Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

Die wat Mosambiek ken sal verstaan

Empangeni
Submitted by Johan Coetsee on Wed, 07/08/2019 - 12:52
Forums

PEDRO DIE RIGTINGWYSER

Hier in 2007 het ek en vroulief in Inhambane, Mosambiek gewoon vir so 14 maande. In Junie het sy besluit om vir die kinders te gaan kuier en ek is toe tydelik alleen. Nou ja, wat doen ‘n man as jy so alleen is. Jy doen wat jy nog altyd wou. Vir my is dit verkenning. Ek hou daarvan om na plekke toe te ry en dit te gaan verken. My vrou ken al my “net nog ‘n bietjie verder” manier van doen.  Nie dat sy altyd daarvan hou nie.

Inhambane is, soos ek dit noem, op ‘n see-meer geleë. Na die ooste maak die land so 2 punte van weerskante en laat die seewater deur. Dit skep so ‘n binnelandse meer wat saam met die gety sak en lig. Maar daar is geen branders nie. Nou reg noord vanaf Inhambane is daar ‘n plek Lingalinga. Hy sit ook op die meer maar naby die boonste punt. Ek het gereeld so groterige diepsee boot gesien wat vasmeer by die Inhambane hawetjie en dan word baie proviant vanaf die winkels en die mark op die boot gelaai. Eendag het ek die skipper gevra waar hulle vandaan kom en hoor toe dat hulle van die Lingalinga Lodge af kom. Net daar bespring die nuuskierigheid my . Een Sondag pak ek ‘n  toe ‘n rugsak, sit my surfski in die water om die tog oor die water na Lingalinga aan te vat. Maar....ek het dit nie gemaak nie. Die wind het opgekom en die see-meer het nogal rof geword. Ek draai toe maar om en ry die golwe windaf terug na Inhambane. Ek geniet toe die golf ryery so dat ek bietjie verder ry as waar ek ingegaan het en by die hawetjie uitkom. Vanaf die pier het die manne my sien aankom. Toe ek op die sand langs die pier uitklim is daar nogal ‘n klomp wat saamdrom en my vra waar ek vandaan kom. Nee sê ek, sê eers vir my watse plek is dit die. Inhambane sê een. Mosambiek vra ek?  Ja Mosambiek, maar waar kom ek vandaan, hou hulle aan? Jy moes hulle gesigte sien toe ek sê ek kom van Madagaskar af. Dit het my so 6 dae gevat om daar uit te kom. Mompel, mompel kopskuddent en in ongeloof het hulle een-een weggestap. Ek het iets gehoor soos...he is mad van een af.

Maar dit was nie die einde nie. Ek moes by Lingalinga uitkom. Die volgende dag was ‘n publieke vakansiedag in Mosambiek.  Ek pak toe my 4 baai Forduzu(Isuzu met ‘n Ford engine) en vat die pad vroeg die oggend. Om net aan die weste kant van die meer uit te kom is so ‘n 50km ompad om die meer. Daar is die dorpie Maxixe. Soos die kraai vlieg is dit 5km oor die water. Dan van Maxixe is dit so 40km tot by ‘n dorpie Morrumbene. Ek het uitgevind ek sal daar die pad kry na Lingalinga toe. Maar ek was gewaarsku. Vanaf Morrumbene is dit sand al die pad en nogal ‘n hele ent.

Net anderkant  Morrumbene sien ek ‘n bordjie wat Praia Morrumbene wys. Nou Praia is strand so ek neem aan dit is die pad. Daar sal seker ‘n afdraai na regs na Lingalinga wees. Ek volg die pad en hy hou net aan en aan.  Die redelike grondpad word later net 2 spore in die sand maar ek druk deur. Daar is nêrens ‘n afdraai na regs nie. Uiteindelik, na seker so ‘n uur se 4x4 deur die sand sien ek die see voor my. Ek sien ook ‘n paar sulke A-raam huisies en stop daar. Daar is niemand by enige van die huisies nie, net ‘n werker wat voor een van die huisies in so ‘n tuintjie werk. Tot my verbasing praat hy gebroke Afrikaans. Ek vra hom toe hoe kom ek by Lingalinga. Nee sê hy, van hier af ry die mense sommer strandlangs soontoe. Hoe ver vra ek? So ongeveer 10km antwoord hy.

Ek val in die pad of sal ek sê in die sand. Teen die tyd is dit so 10-uur en dit begin warm raak (ja warm in Junie). Ek vorder toe nogal goed vir so seker 8km. Ek kom toe op ‘n plek waar die see ‘n redelike skuins wal gevorm het. Dit was toe net laagwater. Ek probeer die skuins wal aanvat want dit is dan die enigste pad. Maar weer nee...... die bakkie wil nie. Hy begin so sywaarts see se kant toe gly aan sy agterkant. Ek stop dadelik en weet sommer dadelik. Hier is nou groot bollies. So het ouens al hulle karre verloor as die gety inkom. Ek besef ek het so 3 ure  tyd om die bakkie uit te kry. Ek kan op geen hulp staatmaak nie. Ek grawe toe spore agter die wiele met my hande, sit palmblare en dryfhout en wat ek ook kan kry daarin. Selfs die bakkie se vloermatte. Dan ry ek so 2m agtertoe tot hy weer begin gly. Proses van voor af, oor en oor tot ek die bakkie, na seker so ‘n uur se gesukkel, uit gekry het.  Warm natgesweet en moeg maar my wil is nog nie gebreek nie. Nou weet ek. Strand langs kan ek nie. Draai om

Terug by die A-huisies is daar nou niemand te sien nie. Ek vat toe maar weer die pad Morrumbene toe. Daar uitgekom vra ek by die vulstasie. Een ou verduidelik vir my dat ek ‘n paaidjie skuins na regs sal kry tussen die huisies deur net so end terug waar ek vandaan kom. Dit is die pad. Ek kry die paadjie, geen aanwysers nie. Ry so tussen die selfgeboude hout huisies en bome deur. Na ‘n ruk weet ek nie of ek op die regte pad is nie. Ek vleg net tussen huisies deur en dit lyk of ek op pad is na nêrens.

Voor my sien ek ‘n lekker opskop. Dit is ‘n lokale kroeg. Taverne noem hulle dit. Daar is harde musiek en mense dans buite. (11 uur in die oggend!)

Ek hou stil en maak die linker venster oop. So ‘n jong knaap slinger, slinger nader, wynglas in die hand. Met sulke leep oë kyk hy my aan. Hello friend, sê hy, come join party. Is this the way to Lingalinga vra ek. Voor hy antwoord, sluit hy die deur, deur die oop venster oop en klim in (die sentrale sluit werk lankal nie meer nie). Come, my name Pedro, I show you, sê hy. Hy praat toe in Portugees met twee ander ouens en toe sien ek dat hulle ook wil inklim. Gelukkig was die agterste deure gesluit en ek trek weg voor hulle kan. Stop, stop, skree hy. Friends go with. No ways sê ek, you show me or get out. Si, Si, I show, I show. So ry ons verder. But is this the way? vra ek. Si, Si sê hy en wys regguit aan. Ek maak liewer toe al die vensters oop (die elektriese vensters werk nog) want dit ruik of die ou dae laas gebad het. Dan is daar nog die wynreuk ook!

Na so 5km se kronkel twee spoor paadjie en al weg van die huisies af, kom ons by ‘n alleen huisie. Stop, stop, stop skree hy. I call father. So in die ry maak hy al die deur oop. Ek stop en hy spring uit. Hy val eers in die sand en strompel verder. Na ‘n rukkie kom hy saam met ‘n ouer man uit. Die klim toe agter in. Wel dit is goed dink ek. Nou is hier tenminste iemand wat die wêreld sal ken en die dronkgat in toom sal kan hou. Ek sien lig in die tonnel. Bom dia sê die omie toe hy inklim. Bom dia sê ek en trek weg. Na so nog 5km is daar weer ‘n alleen huisie. Stop, stop hoor ek weer. Wat nou? dink ek vererg en stop maar. As hy nou weer uitspring gaan ek wegry en hom los. Dit lyk mos nou in elk geval of ek op die regte pad is.... Nee, nie hy nie maar father klim uit. Die bliksem het sowaar net vir sy pa ‘n saamry geleentheid gekry. Nou is ek eers warm onder die kraag. You can go, I show way sê hy. Moerig trek ek weg en ploeter voort. Skielik is daar die een afdraai na links en ander na regs tot, na ‘n ruk sien ek die knaap weet ook nou nie hoe verder nie. Voor ons is weer ‘n alleen huisie. Stop, stop sê hy, I ask people, they know.

Na so 5 minute kom hy saam met ‘n redelike aanvaarbare sober jong man daar uit. This friend know way sê Perdro, he show us. Ek laat dit maar toe want dit lyk na ‘n knaap met ‘n mooi oop gesig. Friend name José, sê Pedro. Bom dia, Bom dia groet ons en ek ry aan. José ken toe duidelik die pad en ons vorder goed. Na ‘n ruk kom daar ‘n pad wat so van regs by ons aansluit. Van daar af was die pad baie uitgery. My Forduzu se pens sleep kort, kort in die sand so hoog is die middelmannetjie maar ons druk deur. Skielik lui my selfoon. Hy lê op die konsole tussen die sitplekke. Pedro gryp die foon en wil dit antwoord.  Ek strip toe al die moere wat nog vas is en gryp sy dun armpie vas. Ek buig sy vingers oop en haal die foon uit. Teen die tyd is die foon weer stil. Vies vertel ek die mannetjie dat ek nou genoeg van sy st- -nt opgevreet het en as hy nie nou sy bek hou en hom gedra nie gaan ek hom aan sy keel gryp en do- -er. Groot oë hoor ek hy sê: sorry, sorry, me OK, me OK.

So hou ons aan en aan, km na km. So in die ry hoor ek die twee praat met mekaar in Portugees. Ek hoor die woorde: Dois mil Meticai, wat ek weet beteken 2000 Meticai. Dit is so R550 weet ek. So die mannetjies is besig om te bespiegel dat ek hulle soveel gaan betaal omdat hulle die pad gewys het. Dit sal die do- -erse dag wees. Ek het nie vir hulle gesê dat hulle in die kar moet klim nie en nog minder is daar enige ooreenkoms van betaling. Ons gaan maar sien hoe kry hulle die geld uit my uit. Ek het nie eers soveel by my nie.

Later begin ek wonder hoe die manne weer by die huis gaan kom want ek gaan die res van die dag by Lingalinga spandeer en ek gaan hulle nie geselskap hou nie.

How will you get home? Vra ek vir Pedro. Noa problemo, sê hy, we take dow from Lingalinga to Morrumbeni. Dow is Portugese naam vir die plaaslike seilbootjies so die saak is opgelos.

So ry ons aan. Ek hou die afstand op die meter dop en na 28km kom ons uitendelik by Lingalinga aan. Dit is seker so 15km na ek José opgelaai het. Nie een keer enige ander voertuig teë gekom nie.

Lingalinga is ‘n pragtige plek. Daar is heel paar vakansiehuise wat deur Suid-Afrikaners gebou is. Ek sien toe ook sommer hoekom die pad so diep uitgery is. Onder ‘n boom staan ‘n Samag 4x4 trok.

Toe Pedro en José uitklim kom die opdrag van Pedro: Now you pay Dois mil Meticai for us show way.

Nouja dit was ‘n mo- -se stryery en na seker 30 minute insluitende vertolking van ooreenkomste wat nie gesluit is nie, deur ‘n ou wat daar werk, betaal ek elkeen R100 en hulle is daar weg. Ek stap rond en besigtig die plek. Dit was alles die moeite werd. Selfs ten spyte van die R200. Dit is ‘n ongelooflike mooi plek. Die soort wat jy op fotos sien met groen gras, wit sand en turkois see. Ek pak my stoeltjie, cadac botteltjie en keteltjie uit onder ‘n boom en begin boeretroos stook. Haal my selfgemaakte kospakkie uit. Nou is die wêreld reg.

Toe nie heeltemal nie! Hier kom Pedro en José weer aangestap. No dows. Holiday today, how we go to Casa? You take us back. So asof dit my skuld is! Nou ja as ek al die verkeerde woorde en dade uitlaat kan ek niks verder daaroor vertel nie. Ons sê maar net dat ek hulle kalm oortuig het dat hulle maar liewer huis toe moet  stap. So is hulle toe vort. Jy sien hulle het nooit geweet ek gaan weer terug ry dieselfde dag nie en dit was beter so.

Hier teen 6 uur die middag pak ek toe op en vat die pad terug. Na so 10km sien ek die twee. Pedro stap agter en José so 100m voor hom. Dit was toe al skemer. Pedro hoor my aankom, hy spring op en af en swaai sy arms. Ek verminder nie eers spoed nie en los hom net so langs die pad. Vir José het ek opgelaai en by sy huis afgelaai. Ek dink Pedro het seker eers die volgende dag by Morrumbeni uitgekom. See the worry in my eyes!!!.

Attachment Size
Forduzu sit vas 585.69 KB
Centurion

Voortrekker

Wed, 07/08/2019 - 13:10

Dankie Johan ek het nou lekker gelees.   Ek was al vir so paar dae in Inhambane en het in die area rondgery, maar was nie tot in Lingalinga nie! laugh

Worcester

Wildehont

Wed, 07/08/2019 - 14:56

Wat ‘n lekker storie! Dis die Voortrekker (nie Anton nie) in ons wat mens so lus maak om te verken. Ek het self daardie kwaal. 

Ek het ook eenkeer amper ‘n Land Cruiser verloor by Cape Vidal. Het by ‘n lodge gewerk op die Westelike oewer van die St Lucia meer en is met gaste by Cape Vidal op die strand uit rigting Sodwana. Toe kon mens nog op die strand ry. Ons het altyd met laagwater gegaan en betyds teruggekom. Die skilpaaie maak nes bo die hoogwatermerk en jy sal in elk geval sukkel om daar te ry. Ek blaas bande af voor ek die sand tref maar voel elke nou en dan asof daar gom in die sand is en so vreemde shudder. Toe ons dik sand kry is daar ‘n klapgeluid en ek stop. Die voorste dryfas het losgekom by die voorste diff en in die sand vasgesteek nadat dit ‘n gat in die oliebak geslaan het. Nou het ek natuurlik net agterwielaandrywing en die enjinolie loop uit in ‘n straal so dik soos my wysvinger, en die gety kom in. Ek sien al hoe die voertuig wegdryf of in die sand begrawe raak soos iemand wie se voete elke keer wat ‘n brandertjie daaroor rol dieper wegsink. Gelukkig kom daar twee bakkies verby wat terug by die kamp wil wees voor hoogwater en die een ou het ‘n snatch strap. 

Met die bakkies in tandem en die kinetiese band slingervel hulle my stukkie vir stukkie voor die inkomende gety uit tot bo die hoogwatermerk en die voertuig word gered.

Ek het nog ‘n ander storie wat dieselfde voertuig en ‘n minibus taxi insluit, wat my begeerte om een van hulle des moers te ry bevredig het, maar ek laat dit maar daar. Ek het dit nie aspris gedoen nie maar dit was baie lekker! 

Secunda

Sleep nou

Wed, 07/08/2019 - 19:25

Johan dankie nou lekke gelees dis mos lewe wildehont ja jy was gelukkig dat ander jou kon uithelp dit kon soveel erger gewees het

pretoria

pieterc

Thu, 15/08/2019 - 20:14

Dankie Johan, ek het nou lekker gelees en ook lekker gelag.

Mosambiek is soos baie ander plekke ook op my eendag lysie al het ek nie baie goeie herinneringe van Mosambiek nie.

Ek ken van n skielike rowwe see langs Mosambiek se kus. Ons het in 2014 met geskeurde seile, gebreekte "rudder" en n gebreekte vinger in Inhaca gaan skuiling soek. Werklik n pragtige plek as jy uit die oop / rowwe waters is, maar ons het die volgende dag teruggevlieg ZA toe en het dus nie veel van die plek gesien nie.

Die skipper moes ander handlangers "crew" kry om die seiljag na die nodige reparasies verder te seil tot in Seychelles. Ek is baie kere spyt dat ek nie die trippie saam met hulle klaar gemaak het nie, maar as jy nie n sailor is nie, dan is jy nie n sailor nie…..

Ek sal Mosambiek maar padlangs gaan besoek volgende keer - met n goeie GPS!

Pieter