nie, maar jy kry darem 'n growwe idee, plus die lekker van onthou.
Karoo
Plekke waar jy mag uit klim,  kon ek vir lank net staan / sit en myself verwonder aan die mooi. 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 10:45

Ons het vir 'n dag trip na Mokala gegaan, 'n groot gedeelte van die park was toe gemaak weens verspoelings, maar dit was oor en oor die moeite werd.

Mokala
Hierdie ou was baie vriendelik, en het gesorg dat hy sy afstand behou,en ons kon lank net sit en bewonder.
Mokala
So rustig soos kan kom.
Mokala
Ontvangs by Mokala
Mokala
Water poele was oral te siene
Mokala
Ek kan vir my lewe, nie onthou wat is die naam van die uitstallings / inligtings kantoor nie, maar beslis die moeite werd om te gaan besoek 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 10:59

Van Karoo Nationale Park, is ons na vier dae, deuf tot by Mountain Breeze.

Baie lekker oord om as 'n basis te gebruik, ons hetvan hier af baie gery, en baie gaan sien.

Mountain
Ons het die voorreg gehad om vir Bolander, Dirk, te ontmoed,  na 'n te kort kuiertjie, en baie goeie advies van Dirk, het ons via Villiersdorp na Franchoek gery, die Franschhoek pas was 'n  belewenis om nooit te vergeet nie.
Mountain
Ongelukkig, het die foto nie mooi uit gekom nie, maar dit gee 'n idee van die prag van die pas.
Daar was te min plekke om veilig te stop, en my vrou moes maar so deur die venster fotos neem.
Mountain
Ek het nie woorde nie.

Mountain

Mountain
Die valei vanaf die pas waar Franschhoek geleë is.

Ons het die volgende dag terug gery om dir museums en talle ander besienswaardighede te gaan besoek,  een middag was te kort.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 05/05/2019 - 12:20

pragtige plekke waar julle was.

Geniet die tyd saam met die kinders

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 17:15

Ons arriveer op die Dinsdag (16/04/19) by Ouskip in Melkbosstrand, staanplek F10, lekker beskit teen son en wind. 

Van hier af het ons baie gery, en baie gesien.

Chapmans
My eerste doel wit, was Chapmans pas.
Dit was op een van my wenslysie se af tiek doelwitte.
Chappies
Die oorhang net na die tolhek.
Chapmans
Hier, wil ek nie graag af voeter nie
Ouskip
Ek wou darem ook bietjie bene rek op Chapmans peak, kan nie net sit en bestuur nie, dit sou 'n sonne wees om nie uit te klim nie.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 18:08

 Nog 'n tiek op my wenslysie is af gemerk, ons besoek aan die Die Punt in die skier eiland.

Di Punt
Ons het begin by die Mainer's Wharf, daarna na die Tafelberg natuur reservaat tot by die punt.
Die Punt
Ek het geklop, maar niemand wou oop maak nie.😀 

 

Did punt
Ons moes darem eers by did hek in gaan.
Die punt
Die Dias monument
Die punt
 Foto geneem van af die ligtoring, as ek reg onthou.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 18:22

Die dag van die Two Oceans, was ons van plan om die pad by Kirstenbosch te ry,   (ek dink dit is Rhodes laan) maar moes dit uitstel, ons was nie bewus dat die wedloop juis op daai pragtige pad is nie.

Vroeg die volgende oggend is ons toe op oad om daai natuurskone pad te gaan ry, en het ook by Kirstenbosch tuine gaan inloer. Weereens, as jy nog nie daar was nie, sig dit op jou wenslysie, dit is die mooiste "plaas" en die tuine is uit die boeke.

Kirstenbosch
Die pad, Ek het drie jaar terug, per ongeluk die verkeerde pad gevat terug na Ouskip, en toe op hierdie lieflike pad af gekom
Kirstenbosch
As ons maar kan bly.
Kirstenbosch

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 18:37

Mev google kan ook fouteer, ek het gegoogle om te sien of die fosiel park oop is, sy het gesê "Open - Closes at 17:00, so vat ons die pad Langebaan toe net om voor dooiemans deur te kom.

Ons laat ons nie af sit nie,  en hou aan tot in Saldanabaai.

Saldana
Ons het hier iets ligs gaan eet, en iets swaars betaal 
Langebaan
Die mooi ou straat ligte.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 18:56

Tuin
Die tuine was iets om te beleef,  en veral nadat ons die geskiedenis en ontstaan van die tuine op gelees het
Tuin
Die "Enchanted Forest" is 'n wandel paadjie en as jy reg kies, kan jy die "Tree Top Walk" ook raak loop.
Tuin
Ons het die lang hang brug baie geniet, kon verskillende voëls van bo af sien en plek-plek ook so bietjie wieg op due brug.
Tuin
En my geliefde het toe nie die keer hoogtevrees gekry nie.

Die laaste foto, was darem net aan die begin van die brug😃

Roodepoort

HennieBo

Mon, 06/05/2019 - 06:29

Stem ek ook Shaun. Wat wil ons altyd oorsee foeter vir vakansies.

Daai Franschoek fotos sal NOOIT die werklike mooi wys van daai vallei nie. Dit is asemrowend mooi.