Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58553 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Soos julle kan sien is die… 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -32 minutes ago
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -44 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago

Jurgens Explorer 2002 Ja of Nee?

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 31/07/2019 - 12:37
Forums

Ons kampeer gewoonlik met ons Venter Bushbaby met sy daktent. Dis vir my en die gesin heel lekker maar soms jeuk mens se agterstewe mos. 

Ek kan nie ‘n R300k karavaan bekostig nie (ek kan skaars ‘n R100k ou 2de handse een bekostig) en het ‘n boswa nodig agv die soort plekke waarheen ons graag gaan. So snuffel ek rond en sien ‘n 2002 Jurgens Explorer met tent by wat ek amper kan bekostig. 

Nou wil ek weet; is hier van julle wat ervaring het met die wa, en veral so ou een? Ons is ‘n gesin van 4; ek en mamma (albei aan die langer kant) en boetie (4,5 jaar) en sussie (2,5 jaar). Ek soek nie ‘n huis op wiele met 2 slaapkamers, ‘n vol kombuis en en suite geriewe nie en soos genoem moet ek Kgalagadi toe kan gaan. Kan (so ou) Explorer werk vir ons? Ek sleep met ‘n 2011 Everest 3,0 TDI 4x4 auto. 

Middag Wildehont

Op die ou end gaan net julle kan besluit of dit gaan werk, maar hou die volgende ingedagte;

1] gaan kyk na die wa, en laat toets vir houtvrot

2] kyk of bed-opsies voldoende is

3] dit het 'n buite kombuis en aanrits badkamer, meer weet ek nie

4] gaan kry info by handelaar en "weeg" op die voorskrifte tov Everest lisensie gewig, die bruto gewig van wa ensovooorts.

Ek het ook 'n Explorer oorweeg, maar my trokkie is letterlik geweeg en te lig bevind. Dit is goeie boswoonwaens.

Groete

My swaer het een wat hy baie geniet, sleep hom either met sy Landcruiser D/C of sy Hilux 2.8, albei doen goed, so jou Everest sal hom haak laat hy k@k.

Hy is swaer, hy is beknopperig binne, hy is donker binne, maar as jy wil rof en onbeskof gaan ry gaan hy werk.

Middag Wildehont

Nou gou jou denkwyse omkrap.

Jy het seker opgelet dat Pierre sy Kavango adverteer, leen teen jou huis en koop dit. Ten minste kan 'n Kavango nie houtvrot ontwikkel nie, en is veel ligter om te sleep. Selfs met 'n EB lisensiedevil

Groete

 

 

leen teen jou huis

Dankie maar my verband is ver vooruit betaal en ek wil dit graag so hou. Ek het ook nog nooit eers so duur motorkar gekoop nie so ek sal myself nie kan kry om dit te betaal vir 'n karavaan wat ek hoogstens een maand uit die 12 in totaal sal kan gebruik nie.

Dalk moet ek maar net die Bushbaby se tent opgradeer. Dit gaan my nie meer as R15k kos nie. Of dalk moet ons maar hou by wat ons het. Dit beteken 'n ekstra tent op en afslaan maar dit vat my seker nie eers 15 minute aan die begin en einde van die kamp nie. Daar spaar ek myself nou klomp geld laugh

Daar spaar ek myself nou klomp geld laugh

Stem saam Wildehont, om jou gat in n klomp skuld te dompel vir iets wat eintlik onnodig is skryn ook teen my waardes.

Dis waarom ek die ou (amper soos nuut) 99 Rapier gekry het, as hy staan en stof kry in die garage voel ek nie skuldig nie want hy is myne, nie die bank se wa nie.

......en jy kan hom lekker inrig en beter maak soos jy wil. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 01/08/2019 - 13:27

Chris, ek is ook allegies vir skuld  (my opinie - as jy nie kontant kan koop nie, kan jy dit nie bekostig nie). Dit, daar gelaat.

Jy moet ook in gedagte hou, jou kinders word groter, dit beteken, hulle gaan meer spasie soek. As ek kon raad gee, sou ek sê, kyk uit vir 'n goeie op gepaste woonwa wat aan vier mense se behoeftes gaan voorsien.  Daar is baie winskopies, jy moet net geduldig uit kyk. 

Worcester

Wildehont

Thu, 08/08/2019 - 10:24

As dit môre nog beskikbaar is gaan ons na 'n 2007 Echo Kavango kyk wat meer in my prysklas is. Hou duim vas dat dit nog is. Die verkoper het dit van nuut af maar het nou 'n groter wa gekoop. 

Is daar iets spesifiek waarna/voor ek moet kyk/uitkyk?

Môre Wildehont

Ek hou duimvas. Wat is ingesluit by die prys hopenlik;

die koel/vrieskas --maak dit koud

battery toestand- grootte en jaartal [normale verbruikbare item]

spaarwiel is standaard

gasbottel is standard [dalk meer as een]

2 plaat gasstofie standard gemonteer

daar behoort 'n uittrek Tafel te wees in klap van buite kombuis kas

Messegoed en eetware vir 4 of 6 persone

Check of waterpomp en pressure switch korrek funksioneer---as krane toe is moet pomp nie loop nie.

Is al die pale daar vir tentdak, ek vermoed daar moet ten minste 4 wees.

Die 4 paaltjies om storm dak oor voorste oopklap tent/bed te span, gewoonlik onder matras gebêre.

Afhangende van stort/badkamer uitleg, maak seker alles is daar, ook die stortpan wat ook dien as vloer in sommige uitlegte. 

Vra of die sykante vir tent bekikbaar is, mens koop dit opsioneel by. Anders sal jy moet bykoop.

Google gou Echo kavango en kyk na beskrywing van intree model. Ek vermoed die 2007 model behoort daaraan te voldoen. Jy is welkom om my te bel indien nodig--083 308 0397

Groete

 

 

Middag Wildehont

Ek het vergeet om te noem---ek kamp met 'n Kavango, sien foto.

Groete

Worcester

Wildehont

Thu, 08/08/2019 - 11:37

Baie dankie Wessel. Volgens die advertensie is alles ingesluit wat jy genoem het, asook 'n sonkrag stelsel en die voorste tent is onlangs vervang. Op die fotos lyk dit ook asof alles daar is. Hopelik is dit môre nog beskikbaar dan sal ek let op die ander punte wat jy noem.

As dit dié een is lyk dit goed

Ek het na daardie een gekyk en keer op keer probeer kontak maar die nommer gaan altyd oor na stempos en hulle antwoord nie e-pos nie. Het een teen nog ‘n beter prys gekry wat ook goed lyk op fotos. Gaan vandag hoor of dit nog beskikbaar is surprise