Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -9 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -11 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -11 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -12 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -13 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -13 hours ago

Amateur kan

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Mon, 13/05/2019 - 18:56
Forums

Dagse maters.

Synde ons nie juis kan wegkom vir n langerige kamp nie, moet neef hom maar besig hou. Hier is n harde kappie vir die Triumph wat seker al twee jaar gelede as geskenk ontvang het. Die dakkies is vreeslik skaars, jy sit dit op as nodig, en haal weer af as jy wil. Onthou nou dat daar 40 jaar verloop het sedert die vervaardig is, en die Engelse staal was maar bra goor gehalte, dus is die wat buite gele het vrot geroes.

So besluit ek dat dit nou tyd raak, seker al n maand gelede, en na n dag of twee se staar, en staar, is daar begin. Vandag die eerste laag swart opgesit, die dakkies het swart van die fabriek gekom.

Kappie

Redelik roes op, kyk die teenoorste kant binne. 

Kappie1

Sweis stukkies in waar nodig.

Kappie 2

Die dak het duidelik buite gele, lyk of dit hael gekry het van bo en onder.  Nadat die duikies uitgetik is, word onderlaag gespuit en dan n lagie swart. Sodra mens skuur totdat metaal begin deurkom, sal die swart die lae gedeeltes uitwys. Ons praat nou van regtig klein depressies. Hier is helfte geskuur. Die proses word herhaal totdat die skuur nie meer swart wys nie, en net n konstante onderlaag kleur.

Kappie 4

Volgende soek mens die klein merkies en vul dit met n baie fyn vuller. 

Kappie 5

En daar lyk dit sommer spiekeries. Dit blink so mooi die berg se refleksie wys .

Kappie 5

Volgende moet daar n voorbeeld gemaak word vir die ruit, dit gaan ook n rukkie se staar wees.......

Groetnis.

 

 

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 13/05/2019 - 20:11

Herman, dit lyk, op die laaste foto,  soos iets wat nou het uit die fabriek kom. Netjies!

Ek sit net so rukkie terug, en gesêls met my vrou oor al die talent op die forum, en hier weer een van daai projekte.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 14/05/2019 - 13:37

Laat ek gou verduidelik waar die "Amateur kan" vandaan kom.

Daar is n gesegde, " Given enough time, an amateur can do anything". So Voorie, voorspoed met die projek, wag in spanning vir fotos.wink

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 15/05/2019 - 07:07

Dankie, ook maar goed, mooi van ver af en ver van mooi af ! Die dakvoering is nog n storie, sal moet sien hoe daar gemaak word. Agtervenster moet van plexiglas gemaak word, oorspronklike nie meer beskikbaar. Sal n foto plaas as dit klaar is.

Die de Soto kom vandag.Desoto

Gaan dit eers bietjie aanstaar voordat begin word. Lys maak van wat benodig word, kyk waar kan wat opgespoor word. Invoer met wisselkoers gaan pla, maar dit is nou maar so. Plan is om eers meganies op te knap, dan wil ek die "Bull run" en " Nutts and bolts" gaan ry. Daarna sal bakwerk afkom vir die volle restorasie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 15/05/2019 - 09:31

Die trokkie het met 3 wapens uitgekom, de Soto was vir Latyns Amerikaanse mark, Dodge vir Amerika, en Fargo vir Kanada. Lyk my van almal het hier uitgekom. Die enjin is deur Chrysler gebou, straight 6, n " flat head" van 3, 8 liter met 5-1 kompressie. Sowat 100 perdekrag.  Brandstof verbruik iets vreesliks. Die selfde enjin was ook in trekkers, Harvesters etc gebruik.

Vandag se stukkie nuttelose inligting. sad