Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Waar gaan jy die langnaweek heen?

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 07/08/2019 - 11:57
Forums

So wat beplan jy vir die langnaweek? Ons ry môre na werk weer Grootvadersbosch toe tot Sondag. Ons bly gelukkig in een van die hutte want hier is twee fronte oppad en die NW waai al woes van Maandag af. 

Geniet jou langnaweek waar jy ookal gaan en ry veilig! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 07/08/2019 - 12:18

Gegewe die weersomstandighede wat jy hierbo beskryf, bly ons net mooi tuis hierdie langnaweek !  Maar Addo, Bergkwagga en Karoo is om die draai oor 19 dae !

Middag vriende

Ek het nie meer lus vir kampterreine wat oorvol is met jillende, skopfiets rasende kleuters nie.smiley Ek het nie werklik 'n probleem met kinders nie, maar ek probeer langnaweke se toeloop vermy, hetsy op die pad en ook in gewilde oorde.

Verlede Maandagaand se 1ste Voetspore program het my so lus gemaak vir roosterkoek, dat ek myself gaan bederf met 'n braai Vrydagaand, wat roosterkoek sal insluit.

Met die heerlike kamp-weer hier by ons, sal dit eintlik 'n heerlike naweek wees om diep in Bosveld te gaan rondsleep.Sal maar so effe poging aanwend om in tuin te vroetel, net om verskoning te hê vir 'n bier.

Groete en lekker kamp  

Fochville

Lapskag

Wed, 07/08/2019 - 12:49

Kamp gaan ons kamp die naweek, niks bang vir 'n bietjie koue nie. Daar is mos vuurmaak hout en warm lakens en al daai mooi giete wat kan saam gaan.

Ek sal maar weer by my ou lekker plekkie gaan kamp opslaan by Eastco Parys, daar waar ek weer kan herlaai en so bietjie kop skoon maak.

Geniet julle naweek en hou matigheid voor oë

Ons gaan by die huis bly, ons student kom kuier van Potch af en die aspirant skoonseun word die naweek aan ons voorgestel.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 07/08/2019 - 13:12

Ons gaan Midrand toe, nie kamp nie, ons peetkind vlieg Sondag England toe vir die Protea onderwater hokkie toer, gaan koebaai sê.

Vir die werkende "jeug"😁

Jeug

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 07/08/2019 - 14:24

Mona, daardie eerstejaartjie is darem vinnig uit die blokke ! Julle twee oumense moet nou oor die naweek 'n goeie voet voorsit om nie die mannetjie af te skrik nie.  Wat gaan jy omtrent die bier situasie doen -  gaan jy 'n bietjie uitvars of gaan jy die knaap wys waar Dawid die wotels (of bierbottels ?) begrawe het ?  Wees tog nou maar kalm met die knapie, jy wil tog nie hê jou Annerhelfte se werkgewer moet jou kom oplaai nie.

Ons hou van julle gereelde familie-fotos op sosiale media en ons soek na die naweek fotos van die nuwe uitgebreide familie ook hier op die forum !

Ns. Moet nou nie vir Boetie afskeep die naweek nie !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 07/08/2019 - 14:30

Gesie, ek aanvaar jy praat nie met Voorie nie.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 07/08/2019 - 14:36

Nee oom Len, oom Voorrie het ewe ongeskik kom indruk. Baie voorbarig!

Dit is aan die oom met die dop op sy kop gerig! smiley Hy sal moet baie paraat wees.

Oom Len, hoe sal ek nou se, die seun sal moet beste voet voorsitlaugh. Ek probeer juis nat hout reel en hom aan die werk sit daarmee en vuur te maak vir braai as hy sukkel sal ek hom maar moet vra hoe hy vir my dogter wil sorg as hy nie eers vuur kan maak nielaughlaugh.

Ek hoop die seun hou van bier dan sal ons mos redelik goed oor die weg kom wil juis uitvind of hy van kamp hou anders leer ons hom gou gou. Ek sal maar kalm wees met die knapie ek is nie so seer bang vir my beterhelfte se werkgewer nie maar sy het so snaakse manier om my naam te se wat tot die papagaai se vere laat regop staan. wat boeta betref, hy sal self sorg dat hy nie afgrskeep word nielaugh.

Aparte slaapkamers vir die tweetjies ook seblief!

Natuurlik ons het juis die spaarkamer uit geferv so 2 naweke terug, en ek maak ook voorsorg dat daar nie laat in die aand rondgedwaal word in die huis nie 

Hy sal moet baie paraat wees.

Ja Gees, ek is redelik. Ek het my kinders altyd wys gemaak dat ek die boek oor nonsens aajaag self geskryf het en ken al die "tricks" so ek hoop maar hulle glo my