TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61846 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre sê Iampforum November 2019 - Koffiekroeg Willem Brits -4 minutes ago
GM ! November 2019 - Koffiekroeg Len Loader -13 minutes ago
More More November 2019 - Koffiekroeg Harry Du Randt -45 minutes ago
Arie, ek is met Johann se… November 2019 - Koffiekroeg Dusty -50 minutes ago
Lugbesoedeling Katalisators wessels -1 hour ago
Môre Willem, hoe het dit toe… Die Ford en die Exclusive Johann L -1 hour ago
Dankie! November 2019 - Koffiekroeg Arie -1 hour ago

WilSur se 2011 Exclusive Veranderings

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Thu, 04/07/2019 - 20:27
Forums

Ek gaan op hierdie draad veranderings sit wat nie nodig is vir 'n spesiale draad nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 04/07/2019 - 20:44

Destyds toe ek die gewig verander het het die toets grond inspekteur my gevra waar is die nommerplaat liggie want hy is geskuif na onder die buite eenheid van die lug versorger.  Hy het net gevra dat ek die liggie moet aan sit, wel ek het na al die tyd toe besluit om dit te doen want ek het een in die motor huis gekry.

Ek het toe oob besluit om die bedrading te verbeter.

.
Hier het ek die trunking begin.
.
Dit is die onderkant van die buite eenheid van die lug verkoeler en daai is die 2de wye hoek kamera.
.
Daar is die drade in.
.
Die nommerplaat se drade saam met die kamera en ook die buite was water se pompie drade.
.
En daar is die nuwe nommerplaat liggie ook op sy plek.  Die houer was ook baie "flimsy" (Jaco se power werk)

Len, daai "square tubing" waarop die eenheid vas is het nie eers proppe in gehad nie sad ek het spook piepie in gesluit (voorkom roes) en een elke kant in gesit.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 06/07/2019 - 20:05

Mooi Willem, dit lyk nou netjies. My verloeler is iewat hoër as joune en die oorspronlike nommerplaat en liggie was nie nodig om te skuif nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 08/07/2019 - 18:05

Len hier is 'n foto van waar ek die proppe in gesit het agter.

.
Hier sien jy die proppe.

Soos julle weet het ek 12v punte gesit om buite ligte vir agter, Wijan se tent en ook onder die tent dak.  Dit het effe aanpaksels (roes) gehad en iemand het gesê ek moet die "Gold-plated" RCA's gebruik wat ek toe gedoen het.

.
Dit is die oues.
.
Hier is die nuwes en 2 ekstra by gesit.
.
Ek het dit is die onderste "vent" van die yskas gesit.  Daar is 'n sigaret aansteker ook vir die domkrag se gebruik.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 20:25

Netjies en funksioneel, Willem.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 08/07/2019 - 20:48

Willem, soos Len sê, netjes en funksioneel. 

Ek het net weer in die plek van 'n sigarette aansteker, vir my twee sterker kontakte in gesit, en die "male" kontakte, op die domkrag kant gesit, ook agter die onderste vent soos jy👍

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 09/07/2019 - 07:39

Dankie julle, ja die maak dit net maklikker.

Daar is ook een aan die anderkant en een binne die karavaan.

Robbie het een jaar jy foon se huis laaier vergeet en het heeltyd sy foon met die voertuig laaier daar gelaai, dit was by die Eiland gewees.

Pretoria

leeu

Tue, 09/07/2019 - 07:55

Ek wil net weet hoekom die vervaardigers dit nie al klaar insit wanneer hulle die waens bou nie, miskien maar goed want dan vra hulle weer baie duurder vir die produk.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 09/07/2019 - 08:23

Ek dink net elke ou se behoeftes is anders maar dit sal lekker wees as hulle dit vir jou kan uitwys voor jy koop en dan die opsie gee dat hulle dit volgens bestelling kan doen.

Soos my Exclusive het in die middelste kas bo sulke ronde uit gesnyde panele, vra toe destyds vir Jurgens hoekom is dit daar en vir wat ?  Dit is vir 'n lugversorger was vir jy gesê, seker vir die wat uigevoer word want hier het hulle nog nooit dit ingesit nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2019 - 09:24

Dis vir my ook  heerlik om veranderinge aan my wa aan te bring om sake makliker te maak. Wat krag vir die elektriese domkrag betref, het ek met my Exclusive weer 'n ander roete gevolg :-

  • Agterin die Pathfinder het ek lekker dik drade aangelê vanaf die battery voor in die enjin tot in die laairuim agter met 'n Anderson-sok.  My Edesa-vrieskassie se sigaret-aansteker-prop het ek vervang met 'n Anderson-prop wat hier kan inprop. 

.

  • Voor op die A-raam van die Exclusive, in die ou battery-hokkie, het ek ook 'n Anderson-sok aangebring wat gekoppel is aan die wa se fris battery wat na binne, agter geskuif is om ook die "movers" van krag te voorsien.

.

  • Ek het ook 'n lang verlengkabel aangeskaf  en Anderson-proppe weerskante aangebring.  Netso het ek die sigaretaansteker prop van die domkrag vervang met 'n Anderson-prop.

.

Ek kan nou my vrieskassie agterin die Pathfinder laai sonder proppe wat smelt omdat drade te dun is en sokke te pieperig is.

Wanneer die domkrag benodig is, kan die verlengkabel ingeprop word voor op die A-raam of agterin die Pathfinder.  Die kabel is lank genoeg om by enige van die Exclusive se vier wiele by te kom of by enige van die P/F se vier wiele.

Wanneer ons iewers kamp waar daar nie krag is nie, koppel ek eenkeer per dag die P/F se Anderson-sok deur middel van die verlengkabel met die sok op die A-raam van die Exclusive en top sodoende die battery in die Exclusive op.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 09/07/2019 - 10:08

Len ja, dit is 'n beter oplossing, maar toe ek dit gedoen het, het ek van daai sigaret sokke in die motorhuis gehad, daarom dit gebruik.

Pretoria

leeu

Tue, 09/07/2019 - 10:34

Ek stem ook vir die Anderson proppe, dit werk sonder enige probleme. Die Hella "male" en "female" kan nie dikker drade akkomodeer nie, en is nie gemaak vir baie gebruik nie.

Middag alle handige vriende

Julle ouens is sekerlik bewus dat mens ook 'n mini Anderson prop kry. Dit kom in 2 los dele, rooi en swart, wat netjies inmekaar skuif om 'n eenheid te vorm, indien nodig. Dit kan ook 30 amp hanteer en dan natuurlik die gepaardgaande dikker drade. Ek moes dit aanskaf om my elektriese neuswiel se kabel te vervang.

Ek het dit opgespoor by 4x4 Direct in Montana omgewing, net af van ou Zambesi rylaan.

Groete

Wessel