TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61827 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef stem nie saam met die… Katalisators neef Herman -35 minutes ago
Sitplekke en deurpanele Amateur kan Willem Brits -37 minutes ago
Willehont, die man by wie ek… Amateur kan neef Herman -47 minutes ago
Spoggerig! Is die plan om… Amateur kan Wildehont -1 hour ago
Sitplekke en deurpanele in… Amateur kan neef Herman -2 hours ago
Katalisators Katalisators Willem Brits -2 hours ago
Wessle:

Die "controller"…
Froggy Bederf Harry Du Randt -2 hours ago

Hulp met verslawing asseblief

Worcester
Submitted by Wildehont on Fri, 14/06/2019 - 09:09
Forums

Ek het 'n duur verslawing. Ek het dit ongelukkig by my ouers geërf omdat hulle dit vir my van geboorte af gegee het, so ek is nou al meer as 47 jaar daaraan verslaaf. Dit benadeel gelukkig nie my gesondheid nie, inteendeel. Dit kos egter elke jaar al hoe meer want ek het dit vir my kinders ook begin gee van geboorte af, en soos hulle groter raak, kos dit al hoe meer.

Hier is ons probleem. Ons móét een keer 'n jaar Kruger wildtuin toe gaan, maar ons bly in Worcester en dit is te ver om te ry en vat te lank as mens daarheen ry. Ons moet dus vlieg (wat klomp geld kos), 'n kar huur (wat nog 'n klomp geld kos) en kan nie kampeer nie want al ons toerusting is by die huis, so ons moet in hutte bly (wat nog 'n klomp geld kos).

Ek het al bietjie rondgekyk om eerder 'n dubbelkajuitbakkie te huur wat met al die kampeertoerusting toegerus is, insluitende daktente. As ek die sommetjie maak vir 9 aande se verblyf in die Kruger wildtuin werk dit egter maar R1 283,54 goedkoper uit. Dan sit mens ook met die probleem dat jy elke oggend die daktente moet afslaan voor jy op 'n wildrit kan gaan, en 'n dubbelkajuit se agtersitplekke het bitter min beenruimte. Ons tweetjies sit albei nog in karstoeltjies en ek is 1,98m so ons pas nie so lekker in nie.

Het iemand vir my 'n beter oplossing of is daar iemand in Gauteng wie se sleepvoertuig en karavaan ek kan huur? Ek is bevrees ek gaan nie meer vir lank ons verslawing kan bekostig nie, en dan gaan ons al vier ly aan onttrekkings simptome as ons nie meer Kruger wildtuin toe kan gaan nie. Vanjaar se toer begin oor net meer as 'n maand en is reeds voor begroot, maar ek moet nou planne maak vir volgende jaar s'n. 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 14/06/2019 - 17:45

Wildehont, die lewe met kleuters is regtig maar moeilik. Ons het kamp laat vaar op die ouderdom en net hutte  gebly. Wat ons wel gedoen het, was om kombi te ry sodat daar baie plek was vir die hengse pakasie.  Bed is gemaak agter sodat die spaar drywer en kroos kon slaap. Gewoontlik so laat middag vertrek en dan deurnag gery, ons 2 maak beurte en kon sowat 1500km aaneen doen, dit vat jou seker van Woester tot Wiltuin. Het selfs een keer van Knysna tot in Richardsbaai gery so, 1700km, dit was effe rof.

Worcester

Wildehont

Tue, 18/06/2019 - 08:52

Neef, ons het ons tweetjies van geboorte af gewoond gemaak aan gat skuur en hulle is baie lief daarvoor om weg te gaan. Hulle is darem al verby die kriewelrige stadium wat hulle nie wil stilsit in die kar en nie wil vasgemaak raak in hulle karstoetljies nie ook. Hulle kampeer ook al van kleins af en daarmee sukkel ons gelukkig nie. Hulle geniet dit. Ons het egter nog nooit so ver gereis met hulle per pad nie. Dit was maar nog altyd hier in die Wes-Kaap en Oos-Kaap rond en tussen Gauteng en die KNP.

My groter probleem met laasgenoemde is egter nie die afstand nie maar tyd. As ons moet ry KNP toe van hier af het ek ten minste 4 dae se ekstra verlof nodig vir die reis. Dis ook 'n hengse klomp slytasie op die voertuig, en as mens dit by die duur brandstof tel raak dit wild. Ons moet dus maar vlieg, en dan sit ons sonder ons kampeertoerusting daar bo.

My pa het ook 'n kombi gehad wat ons net vir die jaarlikse trip wildtuin toe gebruik het. Hy het dit spesiaal daarvoor ingerig. Die middelste bank is uitgehaal en hy het 'n bank ingebou teen die regterkant tussen sy sitplek en die agterste bank. Daarop het my ouer broer geslaap. My ouer suster het op die agterste bank geslaap en ek op die enjin heel agter. Hy het gordyntjies ingesit reg rondom van agter die voorste sitplekke af. Hy en my ma het in 'n hut geslaap en ons drie in die kombi buite die hut.

Toe hy die kombi verkoop het na ek uit die huis uit is het dit net 19 000km op gehad. Ek is nou nog kwaad vir myself dat ek dit nie gekoop het nie, want dit was in tip-top toestand. Dit was egter 'n 4-spoed 1900 lugverkoelde enjin en hulle was lekker dors. Ek het 'n 2011 Ford Everest en die ding het genoeg pakplek vir al die negosie wat mens saamsleep met kleuters. Ek het die pas afgelope naweek selfs hulle fietse agter ingepas en kleinboet ry nou al 'n trapfiets. Ek dink egter nie ons sal ooit die pad al die pad wildtuin toe daarmee aandurf nie.   

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/06/2019 - 12:23

.......Mammie is natuurlik ook Kaapenaars wat verslaaf is aan die Kruger Wildtuin en karavaan-kamp. Ons het met drie slapende kleintjies in die Cressida Stasiewa, ingeryg soos sardiens, die tog oornag aangepak tot in Pretoria met ons Gypsey Caravette 6 agteraan. Daar het ons eers gerus en asem geskep en dan 'n dag later Wildtuin toe vertrek, gewoonlik 2vm vertrek om dan 7vm by die Wildtuin in te gaan.

(Interessant, ons Caravette 6 het 'n dubbelbed voor gehad met twee enkelbeddens agter en nog 'n hangmat bo elkeen  -  dus slaapplek vir 6 maar ons was net 5 en die 6de hangmat is vir oornag pakplek gebruik).

Ek weet dis deesdae nie meer moontlik om veilig oornag te reis nie, en oorslaap is 'n noodsaaklikheid.

Daar is geen manier dat ons die Wildtuin sal besoek sonder om te karavaan-kamp nie, maar dit sal vir net ongeveer nog 8 jaar so kan aangaan, dan sal ons moet halt roep.  Eers dan sal ons maar chalets of soiets moet oorweeg.

As ek in jou skoene was, sal ek my verlof probeer rek en tog met my eie sleepvoertuig en karavaan die wildtuin-besoek aanpak.

So het ons destydse kombinasie gelyk :-

.

Worcester

Wildehont

Tue, 18/06/2019 - 13:49

Dit klink en lyk heerlik Oom Len. Soos u tereg sê is die paaie egter nie meer deesdae so veilig soos destyds nie. Ek verkies om glad nie in die aand te ry nie. Dit maak die reistyd nog langer...