TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61852 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Erens moet ons ń begin maak,… Katalisators Arie -3 minutes ago
Willem as jy by Jurgens is… November 2019 - Koffiekroeg Arie -9 minutes ago
Alternatiewe kragbronne Katalisators wessels -15 minutes ago
Wind : Jongensfontein hier kom ons Len Loader -23 minutes ago
Hier moet ek met respek… Katalisators Wildehont -24 minutes ago
So Wessel, jy is heel genee… Katalisators neef Herman -32 minutes ago
Môre sê Iampforum November 2019 - Koffiekroeg Willem Brits -39 minutes ago

Die mooi en die lelik van die Wildekus

Magaliesburg
Submitted by GerhardtN on Mon, 08/07/2019 - 09:37
Forums

Met die afgelope Wildekus toer kon n mens weereens sien hoe swaar mense kry in ons land.

Vandat jy oor die grens gaan in Lesotho tot verby Wepener terug huistoe het ons daagliks bedelaars teegekom. Ek dink dit het deel van SA se kultuur geword. By feitlik al die kamp plekke het hulle ons gepla. Op die pad in die Oos Kaap staan kinders in rye en skreeu die heeltyd "sweets" en soek iets om te eet. Omrede jy stadig ry kom hulle feitlik tot teen die voertuig en so is een amper raak gery.

Die area langs die Wildekus is arm. Seker van die mees bewoonde areas wat ek nog gesien het. Orals staan die rondawel huisies(mooiste kleure). Daar is feitlik geen bome nie en baie beeste, varke en bokke. Jy sien nie voels nie, ook geen wilde diere nie, behalwe teen die kus en by Dwesa wat nog onder bewaring is.

Dis bestaans boerdery wat geen kapitaal genereer nie omrede elkeen net na homself kyk. Jy kan sien hoekom die ANC so goed doen in die Oos Kaap want almal het grond. Maar die paaie, infrastrukteer ens. is vervalle en in swak kondisie. Die mooi is teen die kus waar die strande nog redelik ongerep is.  Daagliks staan die "locals"by jou kamp en het sakke oesters, mossels en kreef te koop. Als net om n bietjie geld te kry. Krewe het verkoop vir R10-R15. 

By "Hole in the Wall" het die dronk karwagte ons gepla en tot klippe na n voertuig gegooi omrede die fooi te min was. Lesotho is altyd n ervaring en Afriski is lekker om te besoek. Die uitstaande kamplek was Dwesa. Dis by verre die beste kamp terrein en area. Daar is baie wild en die woud paadjies is pragtig. Mboyoti was ook mooi en die 4x4 trip na die waterval was n lekker ry. Lake Eland kamp terrein was netjies en daar is baie om te doen in die area. Die area om Wild Lubansi is mooi en lekker 4x4 ry maar dis omtrent al. Anchorage Hotel is verniel maar jy kan uitry na die rivier mond wat pragtig is. 

Ek dink dis n kwessie van tyd en die plekke gaan nog meer agteruit gaan. Jy het toerisme nodig om die ekonomie en standaard te lig maar as die regering nie aandag aan die paaie ens. gee nie gaan dit net slegter gaan met die mense. 

Die vraag is: Sal ek weer die area besoek? Ja, die ongerepheid van die kus en omrede ons self onderhoudend is swaai die besluit na positief. Sonder n 4x4 en "offroad" karavaan gaan dit moeiliker wees.

Secunda

Sleep nou

Mon, 08/07/2019 - 09:44

Ja dis jammer dat mense so sukkel om n bestaan te kan maak die wildekus is ook n toer op sy eie wat ook al jare op my bucket lys is wat ek hopelik eendag gaan aftik en se ek het hom gedoen

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/07/2019 - 09:46

Dankie Gerhardt, dis 'n wêreld wat ek glad nie ken nie en seker in my leeftyd nooit sal leer ken nie.  Buitendien, ons kampopset is nie ingerig vir soiets nie.

Nietemin, dankie vir die vertelling want ek leer graag by medekampeerders.  Nou vir die fotos asseblief.