TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61827 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef stem nie saam met die… Katalisators neef Herman -35 minutes ago
Sitplekke en deurpanele Amateur kan Willem Brits -37 minutes ago
Willehont, die man by wie ek… Amateur kan neef Herman -47 minutes ago
Spoggerig! Is die plan om… Amateur kan Wildehont -1 hour ago
Sitplekke en deurpanele in… Amateur kan neef Herman -2 hours ago
Katalisators Katalisators Willem Brits -2 hours ago
Wessle:

Die "controller"…
Froggy Bederf Harry Du Randt -2 hours ago

As jy weer in die Weskaap kom vakansie hou

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Tue, 09/07/2019 - 18:49
Forums

As jy ooit weer in of naby Kaapstad kom vakansie hou, onthou om die Afrikaanse Taalmuseum op Paarlberg in die Paarl te besoek.  Dit is baie meer as 'n museum  -  daar is pragtige staproetes (meeste selfs rolstoel-vriendelik) met lieflike tuine waar al die plante (let wel al die duisende plante) van naambordjies voorsien is.  Feitlik alles onder lieflike loewergroen bome.

Die absolute netheid is 'n wonderlike ervaring  -  niks is vervalle nie, geen sigaretstompies of gebruikte vuurhoutjies nie, geen onkruid in die tuine nie, net pragtige plante en bome eie aan hierdie area.

Daar is 'n restourant wat heerlike boere-geregte voorsien deur verbasend billike pryse.  En alle aanwysings is in Afrikaans met dikwels treffende sêgoed.  Kyk gerus na die klompie selfoon-fotos wat ek vandag geneem het.

.

.

.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/07/2019 - 19:38

......is 'n foto wat ek van een van die talle gedigte wat op verskillende plekke aangebring is, geneem het.

As jy nie lus het om die hele gedig te lees nie, lees ten minste net die tweede en laaste paragraaf  -  jy sal verbaas wees oor ons Afrikaanse taal !

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 10/07/2019 - 07:24

Len, as ek net vroeër hiervan geweet het,  maar gaan beslis met ons volgende toer daar aan klop, dankie vir die deel👍

Môre Len en ander

Ek was daar met die inwyding van die taalmonument. Ons moes onder die berg parkeer, en al die pad opstap.

Skielik besef ek, ek het oud geword en amper soos gedig sê " eenders pap op 65"

Groete

Centurion

Voortrekker

Wed, 10/07/2019 - 07:37

Ek was laas by die Taal Monument in 1988 gedurende die 150 jaar herdenkingsfees van die Groot Trek.    Ek onthou 'n groot optog van Voortrekkers met brandende fakkels na die monument toe en die verrigtinge by die amfiteater.  Wat ek die beste onthou is hoe ons die verrigtinge gebank het en agter meisietjies aangehardloop het angel

Môre Voortrekker

"Agter meisietjies aangehardloop", seker met 'n brandende fakkel of hoe?

Wessel

 

Dankie vir die deel, Len.  Ek dink tog ek moet een of ander tyd weer daar gaan draai. My vrou is immers 'n Afrikaans-onderwyseres en sy sal dit baie geniet