TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61582 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laat vanmiddag toe ek die… Reën.............. Wildehont -2 hours ago
Jy kan by enige plek kanp,… Regte Boskampe???? Arie -3 hours ago
Leeutemmer, hier is die… Kyleu Bush Camp Dinokeng Johann L -4 hours ago
Ah, Kyleu bos kamp,  kyk… Regte Boskampe???? Johann L -4 hours ago
Leeutemmer, jy kan by… Regte Boskampe???? Johann L -4 hours ago
Len ... Verkeerde Raad Willem Brits -4 hours ago
As jy maak soos die man sê,… Verkeerde Raad neef Herman -6 hours ago

Karavaan watervoorsiening

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Thu, 27/06/2019 - 14:31
Forums

Gegewe Willem en Johann se kommentare op 'n afsonderlike draad om water by hulle karavane se kampopset te voorsien, het ek ook weer oor die saak gedink.  In Willem se geval wend hy die oord se water permanent met 'n tuinslang aan sy wa.  Die toevoer word beheer deur 'n elektroniese aparaat wat die toevoer afsny as die watertenk vol is.  Die stelsel lol egter en hy oorweeg nou 'n afsonderlike krat met "ball valve" langs sy wa wat die toevoer water sal afsluit wanneer die krat vol is.  Ek aanvaar dat die krat dan water na die wa se ingeboude tenk pomp wanneer nodig.  Willem rig hulle kombuis ook agter die wa in en daar het hy warm en koue water vanaf die wa se ingeboude tenk en geyser.

In Johann se geval het hy 'n plastiektenk-trollie wat voor langs die A-raam geplaas word nadat dit by die oord gevul is.  Vandaar pomp hy die water tot by sy kombuisie wat agter die wa ingerig is.  Johann het by die kombuisie 'n stelsel wat water kan verwarm en daar is dus warm en koue water.

In ons geval, werk ons so :  Ons gebruik die Exclusive se ingeboude warm en koue waterstelsel ten volle.  As ons iewers oorslaap (dit gebeur dikwels), gebruik ons die binne-skottelgoed wasbakkie, maar andersins was ons skottelgoed in die tent/rally in ons skottelgoed-wasrak.  Ek gaan haal 'n emmer kookwater by die ablusie hiervoor en dit gebeur maksimum eenkeer per dag.  Die ingeboude watertenk hou 40 liter water en ek kan dit permanent vul deur my TankBuddy aan die oord-water te koppel.  Maar hiervoor het 'n mens 'n oord-kraan naby nodig en 'n geskikte tuinslang wat waterdruk kan hanteer. Ek hou nie baie daarvan om permanente waterdruk tot by die karavaan te hê nie  -  te bang iets bars of gaan los as ons nie by die wa is nie.  Ek persoonlik hou ook nie van teveel los, groot goed om saam te karwei nie en het jare gelede vir my 'n plat, materiaal oprol tuinslang van 20m aangeskaf. (Links op die foto hieronder).  In die Kruger Wildtuin is die krane dikwels verder as dit van jou staanplek en dan is dit 'n gieter-probleem om die watertenk te vul.  Ek soek al lankal nog so 'n materiaal- oprol tuinslang om die twee te koppel, maar dis verskriklik duur en skaars.  Vanoggend dwaal ek in Cash Converters rond en wraggies, daar onder op 'n rak lê net so 'n 10m tuinslang vir R75. (Regs op die foto).  Ek stry hulle toe af na R50 en hulle aanvaar dit !  Ek verkies om maar eerder die Exclusive se watertenk periodiek met die oprol tuinslang te vul.

Hoe werk jy met jou water behoeftes ?

.

Centurion

Voortrekker

Thu, 27/06/2019 - 16:05

Ek tap my water in 'n 10 L kan wat 'n kraantjie aan het (dis nou as daar nie 'n ballie met sy tuinslang die staanplek se kraan geannekseer het nie)  My waterkan  het 'n plek in my kampkombuis - vir koffie maak en basiese kombuis waterbehoeftes (die kinders speel ook daarmee).

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/06/2019 - 16:13

Len, as ekna die krat opsie gaan sny ek die karavaan se tenk uit.

Wat die oord se druk betref het ek 'n druk regyleerder wat ek by die oord se kraan kan koppel met 'n kraan vir ander gebruikers.

.

Hiermee bring ek dan die druk af.

Onthou asb:

kinders moet nie in die water mors nie, die ou bejaardes moet dit drink!!

 

Wessel 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 27/06/2019 - 20:12

Dankie Len.

Ek het vandag my opset klaar gemaak, soos per my vorige kommentaar,  maar, Len se voorstel om alles na agter te skuif, het bly vas steek in jy kop,  ten einde laaste,  het Len se voorstel gewen,  en ek is baie meer op my gemak met die opset wat Len gegee het. Dit is net meer prakties om alles by mekaar te hê.

Die "nuwe" opset maak dit nou ook moontlik, om indien nodig, die opwas met water verwarmer en al, na langs die  Penta te skuif, sou mens so voel.

More sal ek die kombuis volledig opslaan, en 'n foto hier kom op laai.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 27/06/2019 - 20:19

Soos Len, wil ek ook nie my "lap" tuinslange permanent aan die oord se kraan gekoppel hou nie. Ek het twee van daai "rekbare" tuinslange wat saam, 35 meter is, dit is gewigloos, en vat omtrend geen spasie nie, albei pas maklik in een penne sakkie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/06/2019 - 20:36

Willem, jou kommentaar hierbo :  as jy die wa se water uitskakel, waar kry jy warm water vandaan of het jy so 'n gedoente soos Johann s'n ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 28/06/2019 - 07:16

Lapskag, ons doen ook die skottelgoed by die oord kombuis, mits dit naby is, daai is meestal 'n lekker kuier plek, maar as dit bietjie ver is, slaan ek maar die kombuis aan mekaar. 

Middelburg

Noel

Fri, 28/06/2019 - 08:32

Ek het ook daai tipe tuinslang in die karavaan. Ek gebruik dit om die karavaan te was as by die staanplek aankom indien die karavaan vuil geword van reen.  Vandat ek begin kamp tot nou was ek skottelgoed by die scullery. Lekker kuier plek !!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2019 - 08:46

Vandat ek begin kamp tot nou was ek skottelgoed by die scullery. Lekker kuier plek !!

Hierdie forum kan netso 'n lekker kuierplek wees as 'n mens net die mense wat op Kampforum ingeteken is, aan die praat kan kry !  Ek hoop nie daar waar jy kamp en skottelgoed was is Kampforum mense nie, want hulle sukkel maar om te gesels.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 28/06/2019 - 09:17

Len, ek sal die gewone pyp gebruik waarin die pompie se "delivery line" heen pomp dan verander niks.  So ek vervang net die woonwa se permanente tenk met die water krat.

Môre vriende

Ek verstom my aan al die veranderinge wat julle aanbring en bedink.

Ek kom maar reg met wat tot my beskikking is. Met my Kavango is ek skielik bederf met aanboord warm en koue water, vir kombuis, stort en gesigwas. Dit kom uit 'n 120l tenk onder die wa.

Ek maak maar vol, soms by die huis al, of dan by die staanplekkraan met aankoms. As die tenk leegraak, en oprol tuinslang kom nie by nie, dra ek maar water nader vir skottelgoed.

Ek is van mening dat hoe minder "gadgets" mens het, hoe minder probleme tydens vakansie.

Groete

Wessel 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2019 - 10:31

.....ek dink jy het 'n punt beet dat daar dan net meer goed is wat 'n probleem kan ontwikkel.  Maar aan die ander kant is dit so lekker om aan jou kampgoeters te peuter en te verbeter dat dit 'n mens 'n reuse tevredenheid gee terwyl jy dit ontwerp, bedink en ten uitvoer bring.  En dan wanneer jy dit die eerste keer (en kere daarna) ingebruik stel, gee dit 'n ou ongelooflike bevrediging.

Ek kan talle voorbeelde opnoem, byvoorbeeld my manier om met my teerpad Exclusive vir lang tye by Tsendze en Balule in die Wildtuin sonder krag te staan, 100% onafhanklik van elektriese krag, sonpanele en sulke goed.  Ek kan ook enige tyd en enige plek in my bed lê en sien op 'n skermpie wat die temperatuur binne en buite die karavaan is. En as ek lus het, kan ek ook in my bed lê en die ingeboude radio aanskakel en radio luister of 'n CD speel as ek wil. En netso kan ek op 'n digitale monitor sien hoe laat is dit, dag of nag, elektriese krag of nie.  En as daar wel krag is, kan ek (eintlik Skattie) op enige plek in Suid-Afrika DStv kyk, as ek of sy sou wou.  En so kan ek aangaan.

ZEERUST

Obie

Fri, 28/06/2019 - 10:43

Ek het n warm/kouewaterkraan agterop die karavaan met n volledige opwasbak wat baie goed werk. Water kom van ingeboude 60 liter tenk. Geen emmertjies geronddra nie😊

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 28/06/2019 - 10:45

My ou 1993 Caravette 6B het nou nie juis sulke 'fancy gadgets' soos julle manne met die groter en nuwe waens nie. Ek koppel maar net my binne-wasbak aan 'n 20 liter plastiekdrom wat ek met my tuinslang vul. Dié water gebruik ons slegs vir handewas en tande borsel. Die gryswater word opgevang in 'n emmer en daagliks leeggemaak by 'n aangewese drein. Skottelgoed was ons slegs by die kampplek indien ons bietjie ver van die opwasplek is. En dié water word ook by die 'korrekte' plek uitgegooi.

Hier by Eiland Spa koppel ons 'n tuinslang aan 'n kraan wat toegerus met 'n multi-koppeling sodat ander ook nog kan water tap. Dié tuinslang word gekoppel aan 'n kraan wat ek met 'cable ties' aan 'n boom in my 'erf' vasmaak. Ek het dus lopende water in my erf.