Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -18 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -20 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -32 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -43 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -55 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -55 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -59 minutes ago

Paternoster

Submitted by BATMAN on Wed, 03/07/2019 - 11:27
Forums

My vrou het verlede naweek haar 60ste verjaarsdag gevier en ons het besluit om ipv vriende te onthaal liewer vir ons die moeite en geld te spaar en dit op ons self uit te gee. Ons het met ons 2 seuns (die gades het ongelukkig ander verpligtinge gehad) 'n huis op Paternoster gehuur vir 'n lekker gesinslangnaweek. (Dit was darem te koud vir kamp)

Dit was baie lekker en dit bly n mooi plekkie, maar die werkloosheid en gepaardgaande misdaad vier absoluut hoogty. As jy jou sleutel gaan haal waarsku hulle reeds vir jou dat daar nooit iets sigbaar in 'n kar moet rondle nie, want die venster sal uitgeslaan word. As jy die huis verlaat moet alles ook gesluit wees met vensters toe...so ook as jy slaap. My jongste seun het 2 weke gelede by 'n maat se familiestrandhuis op Paternoster gekuier en toe is een van hulle se motorruit uitgeslaan in die nag.

Daar is ook verskriklik baie informele verkopers van seekos (kreef en swartmossels) en hulle raak lekker arrogant as jy nie wil koop nie. Een van die plaaslike inwoners het tot toeriste verjaag wat swart mossels van die rotse afhaal met 'n "dis ons kos daai".

Tietiesbaai was verlate, maar dis seker maar die koue weer

Ons het nietemin lekker gekuier en geeet en drink soos dit so 'n naweek betaam.

Middag vriende

Is dit nie hartseer om sulke nuus te kry nie. So gaan omtrent alle pragtige plekke weens misdaad agteruit, totdat mens nie eers meer lus het om soheentoe te gaan nie.

Ek dink byvoorbeeld aan Pelgrimsrus ook.

Dit wil voorkom of mens net veilig is, daar op die vêr en afgeleë plekke, waar wilde diere los rondloop.

Groete 

Centurion

Voortrekker

Wed, 03/07/2019 - 12:25

Ja dit is jammer.  Mens moet maar lekker streetwise wees ander word jy 'n statistiek. frown

PS.   Ek was lanklaas daar, maar weet daardie manne kan nogal lastig raak met hulle kriewe wink

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/07/2019 - 12:42

.... vas oortuig dat die meerderheid mens-probleme in ons land die gevolg is van werkloosheid  -  bendegeweld, moord, aanrandings, verkragtings, dwelms en alkohol-misbruik As werkloosheid tog net daadwerklik verminder kan word sodat mense werkverpligtinge en 'n inkomste het, sal dit mettertyd hierdie siektes in die land verminder.

Die misdaad-situasie is tragies.

Worcester

Wildehont

Wed, 03/07/2019 - 12:45

Die misdaadprobleem in Paternoster kom nie van gister af nie. Omtrent 10 jaar gelede het die regering die visvangkwotas drasties verminder. Dit was nodig omdat oorbenutting die Weskus se visbevolking erg verminder het. Aardverwarming veroorsaak ook dat die vis weg trek van die warmer water af, want dit veroorsaak minder kos vir hulle. 

As 'n gevolg het baie van die visfabrieke toegemaak, werksgeleenthede het in die slag gebly en vissermanne se inkomste het afgeneem. Die gevolg is natuurlik 'n toename in misdaad. 'n Honger man is 'n gevaarlike man. 

Secunda

Sleep nou

Thu, 04/07/2019 - 07:33

Lekke om weer van jou te hoor ou Batman ja did regtig jammer dit gaan so ek beplan al lank weskus toer moet hom nou net doen en ek wil veral by tietiesbaai gaan kamp maar almal my afgeraai agv die misdaad ja did n jammerte

Centurion

Voortrekker

Thu, 04/07/2019 - 08:44

misdaadprobleem in Paternoster kom nie van gister af nie

 Ek het eerste keer met daardie gedeelte van die weskus kennis gemaak in 1999 en in 2000 ook die eerste keer vir Tietiesbaai en Paternoster besoek.  Ek het werk gedoen vir Sea Harvest in Saldanhabaai en ook vir Oceano / St Helena Baai fisheries in St Helena Baai.    Die meerderheid van die laer klas gemeenskappe in daardie omgewings sukkel maar vreeslik baie en drank en dwelms heers grootliks - die mense kry baie swaar.  

Dit is seker ook omtrent gedurende daardie tyd wat die weskus oorspronlike eiendomme so gesog geword het en baie van hulle is vir goedkoop gekoop en gerestoureer na pragtige wonings en B&B's met see uitsigte.  Diegene wat nie hulle familie huisies verkoop het nie sit natuurlik vandag met baie waardevolle eiendomme, maar ek glo meerderheid van die oorspronklike bevolking het maar verkoop vir spotgoedkoop?  

So, saam met die visvang kwotas, het die prentjie heeltemaal verander in die weskus dorpies.  

Inelkgeval, daar is maar 'n groot probleem met armoede en werkloosheid in die betrokke omgewing.  Baie stem natuurlik vir die regernde party en glo dat hulle rykdom en voordele op 'n skinkbord bedien sal word - wat nie gebeur nie - en so word die "maklike" pad van misdaad en korrupsie maar gevolg.