Forums
More almal Julie het gekom en gegaan nou is dit Augustus die maand wat wind bring so skink daai koffie of tee vir Augustus en gaan groot vrede.

Nuutste Forum Insette | onderwerp | deur: |
---|---|---|
Johann, die "payslip" laat… | Lag 'n slag | Dusty -12 minutes ago |
Arie, hoe gaan dit daar by… | Geduld. | Dusty -19 minutes ago |
Goeie môre almal. … |
Desember 2019 - Koffiekroeg | Dusty -23 minutes ago |
Vat hom | Kamp met.....reen.. | Sleep nou -57 minutes ago |
Warren gaan groot | Silly season again... I'… | Sleep nou -1 hour ago |
Petrol dorp | Reën.............. | Sleep nou -1 hour ago |
Ek sien dit | Ontgroening? | Sleep nou -1 hour ago |
More almal Julie het gekom en gegaan nou is dit Augustus die maand wat wind bring so skink daai koffie of tee vir Augustus en gaan groot vrede.
Goeie môre Shaun en ook die…
Goeie môre Shaun en ook die ander.
Tee is lekker vanoggend op hierdie eerste dag van Augustus. Laaste winters maand volgens die boeke.
Lekker dag vir elkeen
Kampforum …
Môre sê Kampforum
Sien hier het meer dié draad gelees as wat hier inskrywings is ?
Geniet jou dag voluit in vrede.
Mooi foto op draad
Dankie virrie foto op koffie draad did mos hoe daar koffie gemaak word so skink daai koffie hulle en geniet hom vrede
More Almal
Dit is n nuwe maand met sy nuwe dinge.
Ek mis oom Len. Is hy weer op toer iewers.
Dit is amper naweek en ek begin weer beplan vir kamp.
Geniet julle dag en wees veilig
Môre sê kamp vennote, julle…
Môre sê kamp vennote, julle moet die maand van wind geniet, die wind bring die reen, die reen bring die mooi, die mooi bring ons na die oorde.
Ja, ek hoop Len kom kuier gou weer, ek verbeel my hy het gesê hy gaan kamp die maand?
Goeie more, lekker foto op…
Goeie more, lekker foto op vir die maand.
Julle moet hierdie eerste dag van die winderige maand geniet, hoop hy waai die reen biki nader!!
Goeiemôre mense! Julle moet…
Goeiemôre mense! Julle moet die dag en nuwe maand geniet!

Goeie môre almal !
Goeie môre kampvriende vanuit 'n heerlike sonskyn, amper lente, windstil (ten spyte van Augustus-maand) dag met tog nog 'n knypie koue in die lug, hier in Brackenfell.
Ons het die afgelope weke kort-kort heerlike reën gehad soos hoe dit destyds altyd in die Kaap was. Hoop dit is 'n teken van die terugkeer na die destydse weerstelsel.
Ons leef-wêreld vandag het soveel uitdagings dat 'n mens noodgedwonge wonder wat het ons nuusberigte 30/40 jaar gelede gesê. In die noorde van die land sukkel 'n mens om ongeskonde by 'n Kruger Wildtuin-hek in te kom en in Suid-Afrika se hoofstad bring busse en vullis-trokke die stad tot stilstand. Hier in Kaapstad is die prestasie behaal om die 9de gevaarlikste stad in die wêreld te wees - selfs in die Tafelberg Natuurreservaat is 'n buitelandse toeris vermoor, die hoeveelste geval ! Om nie eens te praat van die Weermag wat op die Kaapse vlakte ontplooi moet word omdat moord en geweld onbeheerbaar geword het.
En dan sit ons met onbeholpe munisipaliteite, tot op die kleinste dorpies, wat nie dienste aan inwoners lewer nie en geen benul het van finansiële en operasionele bestuur nie. Om nie eens te praat van hoe die howe gebruik word om mekaar te takel nie, selfs ons President, ministers en die Openbare Beskermer - selfs Ou Mutual en hul afgedankte Bedryfshoof.
En dan is daar nog bekende, suksesvolle sakemanne (Packham en Howe) wat hulle vrouens op wreedagtige wyse vermoor - een verkool haar in die bagasiebak van haar motor en die ander een hang haar op agter die hotel-badkamerdeur.
Studente-moleste in Stellenbosch loop ook uit op een tragedie na die ander - een verstik tot die dood toe in sy eie braaksel na 'n drink-sessie, een meisie val haar dood uit 'n koshuisvenster en 'n ander man val ook uit 'n koshuisvenster.
Behalwe dat Suid-Afrika finansieël bankrot is, sit ons met 'n reuse werloosheid syfer van 29%.
Die prentjie is nie naby voltooiing sonder al die afskuwelikhede wat by verskillende kommissies van ondersoek (veral die Zondo Kommissie) ontbloot word nie.
Ek is maar te dankbaar dat ek my geloof het om aan vas te klou vir die toekoms want ek weet regtig nie hoe bly 'n mens anders staande nie.
Hierdie sombere prentjie is ongelukkig ook kampverwant want dis ook ons leefwêreld waarin ons kamp of probeer kamp.
Middag almal
Kolskoot Len, jy slaan die spyker op sy kop met alles wat jy hierbo sê. Ek het nie meer woorde om te verduidelik hoe moedeloos mens raak oor alles nie.
Ek was gister by 'n dermatoloog wat 'n seerplek op my lip gebrand het. Die slegte nuus is dat dit kanker is (of hopelik was). Die goeie nuus is dat dit nie kan versprei na ander dele van die liggaam nie. Die prosedure was uiters pynlik en vandag is dit nog baie seer. Ek gaan ook more na 'n mond en kaak spesialis.
Geniet die res van julle dag. Groete.
Middag Freda!
Middag Freda!
Ek sit ook maar in my tronk…
Ek sit ook maar in my tronk sel en kyk by die venster uit, deur die tralies en lemmetjies draad op die heining.
Wag honde wat loop tussen die tralies en heining, asook kameras wat elke beweging dophou. "Beams" is geaktiveer en skerpligte skyns saans die donkerte in.
Kos kaste vol kos. Groot Generator as back-up en ook back-up water tenk.
Voel veiliger in my sel, as daar buite.
Een voordeel, ek het darem my tronk sel se sleutel.
Môre sê Kampforum Alleen…
Môre sê Kampforum
Alleen hier dié tyd 02:51, my slaap is versteur en nou slaap Surette te lekker
Geniet jou dag voluit in vrede.
Goeiemôre Willem. Goeie môre…
Goeiemôre Willem. Goeie môre ook die res.
Is nie lekker as jou slaap versteurd word nie. Ek lê en wag al van half twee af vir opstaan tyd.
Die weke gaan nou te vinnig verby. Dit voel vir my dit is net Maandag en Vrydag en dan weer Maandag en weer Vrydag.
Lekker dag vir elkeen en geniet die naweek.
More Stoffel en vriende
More almal die forum maar stil skink daai tee / koffie geniet hom dis naweek gaan groot vrede
Goeie môre aan almal, geniet…
Goeie môre aan almal, geniet jul dag en naweek.
Wie gaan kamp die naweek?
Goeiemôre!!! Die nuwe week…
Goeiemôre!!! Die nuwe week is om die draai, maar gelukkig is daar darem 'n ruskansie wat voorlê!
Geniet hom!
Laat ek gou die kinders skooltoe neem en dan 'n bietjie werk.
Groete
More More
Sondag is dit weer klein potjie dag vir ons. Yvonne het Woensdag verjaar nou hou ons n potjie dag vir al haar oumens vriende
Geniet julle naweek en wees veilig
More almal, dis n mooi…
More almal, dis n mooi oggend met die lente wat om die draai lê en loer.
Die naweek begin om my karavaan te pak en sulke dinge en weer te kyk dat alles reg is vir die kamp die langnaweek, en as alles reg is, sommer weer deur alles te gaan.
Mens kamp mos al n week voor jy gaan kamp!
Net so, Frik, net so, die…
Net so, Frik, net so, die Penta is altyd kamp greeed, maar 'n week voor die tyd, begin ek ook daai juk kry en maak skoon en pak oor reg.
Môre almal. Sterkte tante…
Môre almal.
Sterkte tante Freda. Vertrou maar die proses van die dokters en glo dat die euwel wel weg is.
Harry Jy beskryf 99% van ons met die heinings ligte alarms ens. Ek kyk darm verlangend na die amerikaanse flieks en begeer daai huise sonder heinings en dieweerings.
Dit is `n heerlike oggend in Petoorsdorp en glad nie koud nie. Ek wonner of daar nog vir oulaas `n erge kouefront hier `n draai gaan kom maak.
Gaan môre saadjies begin plant in plantbakke vir die groentetuin. Wil die jaar vroeg beginne
Groetnis