Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -9 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -10 hours ago

Stof tot nadenke

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 22/07/2019 - 13:16
Forums

Ek (en my vrou) is seker nie die enigste kampeerders wat sukkel met skurwe hande en hakke wanneer ons kampeer nie? Veral na op- en afslaan/pak is dit erg. 

Ons was jare laas in die winter in die wildtuin en het vergeet hoe erg die stof die tyd van die jaar is. Die droogte het seker ook bygedra tot hoe baie stof daar tans is. 

Het julle enige wenke vir die bekamping van stof in en om jou kamp? Grondseile is natuurlik ‘n moet, maar wat help nog en is skoene dra (waarvoor ek nie lief is nie) die enigste manier om seer hakke te voorkom? En kan iets skurwe hande keer?

Middelburg

Noel

Mon, 22/07/2019 - 14:03

As ek n week lank plakkies loop, kry ek ook gebarste hakke. Daar is net 2 oplossing om gebarste hakke te voorkom is smeer gereeld roompies  aan jou hakke voor gaan slaap of draai skoene met kouse om voete klam te hou. 

Ek glo onwrikbaar daaraan.

Wie onthou nog die advertensie op TV? Hande, knieë, hakke elmboë hou van die lieflike room....smiley

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 22/07/2019 - 14:12

Karoo heel balm is net die een vir my. Het nog nooit n skurwe hak of hand gehad nie, en my hande loop deur met die diesel en dinge.

Stof in die kamp, nou ja, dit is soos sand in die Kalahari, hy is maar daar, raak lief vir hom.

Pretoria

Slowstrike

Mon, 22/07/2019 - 14:55

My vrou het lank gelede `n moewiese voetvyl gekoop. Dit was basies net `n plankie met growwe skuurpapier weerskante vasgeplak. Ek het sommer `n klomp plankies geny en self die goed gemaak met 100 grit skuurpapier.

As ek my skoene van binne af beginne deurloop dan word so een nader getrek en die velle waai in `n stofwolk. As dit mooi glad geskuur is word "Heel Balm" gemeng met hands knees and elbows" opgesmeer en dan kouse. Dit help nogals as al daai harde velle afgeskuur is.

Wenk. Moenie dat jou vrou dit doen as sy knorrig is vir jou nie.

As ek op grond kamp en daar is geen gras nie (Soos by die Eiland) sal ek `n dropsheet onder die grondseil sit. Dit help so effe vir sand intrap maar vir stof dink ek nie daar is iets wat help nie behalwe reën en dan is dit net tydelik. 

Ek sit eerder by `n kampplek in die stof as op kantoor

Groetnis

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/07/2019 - 16:24

Ek het moeg geraak vir daai plankies en besluit genoeg-is-genoeg en een van dié hoek skuurders gekoop.

.
Jy kan nou die grofgeit van die skuurpapier vervang.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 22/07/2019 - 18:30

Ek het begin met "baby grinder" maar gevind dat 'n 210mm hoek slyper vinniger werkwink

 Ek haat room aan my hande, maar sal in die winter, soms, voor ek gaan slaap, net vinnig aan smeer, met my voete wag ek tot ek aan die matte vas sit,  dan smeer ek maar "foot balm" van Ingram dink ek.

Secunda

Sleep nou

Tue, 23/07/2019 - 14:28

Speen salf wat gebruik word vir koeie werk soos n bom en ek ook n week met plakkies is my hakke gaar

Centurion

Dusty

Wed, 24/07/2019 - 05:16

Ek gebruik heel balm. Dit werk vir my  goed. Normaal weg smeer ek dit in die oggend aan voor ek my skoene aantrek  en wanneer ons kamp weer in die aande.

 

room