Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -8 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -10 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -10 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -11 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -12 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -12 hours ago

Die lewe is darem maar lekker!!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Sat, 11/05/2019 - 12:15
Forums

Sit ek nou so op my stoep met 'n lang rum en suig aan my pyp.

Dink toe so by myself, behalwe vir die Bulle se uiters swak vertoning gister, is die lewe eintlik maar baie lekker!?

Vroeg vanogend so lekker ver innie bos in gaan stap, wat is nou lekerder as om vroeg dag voor dit te warm raak in die bos te stap, al die voels se sang te luister, kyk vir spore van al die wild wat vroeer daar verby gekom het. Hoor nie 'n voertuig of mense stemme nie, net jy en die wonderlike natuur!!

Kom ek terug by die kamp, en daar staan Petra reg met 'n top ontbyd; Begin met 'n pomelo wat sy vir my middeldeur gesny het, elke huisie tussen die velletjie mooi versigtig los gesny. Ek kan net die vleis so uitskep en eet. Die word gevolg met 'n lekker vrugteslaai met dubbelroom jogurt, en toe twee snye pumpernickel met lekker dik cheddar kaas en gebraaide bacon bo-op. Lekker verby seg ek jou. Dit word toe afgerond met 'n beker moerkoffie met kondensmelk.

Net mooi klaar ge-eet of die eerste vriende daag op vir 'n kuiertjie, is mos lekker so geselsie met 'n vol maag? nogals interesant hoe ons verskilende groepe vriende het, party sien mens net by die selfde oorde, ander sien jy by verskeie oorde en ander net op die jukskei baan?

Dan is daar nog al die forum vriende; Baie darem al persoonlik ontmoet en mee saam gekamp, maar almal deur die bank gaan uit hul pad om die lewe vir jou interesant te maak. Party probeer hul bes om my om te krap met hul bog stories oor Ford, dink nou hier aan ons eie mak spokie en ook aan ons eie vleisballetjie. 

Die hulp wat ek al van vriende hier ontvang het is net ongelooflik, dink nou net onlangs, Slowstrike wat vir my 'n "deep cycle" betery skenk. Wilsur wat toe hy hoor van my probleem met die jockey wiel somer klaar die nodige onderdeel gaan koop het en dit nou vir my sal stuur!!

Nou wie se nou ons bly nie in die pragtigste land met van die beste mense in die wereld nie??

Wat meer wil mens dan nou he?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 11/05/2019 - 18:39

Arie, dit is 'n mooi waarheid.

Daar is maar net een Suid Afrika, en veral die Weskaap se mense wat ook my hartsnare aan geraak het.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 11/05/2019 - 19:54

Sit ek nou hier in my stoel met n kombersie oor my bene en kyk hoe gaan ethereum se prys op, op die internet en dink oor oom Arie se stelling dat die lewe lekker is.

Die lewe is voorwaar lekker en baie mense bevoorreg, soveel so dat mens maklik daarteen "immune" raak en dit nie meer soort van besef nie. 

LOL, dink dit is al eers van my, soveel om nog daaroor te sê........

Secunda

Sleep nou

Sun, 12/05/2019 - 06:02

Ja die mens dom kan soms uit haal en wys kyk nou net vir ou gesie meeste tyd maak hy ons bang maar soms is hy diep soos Koos Dupwink