Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -9 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -29 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -50 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -53 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

Kom ons gesels Kamp

Vredenburg
Submitted by HetVis on Thu, 27/06/2019 - 14:09
Forums

Ek is nog nuut in die groep, maar dit lyk vir my of die lede eerder leer spel as kamp.  Die lewe is te kort om net te kan spel.  Kan ons nie meer oor kamp gesels nie?  Ek het eers op my oudag die ware plesier van kamp ontdek.  In my jonger dae moes alles altyd so vinnig gebeur.  Daar was nie regtig tyd om rustig te raak en net terug te sit en die lewe te waardeer nie.    Vertel my asseblief hoe julle kamp.  Is dit met 'n karavaan, of net 'n tent, of 'n kampbussie.  Of enigiets anders.  Wat doen julle om dit gerieflik te maak?  Ek dink aan reën, koue, wind - al die elemente wat ons nie beheer oor het nie.  Ek hoor graag van julle.

Centurion

Voortrekker

Thu, 27/06/2019 - 14:24

Ons kamp met 2 jong latte, 3 en 7 jr oud so dit gaan lekkerrrr.  Die trailer tent werk baie goed met 'n lekker kamertjie vir die 2 latte in die add a room waar hulle kan kom en gaan.  Ek en vroulief slaap bo op die trailer bed waar ons die tent slotte lekker kan laat klap, veral as die wind waai. smiley​​​​​​

Gazebo word opgeslaan as ons langer kamp en die opslaan lang tafel en bankies werk lekker vir saam sit enneet of kuier om die tafel.  

Nee wat, ons kamp sommer 'n bos uit enige hond uit en daar word elke aand vuur gemaak en gebraai!  En bier gedrink totdat my pens vol staan!  yes

Kmp

Fochville

Lapskag

Thu, 27/06/2019 - 14:34

Ons het ook eers met die tent gekamp, ek en vroulief, nou is ons bevoorreg om ook 'n karavaan te besit. Winter en somer is reg met ons. Sit maar 'n paar kooltjies in 'n bakkie onder ma se stoel vir die koue en daar vat hy, kamp hond om die bos en deur die bos en uit die bos.

Tussen ons twee slaan ons binne 'n uur op en dan is dit rustig word tot ons weer moet oppak, wat altyd die slegste deel is. Weens tyd en finansies, kuier ons gereeld hier langs die Vaalrivier by Eastco, lekker rustig vir ons.

Ons kamp ook winter en somer 1 tot 2 keer n maand. gaan oor die wegkom en onspan. ons slaan minimum op so vat ons so 20 tot 30 min om te setel van ons deur die hek ry.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2019 - 14:41

Nouja HetVis, daar het jy dit nou !  Soos jy seker agtergekom het, ek sukkel my gaai af om Kampforum aan die praat te kry.

Ek aanvaar jy is 'n hengelaar (jou forumnaam gee jou weg) en vertel gerus 'n bietjie meer van jou kampervarings en voorkeure.

Om op te maak vir my spelling oortreding, het ek 'n draad begin oor watervoorsiening by jou kampopset.  Hoop om van ander ouens in dié verband te hoor.

Secunda

Sleep nou

Thu, 27/06/2019 - 17:35

Kamp met die tente volgende jaar Swing koop en ek besig om off grit ook te kamp ja kamp is koning

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 27/06/2019 - 19:26

Hetvis, dit is 'n lekker gesprek hierdie, ek hou daarvan om oor ons kamp ervarings te gesêls👍

Ons kamp winter, somer, reen of sneeu, elke kamp maak ons lekker, ongeag wat die omstandighede is, my vrou is die sussie, sy kry gou koud (koes), ek kry weer baie gou warm ('n winter baba, gebore in 'n koue plaas huis naby Lichtenburg).

Ons kamp met 'n Jurgens Penta, en sleep hom,  of is dit nou haarwink met 'n Kia Sedona 2.9 CRDI.

Penta kamp
Hier was ons net met die ralley by Eastco Magalies.

Wanneer ons kinders en kleinkinders saam gaan, wat baie gebeur, slaan ons die voltent op, ek het 'n add a room laat maak, wat die voltent se stoep, in 'n L vorm verander, dit gee 'n baie groot ekstra kamer waarin my kinders slaap. Die kleinkinders, slaap natuurlik binne saam met oupa en ouma. 

Pent
Hierdie foto wys die voltent, met die add a room.

 

Fochville

Lapskag

Fri, 28/06/2019 - 07:58

Nou bekyk ek Voortrekker se opset so van die kant af, dan stem ek saam met wat Len gesê het."n Dogterjie sal mooi lyk as sy in daai tent trailer rond harloop en pappa Voorie staan bree bors en kyk en kan nie vinnig genoeg keer nie." Sal dit nie 'n mooi gesiggie wees nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2019 - 12:25

Terwyl ons nou op die "topic" is, dit kan tog ook kampverwant wees, ek meen as gevolg van kamp.

Ons was net twee seuns, ek en my broer.  My eerste kind was 'n seuntjie en die tweede enetjie toe ook 'n seuntjie en die derde probeerslag lewer toe wraggies 'n dogtertjie op !  Dit was en is nou nog wonderlik om ook 'n dogter te hê !

En nou het ek twee kleindogters en 'n kleinseun  -  wonderlik !

O galla Len, ek weet nie watter jaar laas ek 'n vis gevang het nie.  Wat ek wel goed kan onthou, is dat ek my man se baie kosbare knipmes verloor het met een van my visvangpogings.  Ek is ook maar gereeld in die moeilikheid oor stupid dinge wat ek doen.  Ek kan jou eerlik sê dat ek nog nooit 'n vis uit die see gevang het nie.  Nog net varswatervis.  Ek het darem al kreef geduik.  Eks nie baie goed daarmee nie.  Gewoonlik vol blou kolle as die strome bietjie sterk was.  Ai, en die asem wat tog net te kort is.  Net as ek dink ek het vir meneer aan sy snorre beet, dan is my asem op.

Johann, ek skaam my dood as jy sien hoe ons kamp.  Jou besigheid is vyfster kwadraat, en super luuks.  As ons ooit op dieselfde plek kamp, kan jy maar maak of jy ons nie ken nie.  Ek sal verstaan.  Mens word mos darem aan jou vriende (of kennisse) geken.

Middag vriende

Om gehoor te gee aan HetVis se versoek;

Ons kamp met 'n boswa, en probeer om met so min moontlik net lekker gerieflik te kampeer. Neem net 2 stoele saam, 'n plastiese tafel om by te eet ensovoorts.

Ry meestal al ons drinkwater saam, dis 'n moet in ons omgewing. Verder neem ons ook alle eet, drink -goed saam. Ek ry tot my vuurmaakhout en charcoal saam. Ten einde selfversorgend te wees, neem ek ook my eie braaier saam, ingeval die plek s'n vrot is, of nie bestaan nie. 

Opslaan van die voltent word bepaal deur die klimaat, hoewel dit altyd byderhand is. Ons maak gebruik van die oord se ablusie [en dit moet skoon wees], maar die wederhelfte het aanboord toilet en stort tot haar beskikking. Nogal gerieflike voordeel in aand, veral as dit reën.

Groete

    

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2019 - 13:59

............sal ek ook maar ons kamperevaring deel met dié wat nog nie weet nie :-

By Hartenbos kamp ons so met voltent :-

.
Hartenbos
 

Kruger Wildtuin So :-

.
Tsendze, Kruger Wildtuin
 

Of so :

..
Shingwedzi
 

Wanneer ons oorslaap :

.
Reynekepark, Bloemfontein

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 28/06/2019 - 14:36

Ek het nou al paar keer my ou tent uit gehaal om te loop gaan weg gooi,  maar pak dit elke keer maar liewer terug in die stoor,  "you never know". Baie gerieflike twee slaap kamer met kombuisie, maar ai, die ding slaan (of as Arie sê jy slaan penne in, dan kap jy seker die tent opwink) moeilik op.