Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -20 minutes ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

"Pimp my Stand"

Centurion
Submitted by Voortrekker on Mon, 17/06/2019 - 17:04
Forums

Pimp

Hierdie man het besluit hy het 'n groter kombuis en waskamer nodig laugh​​​​​​

Pimp

Plaveisel vloere ... 

Pimp

Pimp

Pimp

Pimp

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 17/06/2019 - 17:36

Dis nie lang-kamp dié nie, dis niks anders as plak nie.

Soiets sit my heeltemal af by 'n kampeer-oord.

Ns.  Nie seker wat "pimp" in die opskrif beteken nie, maar my Oxford Dictionary beskryf "pimp" as "a man who solicits clients for a prostitute or brothel".

Is hierdie ou dus besig om 'n bordeel te bou ?

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 17/06/2019 - 20:05

Bordeel... maar met die plastiek stoele as, " front of house shop fittings"  is bekostigbaarheid die besigheidsplan. Kyk neef het nou nie die rooilig areas in die wereld deurgetrap nie, maar by so " establishment" hou ek verby, en.. ek is n maklike customer !!!!  Nee Lennie dus nie n bordeel nie. Maar dat dit effe soos n h..r se hansak lyk, is naby. 

Dit moet seker bitter rof gaan met mens om so te leef, in my oë is die niks lekker nie. Ons is lief vir kamp, maar die alledaagse lewe is regtig so aangenaam dat om n tydjie te kamp, is om net n kersie op te sit. Dankbaar daarvoor.

Centurion

Voortrekker

Tue, 18/06/2019 - 10:07

Die mense kampeer sedert Februarie 2019 tot Januarie 2020.   Hulle wil eers die huurders in hulle huis wie 'n dogter in matriek het kans gee sodat sy skool kan klaar maak hierdie jaar - voordat hulle die huurders uitsit. Nou kamp hulle maar so semi permanent tot daardie tyd.

Ek het eintlik die draad begin vir Arie en Koos Mol om vir hulle idees te gee vir hulle lang kampeer staanplekke smiley

Secunda

Sleep nou

Tue, 18/06/2019 - 10:30

Hierby ons dam by Unicor staan mense ook so my pa het altyd gese jy kan dalk arem wees maar altyd netjies did iets wat ek altyd sal onthou

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/06/2019 - 11:40

Ten minste het hulle 'n goeie hart om hul huishuurder se dogter kans te gee om eers matriek te voltooi.

Ek het nog nie persoonlik Arie se opset gesien nie, maar in Koos se geval kan ek jou waarborg, hulle opset is pynlik netjies, altyd waar ookal hulle kamp - binne en buite-om hulle staanplek.

Dit laat my dink aan John van Zyl, eienaar van Van Zylsrus waar talle afgetredenes lang kampe doen, se eis dat jy kan lank staan, maar jou opset moet altyd lyk of jy met vakansie is. Daarvan hou ek baie !

Ek vergelyk sy opset nou byvoorbeeld met die van Arie-hulle.

Jy kan nie vergelyk nie, Arie se set-up is pynlik in die gat netjies met geen ding wat uit sy pad is of rondle nie.

Die een op die prentjies lyk soos plakkers.

(Selfs Arie se 5 blaar groente tuinjie is netjies)

Jozie

It'l Dodat

Tue, 18/06/2019 - 12:13

Nothing in Yiddish can be directly translated.... Yiddish is a language that's unique to itself, but I'll try to translate...

How are you able to judge somebody, until you have walked the same path, for the same distance, with the same stones that are in his shoes.....

Just saying.....

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 18/06/2019 - 14:20

Jammer dat ek so gou ge-"judge" het ! 

Nou dat ek weer kyk, alles lyk pragtig, netjies, gemaklik en gesellig !  'n Lekker mooi kamp-atmosfeer.

Ek probeer om nie ander te "judge" nie, maar ek voorsien eersdaags lyk dit ook soos wat Joos Becker-karavaanpark in Pretoria deesdae uitsien :

.

.

Centurion

Voortrekker

Fri, 21/06/2019 - 17:43

Die groen seil op die eerste foto was net 'n tydelike oplossing om die opening daar toe te maak.  Die volgende dag was dit netjies toe met hout - maar ek het ongelukkig nie 'n foto geneem daarvan nie - ek wou nie meer indring op die man se privaatheid nie.    Hy het darem toestemming gegee dat ek die foto's kon neem en hier op kampforum plaas smiley