Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -1 minute ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

Interessante kampervarings wat jou bybly

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sat, 29/06/2019 - 09:54
Forums

Om en by 1994 kamp ons in Desember by Haternbos.  Ons twee seuns was reeds uit die huis uit maar ons st.9 meisiekind (die jongste) was nog in die huis en sy kamp saam met ons.  Sy lê en boeklees en buite speel twee outjies krieket met 'n tennisbal wat kort-kort teen ons Caravette 6 beland.  Ek vra ons meisiekind om vir die ouens hierbuite te gaan sê om asseblief iewers anders krieket te gaan speel want ek hou nie van die bal teen my wa nie.  Later stap ek uit om te kyk hoe lyk dit buite, net om agter te kom die twee-man krieketspan het nou uitgebrei na drie  -  en daar speel juffroutjie lekker saam.  Die bal teen die wa was toe 'n strategiese plan wat toe gewerk het !

'n Jaar later is ons meisiekind in matriek en ons kamp weer in Hartenbos, maar hierdie keer staan twee eenman-tentjies voor ons Penta waarna ons intussen opgegradeer het.  In die een tentjie slaap ons meisiekind en in die ander haar sleepsel, een van verlede jaar se krieketspelers !  Nou die storie wat ek eintlik wil vertel, my annerhelfte het haar/ons kinders met 'n ysterhand grootgemaak, veral die twee seuns moes intoom gehou word.  Ons was vyf in die gesin waarvan drie (insluitend ek) van die manlike geslag was.  Op wasdag, selfs tydens vakansies, tel Ma die aantal dae sedert die vorige wasdag, vermenigvuldig dit met drie en tel dan die aantal onderbroeke wat in die wasgoedmandjie is.  En laat daar nou net een onderbroek kortkom, dan is die gort gaar om die sluldige voor stok te kry. Ons meisiekind het haar vriendjie van hierdie groot risiko vertel sodat hy nie by haar Ma in die moeilikheid beland nie.  Op 'n dag, net voor die wasgoed aangepak word, kom sê die vriendjie ongevraagd vir die moeilike tannie : "Tannie, daar gaan een onderbroek kort kom maar dis omdat ek gister die hele dag my swembroek aangehad het !"

Nouja, hierdie tweetjies is toe getroud en self nou ouers van twee kleingoed.

Ek is oortuig daar is nog talle interessante kampervarings wat 'n mens bybly  -  laat ons hoor wat vertel julle.

Secunda

Sleep nou

Sat, 29/06/2019 - 13:06

So is ons drie jaar terug by Eiland kamp in A blok ek vat vorige aand se skottelgoed na skottelgoed opwas plek die neer gesit en gou toilet toe kom terug by opwas plek is die tante besig om my skottelgoed uit wasbak te pak so vra ek en nou toe se sy vir my kyk ek is n swaeltjie kamp al vier maande hier en sy gaan wasgoed was ek my skottelgoed terug gesit waar hulle was die tante se ja ons nie meer respek vir ou mense nie ek se toe oue mense kan ook vra sal jy omgee om te skuif nie te min was die suurknol baie suur vir my die hele twee weke wink 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/06/2019 - 13:52

.................waar het julle gekamp toe dié knaap julle tent gedeel het ?  Wat van die kinders ?  Daar is nou heelwat gevalle waar kinders deur giftige slange in hulle bed gepik is.

Op die foto lyk dit of daardie slang-tang die knaap feitlik pap druk.

.....soms skaam vir die optrede van sommige van "ons" oumense.  Dié betrokke tannie het beslis geen idee nie dat "respek" verdien word  -  dit word beslis nie met ouderdom verdien nie !  Sommige oumense dink die wêreld skuld hulle iets.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 29/06/2019 - 16:15

Len se storie laat my terug dink aan ons geval in 1999, Desember, by Badplaas.

Ons het destyds, met die twee meisie kinders nog op skool, gereeld Desembers Badplaas toe gegaan. Ons oudste dogter hrt 1999 matriek geskryf.

Ons het in die B-blok gestaan, ons gunsteling blok, in blok A was daar duitsers van Wartburg, wat nie gereelde kampeerders was nie, die man se oudste seun was 'n vakleerling by ESKOM, en hy wou graag Badplaas toe, want sy vriende het hom vertel hoe lekker hulle gereeld daar kamp. Die pa leen toe 'n karavaan, en hulle gaan kamp toe 'n eesrte.

Soos gebruiklik,  gaan ons gereeld swembad / ontspanings area toe, so ook hulle,  maar ons ken mekaar van geen kant af nie. Colin, en sy vriend sien toe die oulike blonde meisie en haar klein rooikop sussie,  en die twee begin skaam-skaam vriende maak met die klein rooikop dogtetjie om by die sussie uit te kom.  Lang storie, kort, Colin was 'n vakleerling, en verlof was beperk, hulle pak toe die dag na nuwe jaar op, en vertrek terug Wartburg toe. Hulle was seker een kilometer uit Badplaas, toe lui my dogter se sel foon, Colin verlang hom morsdood😂

Die twee is nou al jare getroud, (14 jaar) drie kinders, en nog steeds dol verlief op mekaar.

Elke keer wat hulle Suid Aftika toe kom, moet ons twee plekke besoek, Badplaas, en Kruger Wildtuin, want ons oudste kleinkind, glo as jy in SA is, moet jy Kruger toe.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/06/2019 - 17:19

Interessant Johann, lyk vir my kampering behoort heelwat "match making" stories te hê.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 01/07/2019 - 12:27

Dis darem wonderlik dat mens se brein soms so toeslaan.  Ek het nou gedink en gedink want daar moes tog hope interessante (of wat ook al) ervarings oor die jare gewees het.

Wat ek wel aan gedink het, was die ou wat "bachelors party" gehou het by die kampplek en een van sy gaste het toe besluit om hom te kom tuismaak in ons karavaan.   Toe ons die karavaan klaar opgeslaan gehad het, kom ons agter die deur wil nie sluit nie.   Die Saterdagaand het ons na 'n funksie gegaan en na middernag eers by die karavaan aangekom.   Ons het vriende gehad wat in hul karavaan langs ons gekamp het.    Toe ek in die karavaan instap, toe lê die wildvreemde ou, met sy klere aan, bo-op die duvet, vas aan die slaap, op ons bed.  Jy skrik jou skoon in jou peetjie in en kyk drie keer om seker te maak jy sien reg!   Colin en ons vriend het hom met 'n groot gesukkel opgekry en op sy pad gestuur.   Maar dis toe nie al nie.  Ons gaan sit by ons vriende, lag toe maar saam oor die storie,  die vrou maak vir ons koffie en toe ons uiteindelik gaan slaap, toe is die ou terug en weer op ons bed!   Toe was dit nie meer snaaks nie.

Die een ding wat ek seker nooit sal vergeet nie, is die aap wat my aangeval het by Addo.   Ek kry nou nog rillings daaroor.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 14:09

Hemel Freda, dis nou 'n affêre om 'n wildvreemde, getrekte man in jou bed te kry !  Het julle die vent weer in 'n latere stadium gesien toe hy nugter was ?  Indien wel, wat was sy reaksie ?

So einde Augustus se kant gaan ek daardie Addo-aap en sy familie soek.  Ek wonder nog waarmee gaan ek my bewapen, bykomend tot my kettie.

Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2019 - 15:43

'n Rubberslang is die beste wapen teen ape en bobbejane. Toe ek in die bos in Botswana gebly het, het ek 'n rubberslang in my voorkamer gelos om moontlike primaat besoekers af te skrik.

Die arme skoonmaker het elke keer wat sy die tent gaan skoonmaak het haarself boeglam geskrik. Ons het egter nooit las van bobbejane gehad nie, ten spyte daarvan dat hulle snags in die bome neffens ons tent geslaap het tot die luiperdwyfie wat ons gereeld gesien het een aand een gevang het. Hulle het toe tydelik verhuis. 

Port Elizabeth

Antie

Mon, 01/07/2019 - 19:14

Len, die volgende oggend het ons laat geslaap en toe ons opstaan was al die kuier*@tte reeds weg.  Hoe hulle dit reggekry het om so vroeg op te staan weet ek nie, dalk het hul gevlug vir meer skandes van die vorige aand.laugh     Die bruidegom se pa was daar om die karavaan te kom haal.  Ons het hom gaan vertel wat gebeur het en hy het vreeslik om verskoning gevra.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2019 - 21:52

Moet nou regtig erken dat ek ook nie kan onthou van spesifieke buitengewone ervarings nie. Flip, ons was al in n sikloon, het al amper versuip op n boot wat lek, leeus wou die kamp oorvat, Olifante die tent platdruk met ons binne, vlugte verpas....

 Ons kamp by Sodwanna, in n klein tentjie,  in die eerste jaar van ons getroude lewe....Oudste dogter het kamp in haar gene, verseker.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/07/2019 - 10:26

Herman, vertel 'n bietjie meer oor die olifant/tent storie.

Was die voorval ná jou dogter se geboorte of die gevolg van haar geboorte ?

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 02/07/2019 - 21:19

In die 90's het ons gereeld Botswana en Namibie getoer, eintlik elke Desember om eerlik te wees. Landrover "gekitt to the hilt", en hoe verder die wildernis in hoe beter.

Die jaar ry ons die Oostekant van Namibie op, langs Botswana grenslyn, verby Gam tot by Tsumkwe, Kaudom volgende.  Die wat dit ken sal weet dat dit regtig ver van die beskawing is, n wildernis area sonder grensdrade, Olifante Leeus, Hienas, baie goete met tande en skerp kante.

Mag ek eers vertel van daai jare se beplanning. Kyk neef kon kaartlees in die army, maar n voertuig is te vinnig, en dus is verlore raak n werklike. Die gevolg was dat daar n Gps, bedoel vir seevaart,  in die Landy was, en die roete is beplan met koordinate van destydse inligting van wereldkaarte op rekenaar beskikbaar. Nagte se roetebeplanning gewees voor die destydse 386 rekenaar. Nou verveel neef die Omies met nuttelose inligting, maar dit was die waarheid.

Deel van die beplanning, bel ons Tsumkwe om te reel vir 100l diesel ,daar is nie n vulstasie nie, en telefoon maar bitter om daar te verbind  . Aangekom se die man hy het n 100l lampolie vir my, diesel kom eers oor n week.  Lampolie sê hy is Namibie se goekoop diesel !!  Maak toe twee kanne vol, maar is regtig nie van plan om die parrafien in my tenk te gooi voordat dit regtig ,"gestrand raak", situasie ontaard nie. 

Nou stop die storie eers, sal more verder vertel, die Olifante is so entjie verder, naby Sikereti. 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 04/07/2019 - 21:58

Met n paar kanne lampolie op die dak, vroeg oggend, Sikereti toe. Daar is eintlik niks nie,  net n area waar daar gekamp word, nie n longdrop of n kraan nie,  bokkerol.  Ons bure is so entjie weg en daar is n tafeltjie uitgepak en twee tentjies opgeslaan. 

Hier teen 8uur die aand se Vonnels dat die bure nog nie terug is in die kamp nie.  So.. vra ek, wat moet ek nou doen..maar weet... So ruk later ry ek na die veldwagter se hut wat so paar kilos van die kamp is. Daar gekom noem ek van die vermiste kampers, en hy seg toe, ons moet gaan soek, let wel...ons!!! 

Man het nie n voertuig nie, en so klim hy langs my in die Landy met se R1. Ek k@k my amper vol toe hy dit cock of ,oorhaal, hier langs my . Bliksem ek sien hoe skiet hy n gat deur die dak, die man is effe senuagtig. Onthou nou, ons is laag op diesel,  en nou gaan ons die wildernis in om te soek. Eerste gedagte is die naaste watergat so 50km weg, maar op n dik sand tweespoor grondpad, en nou is dit al verby slaap tyd hmm..

So ry ons, en net toe ons by die watergat kom, skakel n voertuig sy ligte aan, en kom in ons rigting. Toer operateur met  Switse Ambassadeur en sy vrou het hulself in n moerse klomp Olifante se pad bevind, kon nie roer nie, Ollies het die aerial afgebreek, die wipers geskuif, en die Landy as skuurklip gebruik. Die Europeers was naby n " breakdown" toe ons daar opdaag en die Olifante se aandag verskuif. Ons is saam terug kamp toe,  nou was dit al bitter laat in die nag.