TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61845 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GM ! November 2019 - Koffiekroeg Len Loader -9 minutes ago
More More November 2019 - Koffiekroeg Harry Du Randt -40 minutes ago
Arie, ek is met Johann se… November 2019 - Koffiekroeg Dusty -45 minutes ago
Lugbesoedeling Katalisators wessels -56 minutes ago
Môre Willem, hoe het dit toe… Die Ford en die Exclusive Johann L -1 hour ago
Dankie! November 2019 - Koffiekroeg Arie -1 hour ago
Thanks Harry, heel spoggerig👍 Froggy Bederf Johann L -1 hour ago

Stof in kappie

Brits
Submitted by wessels on Wed, 03/07/2019 - 07:50
Forums

Môre Vriende Ek soek raad om stof uit die kappie te hou. Omrede die laaibakklap van 'n Hilux nie dig sluit nie, suig dit baie stof daarin. Ongelukkig het my kappie nie luginlate wat 'n positiewe druk in die kappie kan veroorsaak nie. Sal dit help om die voorste ruitjie van die kappie [agter die kajuit] oop te hou op 'n grondpad? Dalk sal daar tog redelike stofvrye lug inkom om 'n positiewe druk in die kappie te skep, en sodoende die insuig van stof by die klap, verhoed. Wat dink julle? Wessel

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/07/2019 - 07:59

Ek dink as jy 'n "scoop" op sit want ek dink daai nou deel tussen die kappie en die kajuit gaan vacuum maak en dan gaan jy meer stof insuig ?

Pretoria

leeu

Wed, 03/07/2019 - 08:24

Hi Wessel, verskeie 4 x 4 winkels verkoop 'n stof dig "kit" met rubbers waar jy die klap agter meer stof dig kan maak, maar jy moet gate maak in jou bakkie. Daar is 'n rubber ook wat jy alleen kan installeer, maar weet nie hoe goed enige van die produkte is nie.

Ek weet dis nie jou vraag nie. Ek weet regtig nie of die oophou van 'n venster die ding gaan doen nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/07/2019 - 08:44

....nie met gesag praat nie omdat ek nie oor 'n bakkie beskik nie, maar ek vermoed die grootste inlaat van stof vind plaas by en weerskante van die skarniere van die agterste klap.  My seun het 'n Hilux wat hy hier by 'n plaaslike 4x4-plek laat stofdigmaak het teen 'n koste van R900 net voor hulle drie weke gelede Kgalagadi toe vertrek het.  Hy het ook 'n bykomende rol spons-strook wat aan die eenkant gegom is gekoop en waar hy nog openinge kon sien dit daar ingevoeg, veral by die kappie se klap.  Die hele proses was so 'n 80% verbetering.

Worcester

Wildehont

Wed, 03/07/2019 - 08:50

Wessel, koop van daardie skuimrubber stroke met gom aan die een kant en plak dit op by al die gleuwe. Ek het dit met my ou Colt bakkie gedoen en dis omtrent al aan die bakkie wat reg gewerk het. Baie goedkoper as om die kit te koop.

D

Môre vriende

Dankie vir al die voorstelle.

Willem: Ek het nie gedink dat moontlikheid vir 'n vakuum daar nie.

Leeu, Len en Wildehont: Ek het die ding al beplak, maar blykbaar nie dik genoeg nie. Sal weer 'n verbete poging insit, met die sponsstroke wat mens sommer by DDJ[doen dit jouself] plekke koop.

Ek is net bekommerd die klap buig later weens ekstra spanning---dis 'n Hilux onthou.

Ek wonder skielik hoe dig seel die duur Alumunium kappies soos Alucab, Rhino en vele ander.

Groete 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/07/2019 - 09:25

....van die "kit" hou is die breë, buigbare rubber wat oor die volle breedte van die agterste klap met "rivetts" vagesit is aan die bak se vloer en aan die agterste klap van die bakkie.  Hier is een van die grootste openinge wat stof inlaat en word op die manier baie goed verseël.  Die res kan redelik maklik met plakstroke verseël word.

Die probleem met die spons stroke is dat hulle baie gou verweer/beskadig tydens die in- en uitlaai van items op die bak. Gaan kyk eerder by Hudson rubber aan die bo-punt van Mitchell Str in Pretoria vir 'n meer geskikte rubber profiel. Die een wat wat ek by hulle gekry het is in die vorm van 'n D en is hol binne. Ek het dit self geplak en dit hou nou al 5 jaar. Ek het daarna al honderde kilometers grondpad gery sonder enige stof in die bak. Alternatiewelik kan jy natuurlik die "kit" hierbo by Takealot bestel.

 O ja, ek maak altyd die voorste ruit van die kappie oop op 'n grondpad. Dit help om 'n positiewe druk binne die kappie te hou en stof uit te hou.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 03/07/2019 - 17:31

Sien Deon (Segekok) het sulke scoops op die kante van kappie van sy bakkie gesit. Dink hulle kan oop en toe maak.

Hy was op sy groot toer en seker so 4000 km gery, meestal grondpad.

Volgens hom het dit die stof uitgehou, soos die voorstel wat Wilsur hierbo gemaak het. Dit gee seker positiewe druk binne die kappie. Weet nie of dit sal stof inlaat as daar n ander voertuig voor jou ry nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/07/2019 - 18:24

Ek onthou die ou dae het hulle sulke scoops agter op bakkies met kappies en stasiewaes gehad.  Dit help ook met die "drag" agter op die voertuig.

Môre Vriende

Julle ouens het nou rerig vir my stof tot nadenke gegee.

El gaan begin met 'n poging om weer te seel. Dan gaan ek so oor 2 naweke weer Pilansberg toe, en gaan die grondpaaie ry met my kappie se voorste ruit oop. Hopenlik werk dit, ook teen relatief lae [20km/hr] snelhede.

Nou moet die persone met die duur kappies, hetsy veselglas of Aluminium, nog laat hoor of hulle ook sukkel met stof. Moontlik maak die ontwerp van die kappies voorsiening vir skoon luginlate.

Hoes en proes my storie is uit. [Al die belangrike erre is in]devil

Wessel  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 04/07/2019 - 09:48

......ek glo nie dis die spesifieke fabrikaat van die kappie wat stofdig is of nie, dis jou bakkie se agterklap waar stof ingesuig word.

Om die lugdruk binne-in 'n voertuig of kappie te verhoog, moet lug daarin geforseer word deur 'n "scoop" of iets dergliks aan die agterkant van die oop venstertjie aan te bring.  In die ou dae het ons die motor se klein driehoek-venster omgedraai om die lug na binne te kanaliseer en dit het beslis gesorg dat stof nie ingesuig word nie.  Na my mening sal 'n venster wat bloot net oop is, juis stof inname van onderaf of van agteraf insuig juis omdat die verbygaande wind 'n suig-aksie na buite veroorsaak, wat stof by ander gate insuig.

Môre Len

Ek dink ons koppe werk effe bymekaar verby.

Ek het gou op internet na die duurder tipe kappies gaan loer. Daar word spesifiek melding gemaak dat hulle ontwerp voorsiening maak vir luginlate.

My vraag is dus;

voorkom die voorsiene luginlate die insuig van stof by die agterklap. Of, moet die agterklap steeds met plakmetodes afgedig word.

My goedkoop veselglaskappie seel ook dig op die bak se bokante, maar omdat dit nie die luginlate het nie, suig dit stof in by die agterklap.

Groete

 

 

Wessel, jy sal steeds moet plak. Die oop voorruit van die kappie gaan nie 'n bydra lewer op lae snelhede (soos wanneer jy op 'n wilds besigtigings uitstappie is) nie.

Centurion

Wit Eland

Fri, 05/07/2019 - 15:09

Ek het seker nou nie van die duurste kappies nie maar dis van n welbekende naam. Myne het luginlate wat jy kan stel. Was so n maand terug in die Kruger en het omtrent net grondpad gery om al die road rage te mis en my kappie was nie vol stof nie so ek reken die lug inlate werk beslis.