Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -14 hours ago

Beste roete na Punda Maria

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 08/07/2019 - 08:06
Forums
Oor presies 'n week DV ry ons uit Pretoria na Punda Maria. Aangesien hier 'n paar gesoute besoekers aan daardie geweste is wil ek graag uitvind wat die beste roete daarheen is. Is dit via Giyani soos Google maps voorstel?

Môre Wildehont

Ek was nog nooit self tot daar nie, maar wat van die volgende opsie;

ry al die pad N1, draai vir Tshipise en vandaar na Pafuri hek

Ek weet van die gesoute[ Kapenaars] manne verkies om by Phalaborwa integaan en dan kuier kuier boontoe te toer in park.

Groete

Wessel

 

Worcester

Wildehont

Mon, 08/07/2019 - 09:05

Dis nie 'n slegte plan nie, maar met twee kleuters in die kar soek ek die mees direkte roete. Sal eerder vroeër by die kamp wil wees en later uitgaan vir 'n wildrit. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 09:29

Ek is een van daardie ouens wat verkies om by Phalaborwa in te gaan (natuurlik eers by Safari Spa by die hek te oornag die dag vantevore) en dan deur te skiet noorde toe.  Met kleintjies in die kar is dit dalk 'n lekker breek.

Ek het 'n week gelede iewers op sosiale media gelees die pad oor Giyani is uitstekend en word aanbeveel. Alhoewel ek nog nooit oor Giyani gery het nie, het ek wel 'n bietjie verder aan op die N1 by Bandelierskop regs afgedraai en dan oor Vuvani gery.  Hierdie pad sluit aan by die Giyani-pad Punda toe.  Vuvani is in die onlangse verlede getref deur baie opstande en ek sal dit nie vandag ry nie.  Giyani word ook gepla deur nou en dan betogings, maar as jy vooraf die polisie op Giyani skakel en daar is nie betogings nie, sal ek beslis dié pad ry.

Secunda

Sleep nou

Mon, 08/07/2019 - 09:49

Wildehont ek sou by Aventura Phalaborwa hy is so 150 , 200 m voor Phalaborwa Kruger hek oorslap en volgende oggend by Phalaborwa hek ingaan my 2 c

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 10:47

Noudat ek weer kyk, dis heeltemal te ver van Phalaborwa-hek tot in Punda  -  206km, dus langer as 5 ure se ry in die Wildtuin sonder stop.  Met kleintjies in die kar is dit net té ver.

Vanaf Pretoria tot Phalaborwa is dit 469km + 206km = 675km tot by Punda. In die Wildtuin is jou spoed baie beperk en jy het beperkte stilhou plekke.

Vanaf Pretoria tot by Punda oor Giyani is 500km en jy kan redelik vinnig ry en vir die kinders stop waar jy wil en soveel kere soos jy wil,

As daar geen betogings op die betrokke dag is nie, sal ek beslis oor Giyani ry.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 08/07/2019 - 11:15

Alhoewel ons nie baie onlangs die Giyani-roete gery het nie, het ons dit by verskeie geleenthede gedoen. As jy nie sleep nie, is dit 'n heel aanvaarbare roete. Vir sleep is daar te veel (ongemerkte) spoedwalle wat jou verras in sommige van die klein nedersettings. Dit sal beslis my voorkeurroete wees as ek nie sleep nie.

Worcester

Wildehont

Mon, 08/07/2019 - 11:31

Ons vlieg op en huur 'n kar so ek dink ons gaan oor Giyani. Ons gaan by Phalaborwa uit want ons laaste drie aande is by Letaba. 

Dankie vir almal se insette. Die opwinding bou op en roetebeplanning is mos deel van die pret!