Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -9 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -11 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -10 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -11 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -12 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -13 hours ago

Sleepstang vir 2007 RAV4

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 13/05/2019 - 08:37
Forums

Ek is op soek na 'n sleepstang (towbar) vir my 2007 Toyota RAV4. Volgens HiQ hier in Worcester word daar net vir 7 of 8 jaar na die kar die eerste keer vervaardig is sleepstange gemaak vir voertuie. Hulle verskaffer het net 'n Thule gooseneck wat R7500 kos!

Is hier nie dalk iemand wat 'n 2007 RAV4 het met 'n sleepstang wat hulle nie meer gebruik nie (wat is die kans?!) of 'n skrootwerf het waar daar een is wat ek kan koop nie?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 13/05/2019 - 13:54

Ai, hoop jy kom reg Wildehont, maar R7500.00 is nie vreeslik duur nie, ek het gehoor van die ouens betaal meer as R10 000.00 vir 'n slerpstang saam net installasie.

 

Worcester

Wildehont

Mon, 13/05/2019 - 14:38

Dankie Johann

Ek het seker heeltemal te lank laas een laat aansit. My laaste paar voertuie het ek gekoop met een reeds aan. Ek het een aan my Everest vir my kampeer sleepwa maar wou een kry vir 'n kleiner sleepwa vir die RAV as ons nie gaan kampeer nie en om dinge mee aan en weg te ry by die huis want ek het nie meer 'n bakkie nie. Ek het nie beplan om veel meer as R10k te bestee aan die sleepwa nie so om nog amper soveel vir 'n sleepstang te betaal raak te duur.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 14/05/2019 - 21:00

Ja, daai dae wat ons sommer self van "sq tubing' en ''angle iron" 'n sleep stang gebou het, is verby. Ek onthou nog hoe lekker ek vir my ou Big Six een self gebou het. Drade direk van ligte en flikker ligte na 'n 7 pin sok en daar gaan jy.