Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57240 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -14 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -35 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -38 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -49 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -1 hour ago

Wie kamp waar die Augustus langnaweek?

Submitted by Frikadel on Wed, 26/06/2019 - 11:03
Forums
Ek besluit nog??
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 26/06/2019 - 11:50

Nie ons nie, maar twee weke daarna vertrek ons vir 'n trippie na Addo, Bergkwagga en Karoo Nasionale Parke.

Middag vriende

Ek probeer om langnaweke en skoolvakansies te vermy. Daar is dan net te veel mense in die kampe waarheen ek graag wil gaan.

Die gewoonte het begin selfs met kinders in die huis, bloot omdat hulle nooit op skool was nie. Sommer via tuisskoling by universiteit se voordeur ingeglip.

Groete

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 26/06/2019 - 17:09

As pensionaris, vermy ek lang naweke en vakansies so ver moontlik, maar met die kleinkinders is dit besig om weer "mode" te raak, tot dusver nog geen planne gemaak nie. 

 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 26/06/2019 - 20:51

....om einde Aug vir so 4 - -5 dae in Addo te gaan kanp. 

Ons is baie lief vie Addo (en al die ander parke) en dis sommer hier by ons. Ons vat ons ketties saam en skiet elke aap wat ons sien die bome in.

Soos ek al voorheen gesè het oorweeg ons ook om vir so 2 weke (Feb/Mrt) 2020 Kgalagadi toe te gaan. Ons was hierdie jaar nie daar nie en kry nou ontrekkingsimptome.  En daar is nie ape nie!

Secunda

Sleep nou

Thu, 27/06/2019 - 07:36

Die mollers van petrol dorp kamp die Augustus by Sasol Nitro is op shutdown vir 5 weke 2019 is die jaar wat ons nog die minste gekamp het

Môre Sarel

Ek sien jy verwys na Kgalagadi en dat daar geen ape is nie. Ek aanvaar daar is ook nie ander klein diertjies soos olifante nie. Ek het net genoeg van die spesie gedurende my afgelope besoek in KNP gehad. 

Ek het plek in Twee Rivieren gedurende Mei 2020, skuif jou lus, dan loop ons mekaar daar raak.

Groete  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2019 - 10:26

Wessel, in jou afwesigheid sal ek maar in Mei 2020 met plesier jou probleem-spesies gaan verduur  -  klaar bespreek.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Thu, 27/06/2019 - 11:08

...dat daar nie diertjies soos olifante, buffels en renosters is nie. Maar boeta, as jy wil gróót sien, wag tot jy 'n swartmaanhaar Kgalagadileeu sien. Hy laat 'n Krugerleeu skoon verwese lyk. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie dat 'n Krugerleeu nie mooi is nie. Natuurlik is hy. Dis net dat die Kgalgadileeu soveel mooier is. Kom ek stel dit vir jou so, ek skat dat die leeuwyfies in die Kgalagadi so 'n rapsie groter as die mannetjies in Kruger is. 'n Kruger mannetjiesleeu sal byvoorbeeld twee keer dink voor hy 'n Kgalagadi luiperdmannetjie sal aanvat.....

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Thu, 27/06/2019 - 11:21

wat jou voorstel dat ek ons besoek aan Kgalagadi moet skuif - die probleem is dat ek nie nou meer op Mata-Mata en Nossop staanplek sal kry nie. Waarom dit so is weet ek nie, maar as jy gaan kyk sal jy sien dat daardie kampe feitlik heel jaar volbespreek is, behalwe  Februarie, wanneer daar sommer baie beskikbaar is.

Middag Sarel

Voorstel was sommer om reaksie te ontlok. Boonop mik jy vir Mata Mata en Nossob en ek het besluit om vir 1ste keer net Twee Rivieren te besoek. Ek is net baie bly dat ek wel daar 6 nagte gekry het. Sien uit na my blootsteling aan die Kgalagadi.

Wessel

Middag Len

Ek gun jou die Meimaand 2020 besoek aan Kruger. Ek sit klaar en dink om tog maar nadat ek uit Kgalagadi gekom het, plek in Kruger te prober kry.

Ek kan my amper nie voorstel om 'n jaar NIE in KNP te wees nie.

Wessel

Fochville

Lapskag

Thu, 27/06/2019 - 13:31

Skaars maar nie weg nie. Ons sal weer die koue aandurf die lang naweek in Augustus by Eastco Parys langs die Vaal rivier. Lekker rustig daar en so af en toe n raps kouer as op ander plekke. Kan net lekker wees.

Ons was 16 kampeerders die lang naweek in June en lekker wit geryp in die oggende. Niks wat n soet wyntjie en of n beker koffie nie kan reg maak nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 27/06/2019 - 13:41

Ons kamp al die naweke en langnaweke (en 'mid-weeks') tot en met mid-Sep by Eiland Spa. Ons is eerskomende Saterdag reeds 2 weke hier (na ons maand en 'n half in die wildtuin), waar ons fantastiese somerweer (vir ons Bolanders altans) ervaar.

Middag Chris

Gaaf om van die verlore forumlid te hoor.

Geniet die warm weer, hier op die Hoëveld en Bosveld is dit maar koud

Groete

Wessel 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2019 - 15:39

Lapskag (Johan) : Het die ligte aardbewing nou die dag daar in Fochville vir jou 'n bietjie laat wakker skrik ?  Lekker om weer van jou te hoor !

Chris : Dagsê !  Ons mis jou.  Het die sein daar by Eiland Spa nou wakker geword ? Hou asb op "brag" oor julle laaaaaaang vakansie in die Laeveld met heerlike weer.  Hier is dit vrek koud en baie winderig  -  jy weet, winderig soos oumense !