Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -1 hour ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -3 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -5 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -6 hours ago

1966 Jurgens opknap

Stilbaai
Submitted by Miss Daisy on Mon, 06/05/2019 - 13:57
Forums

Nou ja waar begin 'n mens.  Ons gaan 'n Jurgens opknap, nie sommer enige een nie, nee 'n regte egte "vintage model' , so vintage dat ons nog nie die model kan vasstel nie.  Hopelik sal ons darem gedurende die week die skrapings dokumente kry.  Van vintage gepraat, is 'n mens ook 'n vintage model as jy oor die 50 is? Hmmm!!??    Ek gaan probeer om 'n paar fotos op te laai. Dalk kan iemand min of meer die model uitken.

Elarduspark

GerhardM

Mon, 06/05/2019 - 14:26

Miss Daisy dis 'n pre '71 model en dit lyk soos die 580 deluxe. Die gladde plaat was tot by 1971 gebruik en daarna het hulle riffel plaat op die kante begin gebruik. 

Sal graag meer foto's wil sien van buite en binne

Stilbaai

Miss Daisy

Mon, 06/05/2019 - 15:31

Ek sal gou probeer om nog fotos te plaas.  Ongelukkig is die vensters aan die linkersy uitgehaal en daar is nuwe aluminium vensters ingesit.  Ek wil graag die middelste venster uithaal en weer 'n soliede paneel insit.  Ons kibbel nog daaroor. Willem dankie, ek kon ook net daardie 2 fotos kry.  Die boonste een lyk na 'n kleiner model as Miss Daisy.  Die meeste van die interior is reeds uitgebreek.  Al wat oor is is een bankie voor en die hangkaste by die deur.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 06/05/2019 - 15:41

WOW, Hier kom nog 'n pronk stuk.

Sterkte met die projek,  dit gaan net soos die ander manne hier  'n pragtige woning op wiele word👍

Hou ons asb op hoogte met jul vordering, veral daai kiekies.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 06/05/2019 - 18:07

Hallo Miss Daisy, voorspoed met die ou wa. Jy het seker nou al gelees dat ek n 1969 Jurgie het,  heeltemal oorgebou.  Dit is lekker om soos joune dit sonder binnekant te kry, dan kan jy presies insit soos wat gaan werk. En doen maar n hele paar ontwerpe voordat julle begin,  wil nie na die tyd se, " ons moes liefs..."

Neef wil nou nie weghol met n ding nie,  maar onthou die meubels in die wa vorm deel van die struktuur en belangrik om mooi te beplan en te verbind aan die raamwerk. Bv die kas langs die deur is n moet.

Groetnis. 

 

Elarduspark

GerhardM

Mon, 06/05/2019 - 21:19

Ag lekker. 'n Blank canvas en dan is daar nog spasie ook om mee te speel. Soos almal al gesê, beplan mooi voor die tyd. wink Sterkte met al die werk. 

Daai lyk amper soos die oorspronlike groen.

As ek kyk na die lengte en dan die eerste foto van buite, kan dit beslis die 580 of 600 model wees.

580
580 De luxe
600
600

Baie dankie neef Herman.   Ek sal graag vir Jurgie wil sien, het jy dalk 'n verwysing waar ek kan gaan kyk?    Ek waardeer jul raad, ons gaan dit nodig kry. Ons was nog al die jare ligte tent kampers, geen "fancy gadgets', goeters en katoeters nie.  Ons beplan om die wa ook net so eenvoudig moontlik te hou. (maar ek gaan dit beslis mooimaak) 

Mooi dag

ns Die kas langs die deur gaan bly, eenkant klerekas, anderkant kos en kombuisware.

 

Julle het wat destyds bekend gestaan het as 'n 15 voet Jurgens. My ouers het destyds die kleiner een - 'n 13 voet, gehad. Ek dink dit was 'n 1969 model. Daar was ook 'n klein 9 voet weergawe en dan die ou grote, nl 'n 18 voet.

Toe Jurgens in 1972 oorslaan na die geriffelde sykante, het hulle ook oorgeslaan na die model nommers vir die verskillende grotes. Die 15 voet het toe 'n 580 geword. Die 6-bed weergawe was 'n 580A en die 4-bed met die twee afslaan dubbel beddens voor en agter, was die 580B. Die 600 was net so lank as die 580, maar die uitleg het verskil. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/05/2019 - 15:19

Vir een-of-ander rede kry ek nie die draad waar neef ons gewys het toe hy Jurgie opgeknap het nie.

Net dié twee fotos gekry sad  neef kom help asb.

Massey

Secunda

Sleep nou

Tue, 07/05/2019 - 19:31

Miss Daisy daai kantoor op wiele gaan n pragstuk wees as julle klaar is sterkte met projek en gooi so nou en dan asb n foto of tienwink

'n Blank canvas 

Gerhard, dankie,  ek is bevrees as ek klaar is met die wa gaan die manne vir my lag.    Moet die interior soos 'n tipiese karavaan lyk, of mag mens maar jou eie ding doen?  Wat sê julle?  Daardie blank canvas gaan nooit weer dieselfde wees niewink

Johan K dankie vir die inligting.   Hierdie een lyk na 'n 4 bed, (voor en agter) want daar is geen plek vir hangbeddens nie, en 15 voet klink reg.  Nou nog net die jaarmodel kry.  (Ek wag geduldig vir die vorige eienaar)