Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57209 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek gebruik heel balm. Dit… Stof tot nadenke Dusty -27 minutes ago
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -11 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -12 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -13 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -13 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -13 hours ago

Sprite Sabre

Boksburg
Submitted by OupaGiep on Wed, 10/07/2019 - 17:55
Forums

Hi al die kampers.Soek inligting kan mens op die sprite sabre met 205/15 of 195/15 ry.

Secunda

Sleep nou

Thu, 11/07/2019 - 08:06

Ek kan jou nie help nie maar bel gerus Comet in Boksburg hoop iemand hier kan ook jou help

Môre Giep

'n Vriend van my het onlangs nuwe bande op sy Sprite 6B gesit. Dit was Dunlop Endura 185/80x14,

Wat jy net van moet sekermaak is of daar genoeg ruimte is sodat band nie aan bakwerk gaan hak as 'n slaggat getref word nie. Dit is nie nodig om na 15 duim wiele te gaan om bakkiebande te kry nie. Dalk het die Sabre met 14 duim vellings uitgekom.

Genoemde bande kan die bruto gewig van 'n woonwa hanteer. 

Groete

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 11/07/2019 - 08:40

Giep, ek persoonlik, verkies 'n bree band op 'n karavaan, en natuurlik "C" rated, ie bakkie bande,as jou karavaan 14" vellings op het, sal ek aan beveel, gaan vir die 205, mits jy spasie het. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/07/2019 - 08:49

Oupa Giep, oorweeg gerus Wessel se aanbeveling vir Dunlop Endura 185/80x14 bande.  My 14 jaar oue Exclusive het in 2005 daarmee uitgekom en ek het dit intussen met dieselfde bande vervang.  Ek het nou al oor die 60 000km met die twee stelle bande gesleep, absoluut probleemvry.

Wat die "wheel arch" ruimte betref, as dit te beperk is, oorweeg verder om tussen die onderstel en die as "spcers in te voeg wat die probleem sal oplos.  Ek het dit met my vorige Penta en nou weer met die Exclusive laat doen.

Oupa Len

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/07/2019 - 09:39

Gideon,

Wat is die rede vir 15" bande ?

Tussen die 195 en 205 sal net werk as daar genoeg spasie is.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 12/07/2019 - 15:33

Gideon het my nou gebel.

Hy het die 15" bande al baie lank op en so tyd terug het hy 205 bande gekry en opgedit.  Met hulle laaste kamp het hy 'n slag gat getref en die wa het aan die een kant gesak.  Die versekering het hom verwys na ouens in Krugersdorp wat glo die onderstel versterk het en die ad vervang en nou hang hy weer.  Nou reken die ou asgevolg vandie groter bande wip die woonwa te veel en dasrom het sy sweiswerk los gekom ?

Volgens my kan die 15" bande nie die oorsaak wees nie, dalk is die ou se versterkings swak en dalk het hy nie die as fervang nie ?

My voorstel is om die woonwa na ander ouens toe vat en inspeksie doen.

Wat dink julle ?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 12/07/2019 - 18:50

Bande kan nie die oorsaak wees van 'n karavaan wat na die een kant hang nie.

As die onderstel aan die kant wat die slaggat getref het, na bo gebuig het, behoort die vloer en kassies aan daardie kant beskadig te wees.  Al genade is om 'n "spacer" net aan die een kant, tussen die as en die gebuigde onderstel-staaf in te voeg  -  dan behoort die wa weer gelyk te staan.  Daarna sal die reparasies aan die binnekant gedoen moet word.

Die foto wat ek gister op die Koffiedraad geplaas het van 'n Sprite Super Sport is deur presies dieslfde oefening nadat die versekering die wa afgeskryf het.

Daar is genoeg ruimte maar die ou wat my karavaan regemaak hetr beweer dit is die breedte en groote van die bande wat die skade veroorsaak want dit laat die karavaan meer stamp.

 

Ek het die karavaan gekoop met 15 bande op. was eers 195x15 en toe sit ek die die 205 x15 met n ander rim op wat meer spasie gee maar nou beweer die ou die grote bande maak dat die karavaan meer skud aldus het hy gese as ek nie weer die original bande en rim 175x14 opsit nie dan kan hy nie die werk meer waarborg nie.

Môre Giep

Iets klink nie lekker nie.

As jy al geruime tyd met die groot wiele gery het, en die wa was nie skeef totdat jy die gat getref het nie, beteken dit mos baie eenvoudig;

die groot wiele het nie 'n negatiewe effek gehad nie.

Met die slaggat het jy iets beskadig, dalk selfs meer as net die as. Indien die as vervang is, het jy iets anders gebuig, wat nie vervang is nie.

Sweiswerk kan natuurlik lei tot 'n verswakking in material, wat dan kan maak dat die wa weer gesak het.

Ek sal jou aanraai om die wa na iemand anders te neem vir 'n 2de opinie.

Groete

Wessel