TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingsarrowarrow

Montagu Guano Cave Resort

Algemene Inligting

Resensies

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 06/05/2019 - 08:29

Dit was 'n baie aangename verrassing om hierdie oord te besoek.

Toegang is teerpad tot by ontvangs, daarna is dit 'n baie goeie grondpad tot by die oord self.

Staanplekke word geallokeer en is ruim genoeg vir enige karavaan.

Staanplekke is gelyk en is 'n sand oppervkak (lyk soos wit see sand) met elke staanplek omring met "split poles" vir privaatheid en beskerming teen wind. Hulle is tans besig om gras te plant.

Die oord het 'n tipiese plaas atmosfeer met baie diere om na te gaan kyk by die ontvangs area, Llamas, Alpoccos, donkies, perde, poue, kalkoene ens om net 'n paar van te noem. 

Daar is 'n trekker met sleep waentjie  waarop jy ry om ha die grot te gaan kyk,  sorg net dat jy tekkies aan het, dit is 'n goeie ent om tot bo by die grot te klim.

Montagu
Ons staanplek 
Montagu
Die ontspannings area, let op, die gras is kuns gras.
Montagu
Die koue swembad is verruklik mooi met drie glybane vir die wat vir hulle wil in gly😅
Die twee op die foto, is stadiger vir kindertjies.
Montagu
Die Romynse warm swembad (onderdak) was vir ons 'n wenner.
Montagu
Die ablusies was van die beste wat ons oo die toer tee gekom het.
Daar is 3 x familie badkammers, en 2 x familie storte.

Ek kan die oord met 'n ope hart aan beveel.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
April 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Centurion

Voortrekker

Thu, 12/03/2020 - 07:53

Ek sal Montagu Guano Caves aan enige iemand voorstel.    Ek het met die eienaar gesels en hom groot komplimente gegee oor die oord se uitleg en fasiliteite.

Ons was ongelukkig net vir 2 nagte by die oord en het in die Karavaanpark gestaan aan die bokant van die oord.  Dit is aan die voet van die berge en bied baie mooi uitsigte. Daar is ook privaat staanplekke langs die dam aan die onderkant langs die hoof swembad wat baie gerieflik en rustig lyk.

Buite swembaddens soos in die foto's hieronder is 'n kort stappie van Karavaanpark af en is regtig baie oulik en netjies en bied hope swem- en speel pret aan kinders en volwassenes!

Die Ablusies is ook baie netjies en daar is oorgenoeg.   Dit was die eerste keer dat ek families storte by 'n oorde gesien het en ons het beslis daarvan gebruik gemaak.

Die algemene uitleg van die hele oord is baie oulik en bied hope spasie om enige gevoel van 'n oorlaaide of beknopte oord tydens hoof seisoen te verhoed.

Die diere parke is baie oulik en netjies.   

PUIK!

Gaan maar - jy sal dit geniet! 

 

Guano Caves
Guano Caves
Guano Caves
Guano Caves
Guano Caves
Guano Caves
Guano Caves
Guano Caves
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
Maart 2020
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite