Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -52 minutes ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -3 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -5 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -6 hours ago

EB versus EC lisensie

Brits
Submitted by wessels on Mon, 10/06/2019 - 14:57
Forums

Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel

Attachment Size
Kode EB1 dokument 121.07 KB

Middag Willem

Ek stem, jou plaatjie is effe onduidelik betreffend wat al die gewigte aandui.

Kyk eerder in sy boekie wat hulle daar spesifiseer, ek het toentertyd my info daaruit gekry.

Ek het intussen duidelikheid gekry oor 'n verdere punt. Sodra jou wa se GVM die lisensiegewig oorskrei, moet jy ekstra remme opsit. Met EB mag ons 'n wa sleep met 'n GVM van tot 3500kg, onderhewig aan bogenoemde.

Groete 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 10/06/2019 - 17:01

Kyk eerder in sy boekie wat hulle daar spesifiseer, ek het toentertyd my info daaruit gekry

Sal kyk Wessel.

Ja, wat die karavaan se gewig betref het ek juis destyds die karavaan opgestoot om net onder die Ford se Tarra te wees.

Ford se Tarra is 2090kg en die Karavaan se GVM is 2050kg.

EB lesensie mag jy sleepvoertuig ry van 3500kg en sleep wat jy wetig met voertuig mag sleep. Die gewig het betreking op die sleepvoertuig.

Lees wat die wet sê, Soos ek reeds verduidelik in 'n ander post  is elke tipe lisensie gekoppel aan 'n MAKSIMUM gewig wat jy mag bestuur. Dit beteken jou totale gewig wat jy mag bestuur vir 'n EB is 3500km. So word elke Lisensie-kode beperk tot 'n maksimum gewig wat jy mag bestuur. Hier is die wet vir die EB-kode lisensie.EB lisensie

Ek het die onderwerp al op verskeie FB-posts bespreek en meeste ouens het 'n mispersepsie van wat die wet werklik sê, almal lees dit verskillend. Ek het dit met die verkeersafdelig gaan bespreek en almal sê presie dieselfde. Elke kode-lisensie het 'n GEKOMBINEERDE MAKSIMUM gewig wat van toepassing is en jy mag dit nie oorskry nie. 

Die wapad.

Koos Mol

Mon, 10/06/2019 - 21:45

Tora as ek jou reg lees:   Vir 'n EB lisensie is die maksimum gekombineerde massa van voertuig en sleepwa wat jy mag bestuur, 3500kg.   Is dit tara of gvm?

Dus kan ek met my Ranger (tara 2080kg) net 'n wa van 1420kg gvm sleep met EB lisensie. As dit kombinasie massa van 3500kg is kan 'n ou met 'n Discovery nie eers 'n ventertjie sleep met 'n EB lisensie nie.

Is daar iets wat ek mis?

Koos : 'n EB -kode laat jou maksimum 3.5 ton toe om te bestuur. Daar was 'n Artikel wat meeste van die Bakkies se tarras genoteer het en wat hulle mag sleep. Hy het van die Kampwaes op die mark daarby ingesluit ( gebaseer op hulle gewig ) en soos jy sê daar is talle wat nie aan die vereistes voldoen as jy net 'n EB het nie. Ek het met die verkeersafdeling gaan praat oor die aspek want ek wou 100% seker maak van my feite voordat ek dit in my Handleiding/boek plaas. Wat die ou gesê het is hulle kyk net na die Tarra van jou voertuig en die Tarra van jou kampwa, as dit onder 3500kg en jy het 'n EB dan is hy tevrede. Hy het ook bygevoeg dat hulle nie die gewig wat gelaai is mag skat nie, en kan jou dus nie beboet vir oorlading volgens jou lisensie nie behalwe as jy by 'n beergbrug afgetrek word en hulle die werklike gewig het. Die versekering het presies dieselfde sienning. 

Die ergste is meeste slepers besef nie wat die implikasies is nie.

Tora, ek stem 100% saam, as die onvemydelike gebeer dan is daai ouens "wat beter weet" die wat die meeste kerm oor hoe swak 'n sekere korttermein versekering is maar hulle het self nie gesorg dat hulle kant skoon is nie.  Die algemene sienning is om net die verkeersbeamptes gelukkig te hou al is dit nou met 'n coke wat R200 kos, maar dink glad nie aan versekering nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 11/06/2019 - 09:38

...............nog 'n  punt van my kant af :-

  • Daar is verskeie verkeersdepartemente onder verskillende provinsies en hoe een persoon dit in een van hierdie departemente dit toepas kan hemelsbreed verskil van 'n ander departement/verkeersbeampte
  • Die feit dat daar nou al vir jare nie klink-klare sekerheid is onder die hele karavaanbedryf nie, laat my juis twyfel of daar iewers 'n verkeersbeampte in Suid-Afrika is wat in staat is om 'n oordeel oor hierdie saak uit te spreek  -  veral die "how are you" dametjie  met die groot agterstewe wat vir jou lisensie vra by 'n padblokkade.  Ek is oortuig daarvan sy kyk net na die vervaldatum van jou lisensie.
  • Verder nog, met al hierdie jare-lange verwarrende duisterhede oor hierdie onderwerp, sal ek graag wil sien watter staatsaanklaer sal kans sien om hierdie saak in 'n hof te beveg.
  • Wat versekering aanbetref, ek dink die afkeuring van 'n eis word heeltemal oordryf.  Is daar al ooit iemand wie se karavaan-eis afgekeur is as gevolg van 'n onvoldoende bestuurderslisensie ?  Tussen al my familie, vriende en kenisse wat sleep weet ek nie van 'n enkele geval nie. Kom ons vra vir Johann of die versekering enigsens sy bestuurderslisensie gekontroleer het met sy onlangse ongeluk-eis ?

Middag Tora en ander slepers

Met verwysing na my aanhangsel is dit duidelik dat;

1] 3500kg verwys na die wa se GVM

2] indien die wa inloopremme het, jy enige gewig mag sleep tot met die lisensiegewig van jou voertuig

3] indien jy 'n swaarder wa [tot met 3500kg] wil sleep, wat jou sleepvoertuig se lisensie gewig oorskrei, dat jy EKSTRA remme op die wa moet aanbring.

Wat nie hier genome word nie is die feit dat jou Gross Combination Mass [GCM} nie jou voertuig se spesifikasie mag oorskrei nie.

Ek is oortuig dat die reels meer omskrywend en duidelik is as wat Tora hierbo gegee het.  Die meeste dubbelkajuit en ander sportnutsvoertuie se gespesifiseerde GCM is meer as 3500kg en almal ry daarmee, hetsy bloots of met wa gehak. Dus kan Tora se vertolking nie reg wees nie.

Groete

Wessel

 

En daar begin die argument weer van vooraf. Ek het net die wet vertolk soos dit aan my verduidelik is deur 'n kundige op die gebied. Ek het nie my eie afleidings of persepsie weergegee nie. Elke ou moet maar self besluit of hy reg of verkeerd is in sy vertolking. 

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 11/06/2019 - 12:10

TORA

Ek glo nie dit is 'n argument nie, maar glo dit is nodig om dit met ander te deel voor hy/sy besluit wat reg of verkeerd is.

En daar begin die argument weer van vooraf

Ek het lank terug ook orals gesoek na antwoorde maar kry nie die klomp nie (miskien op die werk se rekenaar toe ek nog daar was).  Maar hier is wat ek nou kon kry voorlopig.

1.5 Type of vehicle
       The test is designed for the testing of drivers of:
(i) articulated motor vehicles of which the gross combination mass
      of the truck-tractor is not more than 3500kg, and
(ii) combinations of motor vehicles consisting of a drawing vehicle
       and a trailer, of which the tare/gross vehicle mass of the
       drawing vehicle
is not more than 3500kg, and the gross
       vehicle mass of the trailer is more than 750 kg
.

Dit het ek gekry op hierdie skakel.  Hoop hy werk, sal die pdf vir Anton stuur om aan te plak.

Volgens my is hierdie twee dele duidelik dat die voertuig en/of die sleepsel nie 3,500kg mag oorskry nie en dit is nie die gesamentlike gewig van die twee nie.