Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -8 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -29 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -50 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -53 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

Slim braairooster staander

Worcester
Submitted by Wildehont on Sat, 29/06/2019 - 21:11
Forums

Ek het nooit leer sweis nie. Toe ons twee weke gelede by Marloth Natuur Reservaat buite Swellendam was, het die huisie waarin ons gebly het egter 'n vrek lekker staander vir die braairooster gehad. Dit stel hoër of laer deur dit net om te draai.

Ek wil toe ook so een hê, en besluit ek moet een maak. Ek het nie 'n maatband of pen en papier saamgevat nie, toe gebruik ek 'n melkhouer om dit te meet. 'n Klompie YouTube sweis instruksie videos en so 3 ure later het ek vanoggend vir my een gemaak en ek gaan nou-nou met hom braai.

Die een by Marloth is op die foto en my poging is in die video (wat ook wys hoe dit werk).

Melkboks maatband

video
Worcester

Wildehont

Sun, 30/06/2019 - 10:30

En ek kan bevestig dat hy baie lekker braai. Was nie gisteraand nodig om die ingeboude braaiplek se swaar rooster op en af te skuif  nie.

Het my toeknyp rooster skoongebrand op die hoër posisie en toe die kole reg is die staander omgedraai om op die laer posisie te braai. Sy handvatsel was ook nie te warm vir kaal hand hantering nie. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 30/06/2019 - 20:24

Het nou so paar keer die video bestudeer, gaan die week vir my een aan mekaar slaan.  Dit kan het 'n handige stukkie gereedskap by enige braai / oord wees👍

Middelburg

Noel

Mon, 01/07/2019 - 05:20

Dit is oulike patent van die braaier. Wildehont, dit is lekker om self te kan sweis en dinge kan bou of maak. Nou kan jy self afdakke bou by die huis.

 

Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2019 - 08:08

Noel, soos ‘n vriend van my wat ‘n ystersmid is sê toe ek hom die eerste sweisprojek van my wys; Pasop vir die ystergogga, as hy byt, byt hy hard. 

My uitdaging nou is om tyd te vind vir alles wat ek wil bou en maak. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 01/07/2019 - 18:51

My enigste teen daai "flip" stander is hy vat nogal plek met daai pote wat nie kan plat vou nie.  Daarom het ek vir my die gekry.

Vir die braai rooster.

.

Die een vir die Rib.

.

Ek hou ook van die een maar vat ook meer plek.

.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2019 - 21:58

Willem, die driehoek staander model is deel van my toerusting. By dit is daar n toeknyp rooster wat se handvatsels terugdruk en altwee word saam in n sak gebere wat binne n ammo krat pas. "Hotrodds" is die maak, en van goeie vlekvrye staal.