Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58200 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Viva Steers!, Viva Wimpy!,… Padkos of Take Aways? GeesWatWandel -7 minutes ago
Lank lewe padkos!  Padkos of Take Aways? Voortrekker -1 hour ago
Johann, dit is baie nice… Inverters ... Noel -1 hour ago
Willem, jy is baie fluks… Willem en Verf Noel -1 hour ago
Martina Martinlova (… Tennis Noel -1 hour ago
Goeie dag maters. Geniet… Augustus 2019 Koffiekroeg Noel -1 hour ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago

Vegatarier

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sat, 11/05/2019 - 21:53
Forums

Herman se inset onlangs ivm beeste wat die dood ruik,  en magteloos staan en op hul beurt wag, skaap wat se keel af gesny word, hoenertjies in baterye ens ens, het my ernstig laat na dink,  dit is nie 'n lekker dink gewees nie. 

Kyk, toe besluit ek mos, na lange, diepe ernstige betragting, ek gaan nooit ooit weer vleis in my huis in bring nie, ek gaan nou 'n properste vegaterian raak. So besluit ek, nooit weer kom vleis in my huis nie. Makliker gesê as gedaan.

Dit het goed gegaan vir 'n rukkie, so 24 uur, toe gaan braai ek maar 'n vleisie buite, mens moet mos nie oor haastige besluite neem nie, en dit is mos nie in my huis nie,  maar nou kom die probleem in, dit raak koutirig in die aande, en ma wil nie by my kom sit nie, sy reken, ek is van my kop af. Dalk is ek? 

Toe sy nou vir my so lelike ding toe snou, vertel ek haar stryt, dit is nou soos vrou mense se dieet storie, dit werk mos so, elke Maandag begin hul dieet, dan Woensdag, vergeet hulle van dit, en maak op vir lost time. 

Nou ja, ek maak nou op vir lost time, eet nou maar weer vleis in die huis, niemand kan my seker blame nie, of wat praat ek alles.

 

Secunda

Sleep nou

Sun, 12/05/2019 - 05:59

Die vleis ding nee wat ek eet ook maar minder groente koop m bottle rooi wyn op op te maak virrie groente maar vleis nee my bord wag vir hom soos baie mense my ken en se gee vir Shaun pap en vleis en eiers en hy is gelukkigsmiley

Waar my wa staan

Arie

Mon, 13/05/2019 - 11:38

Kyk oom vleisballetjies en ek verskil erg oor motors [shame party mense weet ok maar nie van beter nie, dan koop hulle 'n Toy] maar oor vleis stem ons 100% saam!!!

Ek leef op vleis, rys, brood, pap en vleis, het ek genoem dat ek eintlik net vleis eet? Ek glo nie enige mens wat my ken sal na my as vet verwys nie?

Natuurlik moet ek dan noem dat maalvleis en wors nie in my opinie vleis is nie, dit is maar 'n lekker by kos. Nee wat so lekker dik stuk runderlap [steak] wat nog so lekker rooi is binne met 'n dik vet rand buite om......... man hoe water my bek nou!  Ek eet baie maklik vir my hoof maaltyd net vleis sonder enige iets daarby, sal iets soos pap of rys in die laaste helfte van die maand saam met my vleis eet. Dan is daar natuurlik nog biltong, so lekker stuk beesbiltong, nog so half nat met 'n dik stuk geelvet aan, jy eet daai kos dat die vet so in my baard inloop!

Moet ook nie dat die sogenaamde slim mense julle ore aansit nie, groente en daai goed is beslis nie gesond vir 'n mens nie.

Ek leef van dat ek kan onthou net op vleis, [my pa was ook so en hy het eleef tot in sy neentigs] en ek is baie gesond, word omtren nooit siek nie. ek hoef ook nie maandeliks 'n mandjie vol kroniese medikasie by die apteek te kry nie, geen bloeddruk, cholestrol of enige probleme waarvoor ek elke dag 'n klomp pille hoef te sluk nie.

Ek glo natuurlik die rokery van my dra ook baie toe dat ek so gesond is, seker maar die plante waarvan hulle tabak maak, is seker ook maar groente?

Ek wonder baie keer of die vegetariers se bekke ook kwyl as hulle gras sny, en dan daai vars gras ruik?

Ek wonder baie keer of die vegetariers se bekke ook kwyl as hulle gras sny, en dan daai vars gras ruik?

 

Wonder ook oor daai een Ariecheeky 

Ja, nee kyk, met n stuk vleis sal jy my enige tyd onder n wip kan vang.

Voorlaasnaweek daar by die viswaters weer my lekkerste arm man vleis op die kole gegooi en gebraai,

Lekker groot stuk chuck en vet geelvet brisket!!!!!

Maar man!!!!!