Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -6 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -8 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -19 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -31 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -43 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -44 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -46 minutes ago

Custom Camper Canopies & Trailers

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Mon, 01/07/2019 - 18:26
Forums
Custom

 

c

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/07/2019 - 19:28

maar dit is nie vir my nie

 Hehehe Willem, Interessant hoe mense verskil.   Ek en my vrou het ingeklim en gekyk en vir mekaar gesê " Dis mos nou hoe 'n mens kamp!"    .... veel eerder met so iets as met 'n nuwe Penta! smiley

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2019 - 20:50

Natuurlik stem ek saam met Willem, ook nie vir my nie.  Te veel hoekies, draaitjies en gaatjies.  En as 'n stormwind opkom en 'n helse bui reën val, gaan daardie Econop Top meer water opvang as my drie watertenks hier by die huis.

Maar ek moet sê, die prys in vergelyking met ander boswaens lyk goed en mag dalk 'n goeie verkoopspunt wees.

Wat die dubbelkajuit bakkie (Paulus) betref, moet ek sê daardie pakkasie op die dak lyk soos Zimbabwe se "Chicken busses" waar beddens, hangkaste en hoenders in hokke op vervoer word  -  dit laat my gril.

Ek is ook van mening dis 'n wanbegrip om "kamp" te omskryf as alleenlik kamp as jy met 'n gesukkel oor die weg moet kom en primitief moet leef. My begrip van "kamp" is presies soos wat HAT dit omskryf : "'n Tydelike staanplek vir rondtrekkende persone met verblyf in tente, woonwaens ens."  Of jy nou 'n badkamer en TV in jou akkommodasie het of nie, en of jou verblyf net uit tente of net deels uit tente bestaan, en of jou verblyf 'n taktent of boswa is, dit is kamp.  En jy doen dit om weg te kom van jou gebruiklike huis-verblyf en om te ontspan en dit geniet.

Ek kritiseer nie, bevestig ook maar net dis nie my "cup of tea" nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 01/07/2019 - 21:38

Het al vertel dat ons n boswaentjie wou kry. Kyk waneer als opgeslaan is, en die bamboesbos pale op hul plek is, lyk dit regtig heel " rof" met al die luxuries.... vir gemak. Warm stort, dubbel bed met warmkombers, eintlik als wat in n woonwa is, net binne ñ kompakte spasie verpak.

Waneer nodig, pak ons die tent, yskas, klomp kratte, waterkanne, ekstra spaarwiele en dan gaan kamp ons rof in die rowwe wereld, Kaudom, Miribab etc. Moet erken,  neef is nie bekwaam om n waentjie Van Zylspas af te sleep nie, dalk te min ondervinding,  of dalk te veel myle gedoen om te weet waar le moeilikheid. Nou om n boswaentjie Thipise toe te vat vir n lang vakansie, gaan dalk nie die regte afdraaipad wees vir die ontwerp nie. 

n Lekker karriwaan, met n snoesige binnekant, neffens die draad in n wildtuin, of naby die see, is lekker kamp, winter of somer, slegte of goeie weer, al is dit n ou kleintjie soos ons sin. Eendag as ek groot is, gaan ek n dubbelas en n Nissan kry, al is dit net vir n paar jaar, dit lyk regtig na lekker kamp sonder voorgee.

 

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/07/2019 - 21:56

Regte kamp is nie vir die sussies nie cool

Len daardie kratte op Paulus se dak is waar hulle al die Bybels en literatuur in stoor tydens uitreikings. smiley

Fochville

Lapskag

Tue, 02/07/2019 - 05:59

Van my vriende het ook boswaentjies en ek hoor die verskil in kamp, maar as jy begin ouer raak dan is die gerief van 'n karevaan baie lekkerder en minder moeite om op te slaan en in te pak. Ons het ook die tent ding gedoen omdat ons nie anders kon nie en nou dat ons die Sprite Sprint het geniet ons dit baie meer en gaan meer gereeld kamp. Net te lekker hoor.

Secunda

Sleep nou

Tue, 02/07/2019 - 07:31

Die prys is baie goed sterkte met hulle waens ja smaak verskil of jy tent , caravan , boswa , rooftop tent kamp gaan so aan ons laat kamp lewe hoe se ons kamp is koning

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 02/07/2019 - 08:18

My gevoel is dat dit 'n baie goeie wegspring punt is vir enige persoon wat nie die duur karavane kan bekostig nie, veral die jong mense wat nog kan gaan "rof kamp".  Ongelukkig is ek te oud vir so lekker avontuur, maar gaan die vir my dogter wys, net dalk, kan hulle in so iets belangstel, veral die mense wat net 'n kode B lisensie het. Die prys maak dit baie aanloklik vir wat jy alles kry👍

Alle sukses word aan die onderneming toe gewens.

Môre vriende

Ek is in die algemeen verstom oor die lewendige mark en produkte vir daktente, hetsy op voertuie en/of sleepwaens. Ek kan kwalik glo dat die mark al die produkte kan opslurp.

Ek haal ook my hoed af vir persone wat hulle hand en geld waag om die mark met nuwe idees te betree. Ek hoop die CCC het hulle huiswerk deeglik gedoen, en dan wens ek hulle voorspoed toe.

Ek is oortuig dat belangstelling in kampeer opsies hoofsaaklik bepaal word deur ouderdom en gewig. Ek het net nie lus om met trappies te klim na my bed nie.[en ek is 'n slanke ouman]. Ek het die afgelope 3 jaar menige skoue bygewoon en na baie boswaens, daktente en boswoonwaens gekyk, voordat ek maar gekoop het wat in my beursie pas.

Geharde 4x4 mense verkies gewoonlik om niks te sleep nie, en wil net met daktent klaarkom. 

Groete