Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -7 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -9 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -21 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -32 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -44 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -45 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -48 minutes ago

Wat 'n onaangename ondervinding by Pretoruis Kop KNP

Submitted by janwillem on Thu, 04/07/2019 - 09:54
Forums
Ons het nog nooit in een van die hutte in die park gebly nie, en aangesien ons nie plek kon kry vir die vakansie met die wa nie, het ons toe in 'n hut bespreek vir twee van ons. Skielik besluit ons klein dogter sy gaan saam, en oupa en ouma sal geen kleinkind weier nie. So gemaak so gedoen. Kontak KNP om op te gradeer ! daar is niks, hulle stel toe voor dat hulle vir ons 'n matras op die vloer sit. Ons het geen keuse gehad as maar die beste daarvan te maak. Daar aangekom en die hut vir die eerste gesien, twee beddens en 'n matras op die vloer tussen die beddens, nie eers 'n kat sal 'n lê plek kry nie. Dit was die begin, twee dae later byt ek twee tande van my gebit af. Nou begin die kort vakansie katastrofiese aanmetings aanneem. Daar kalf die motor se lugversorging en al die water loop in die kar in. Die aand by hut tel my vrou 'n tas op en sit haar rug uit Volgende oggend is reguit Skukuza toe om die dokter te sien. Stap daaruit R600.00 later, die inspuit werk nie, ons was net drie dae daar van die week, vrou is te seer, die hut te klein, en die gebit pla my. Ons pak daar en dan die kar en toe die hekke oop maak, ry ons huis toe. Hierdie ondervinding was nie KNP se skuld nie, dit was maar net omstandighede buite ons beheer. SAL NOOIT WEER KNP TOE GAAN SONDER MY WA NIE. Johan ek het jou gaan soek, maar jou wa was verlate.
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 10:07

Ai, dit is nie lekker nie.  Hoe voel ma se rug nou ?  Hoop jou byt is ook al reg wink

Oops, welkom terug JanWillem, goed om weer van jou te hoor.

Centurion

Voortrekker

Thu, 04/07/2019 - 10:12

Hallo Jan.    Jammer om te hoor van al die onplesierigheid -  hoop volgende keer sal julle opmaak en 'n heerlike tyd hé!

Dit is goed om van jou te hoor smiley

Is vroulief se rug darem nou beter? 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 04/07/2019 - 10:37

Hallo Jan, jammer om van al die terug slae te verneem, hoop jou vrou se rug is beter.

Ons is vroeg uit en laat terug gekom, een aand, toe ons deur die hek inkom, wag die wag vir ons om toe te maakblush

Jammer ons het mekaar gemis, as ek ook net jou inligting gehad het, kon ek ook probeer om julle te gaan op soek.

Stetkte met die vrou se rug.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 11:15

as ek ook net jou inligting gehad het

Dit is die lekker van die Omgee Groep yes

Secunda

Sleep nou

Thu, 04/07/2019 - 12:38

Gaan weer terug Pretorius kop maar dan met n karavaan julle sal dit dan meer geniet sterkte daar vir julle

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 04/07/2019 - 14:24

....Janwillem,  dis lekker om van jou te hoor maar nie lekker om van julle teenspoed te verneem nie.

Toe ek die opskrif lees, toe sak my moed sommer in my skoene, want 'n berig oor swak diens in die KNP is altyd vir my 'n reuse teleurstelling.  Gelukkig was SanParke nie die sondebok nie, maar ongelukkig het julle teenspoed 'n lekker wegbreek bederf.

SAL NOOIT WEER KNP TOE GAAN SONDER MY WA NIE.

Vir die huidige sal ons ook beslis net met ons wa KNP toe gaan, maar die gevreesde dag gaan binne 'n klompie jare aanbreek wanneer omstandighede kampering nie meer moontlik sal maak nie.  Ek begin al daarmee vrede maak en sal dan teen daardie tyd kampering moet verruil vir chalets en hutte.

Laat weet ons hoe dit met die herstelproses gaan en of die lugversorger toe herstel is  -  wat was fout ?

Len dankie, lugversorger het 'n pypie verstop geraak, my nuwe voortande skitter, ma is baie goed oppad na herstel, nog so 'n paar fisio afsprake. Pretorius Kop is baie rustig, nie baie diere nie. Ons het egter in die paar dae baie diere gesien. Een oggend op pad na Satara, net verby (tjokaan ??) by die eerste dam het buffels gekry, en nie net buffels nie , maar verskriklik baie, my skatting kan verkeerd wees maar dit moes mees as 'n duisend gewees het. Ons twede dag het ons na Onder Sabie gery, en baie leeus MET VERKYKERS GESIEN, en daar sit ons in die verkeersknoop. Ek se nog vir Mara dat sal nou nie 'n grap wees as daar leeus uit die lang gras langs die kar kom nie, skaars gesê toe stap daar twee leeu wyfies met drie welpies op hakke uit die gras uit en vertoef 'n wyle langs ons kar. Ons vakansie was darem nie verniet nie. Soos Len gaan ons elke jaar vir Oom Paul kuier seker al vir sewentien jaar.