Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Die Nuwe Penta !!!

Centurion
Submitted by Lolla on Wed, 17/07/2019 - 13:59
Forums

pnta

Jurgens Campworld het nou duidelik hulle koppe reg aangskroef, want die waarlike gebruikers van hulle produkte, ons dames, het die finale inset op die nuwe penta se ontwerp gelewer!

jC

p

Dit was 'n fantastiese oggend by Whisk Wine Bar en Restaurant in Irene saam met die ander dames wie hulle objektiewe menings kon lewer oor die finale praktiese uitlegte en kleur skemas van die nuwe Jurgens Penta 2019 model wat binnekort amptelik bekend gestel gaan word.

Ons kon lekker saam kuier met die Jurgens Campworld span en die eetgoed en drankies was absoluut puik gewees.  Dankie Jurgens Campworld !!!

p

Hierso is so 'n voorsmakie van wat verwag kan word van die nuwe  Penta woonwa:

p

p

p

p

p

 

Nog Jurgens Artikels:

Jurgens is Terug! ,

Jurgens Ci - Die Plot verduk ,

Jurgens Ci - Die Waarheid

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 17/07/2019 - 14:33

Smart sê ek jou, smart, ek is mal oor daai bed kassies by die eiland bed, ek stamp ewig myself teen die hang kas, maar sien nie kans om dit te verander nie👍👍

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 17/07/2019 - 14:36

Enigste ding waarvan ek nie hou nie, is die uit skuif kombuis,  ek verkies maar myne soos ons dit buite die karavaan op stel, net my opinie.

Middag vriende

Penta lyk netjies, hou van buite-kombuis, MAAR dit is steeds nie 'n Palma nie.

Dalk moet iemand dit opneem met Jurgens. Ek sou dink dat veral die dames bittergraag 'n toilet binne wil hê.

Groete

Wessel

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 17:04

Alhoewel ek ook nie van 'n buitekombuis hou nie, lyk hierdie een s'n netjies, mikrogolf en al ! Vir my lyk hierdie Penta pragtig. As ek reg kyk loop sy dak weeskante  bo-oor die symure se kante.  Indien ek reg kyk, is dit 'n noodsaaklike verbetering waar water op die ouer modelle makliker insypel om houtvrot te veroorsaak.

Ek sou ook sê die voorste handvatsels moes eerder teen die symure aangebring word want dis lastig om dit by te kom as daar 'n neuskombers oor die voorkant gespan is.

Ek vind dit interessant dat die agterste muur aan die onderkant, regaf tot onder loop en nie ingesny is nie.  Wanneer daar by motor-inritte (dikwels teen 'n helling)  in of uit gery word, mag daardie agterkant moontlik haak of skraap.

Dankie aan Kampforum se fotograaf !

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 17/07/2019 - 17:22

Lyk baie mooi.

Maar ek hou ook jie van die buite kombuis nie, teen die woonwa muur en die kos rook / stoom is altyd onder die tent.

Die leer bekleedsel hou ek baie van en is baie meer prakties.

Die spaar lyk my pas voor in die middel wat spasie aan die kante gaan beperk.

'n Buite opwas kraan sal goed tepas kom.

Dankie Lollas, Anton en Jurgens 👍

Ek sal besluit as ek die wa in lewende lywe gesien het dis maar min of meer huidge penta met ander neus en agterkant. buite kombuis like ek glad nie. iets wat hulle verbeter het as ek so op foto kyk is dat hulle die kaste langs die omloop bed weg gevat het. Kan nie mooi op foto sien nie. Ek hoop jurgens alle suksess met die nuwe reeks.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 09:12

Wat is die probleem met hangkaste weerskante van die dubbelbed ? Waar sou hulle daardie verlore hangkas-spasie heen verplaas het of is dit nou net weg ?  Ek het weer gedink dis 'n stap agteruit, alhoewel dit lyk nogal mooi.

Môre Len en ander vriende

Stem saam met Len, hangkaste is lekker prakties in 'n wa. Ek [veral beterhelfte] mis hangplek in die boswa. Langbroeke, baadjies en bloese hou beter as hang. 

Ek wonder of die betrokke dames onder die invloed was van iets om so te glip met die binne ontwerp---geen hangkas en geen toilet.

Gelukkig het hulle die kleur van die bande reggekry.laugh

Wessel

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 19/07/2019 - 10:00

Len, twee opserwasies:

1. Ek dink nie die dak hang oor die / of is gelyk met die kante nie. (Net soos die bestaande groote)  

2. Sover ek gehoor het, het hulle nou weg gedoen met hout,  dus is hout vrot nou nie meer 'n kwessie nie.

Natuurlik mag ek verkeerd wees? 

 

Hierdie Penta lyk baie mooi op die prentjies maar ek glo mens sal eers regtig 'n oordeel kan vel as mens, soos Ski se, hom in lewende lywe goed bekyk.

Volgens die prentjies lyk dit of die Penta lekker lig is binne en skep dan ook die gevoel van meer spasie. Ek wonder net hoe is sy gewig en ander afmetings vergelyking met die ou Penta. Sal seker ligter wees omdat hulle nie hout gebruik nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 13:42

O, jammer, ek kan nie eers onthou van die kassies langs die bed nie  -  te lank gelede 'n Penta gehad.  Wat ek wel onthou waarmee my annerhelfte baie in haar skik was, is die plekkie vir 'n Porta-Potti onder 'n opslaan-sitplek, juis daar langs die omloop bed.

Ek merk nou wel op dat net een van die hangkassies verdwyn het, een het gebly in die regterhoek langs die bed, maar die linkerkantse een is prysgegee.

Miskien moet ons vir Johann vra om vir ons 'n foto te plaas van sy Penta se "slaapkamer", dan kan ons lekker vergelyk.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 19/07/2019 - 14:56

Len, hier is die foto van die ou Penta slaapkamer.

Penta
Die twee geel blokke is waar daar nou 'n bed kassie is

By die "vanity" kassie is daar nou hang plek vir klere

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/07/2019 - 16:09

My opinie, ek hou meer van die ou Penta slaapkamer-uitleg.  Maar ek merk nou wel op dat daar geen rakkie is weerskante langs die bed se kopstuk nie  -  dit kan lastig wees as 'n mens iets daar oornag wou sit.

In my ou Exclusive se geval is daar wel sulke rakkies en die twee hangkassies nog steeds daar.

.

Middelburg

Noel

Sat, 20/07/2019 - 08:28

Nuwe Penta lyk baie smart en binne kleurskema is baie mooi. Ek verkies dit sonder die buitekombuis. Ek hou nogal van die bedkassie en die laaie kassie maar daar moet hangkas wees vir albei. My Fleetline het dieselfde hangkas setup soos Johann sin en ons is baie gelukkig daarmee. Ek verbeel my nuwe penta lyk smaller as die ou penta. Glo die nuwe penta sal die produksie opstoot.

Secunda

Sleep nou

Sat, 20/07/2019 - 09:15

Noel ek stem saam jou die penta lyk mooi baie mooi ek dink Jurgens het n wenner hier